Skakel in en luister lekker saam na die episode waar ek met Christiaan Wessels van FFG gesels oor die moontlikhede en oorwegings om vir die volgede generasie (jou kinders of kleinkinders) te belê.
Neem kontak op met Christiaan op een van die volgende maniers:
email: christiaan@ffg.co.za of via LinkedIn
In die episode hardloop ek deur wat ek glo van die goue-reels is as jy in aandele belê:
In die episode het ek met Tamara Wallis van Trustees for the Future in gesprek gegaan.
Spaarwiel is 'n persoonlike finansiële podcast, maar die spesifieke gesprek het verseker nie net daar gestop nie.
Luister lekker saam en let op vir die volgende temas wat verby kom:
... en vele meer
Reels en voordelige wetgewing maak dit moontlik om belasting voordelig vir jou toekoms te sorg:
asook,
SARS inkomste belastingskale 2023-2024
Saam met my om die mikrofoon in die episode is Yolana Kinghorn van FFG.
Ons praat oor korttermynverskering. Dit is 'n baie insiggewende episode, so maak tyd, skakel in, sit terug en luister lekker saam.
Vir enige vrae kan jy vir Yolana kontak of die FFG website besoek:
yolana@ffg.co.za
www.ffg.co.za
In die episode bespreek ons 'n paar stappe om te oorweeg as jy wil begin belê:
1. Jy het geld nodig om te kan begin belê. En jy moet die geld in jou budget allokeer vir beleggings.
2. Waarvoor wil jy belê? - Pensioen ; - Kinders se studies? of of of
3. Maak jy gebruik van 'n finansiële adviseur? Of belê jy self jou geld d.m.v. 'n aanlyn beleggings platform (bv. Easy Equities)
4. Belê jy in los aandele of 'mandjie fondse' soos ETFs, Index funds ens.
5. Local of Offshore?
Die goue reels van beleggings wat aansluit by die episode sluit in:
1. Begin! Jy moet erens begin.
2. Belê belasting slim.
3. Emosies
Ons neem 'n Beleggings mini-series op oor die volgende paar episodes:
In die episode bespreek ons:
1. "Hoekom sou mens geld belê in die eerste plek?" (jou geld aan die werk steek en dus toekomstige welvaart bou en ook toekomstige onafhaklikheid)
2. "Ek het nie die risiko-profiel om nie te bele nie" ... die impak van inflasie op spaargeld en kontant!
3. 'n Paar van die grootste hindernisse / struikelblokke wat mense keer om te begin met beleggings (kennis en tasbaarheid).
4. Wat dit eintlik beteken om aandele te 'koop'. (jy word 'n eienaar / aandeelhouer)
5. Waarin kan ons belê? (Aandele, effekte/bonds, eiendom, 'Mandjie fondse' (ETFs, indeksfondse, Mutual funds, Unit trusts) ... selfs eksotiese produkte soos ou karre, whisky of kuns ens.)
6. Een van die belangrikste 'goue reels' van beleggings: ... "slegs bele met geld wt jy vir 'n laaaangtermyn nie nodig het nie"
Daar is 'n groot verskil tussen iemand wat baie geld uitgee en iemand wat welvaardig is.
Ek is vas oortuig dat die meeste mense - wanneer hul dagdroom oor geld - nie oor welvaart droom nie.
Die dagdroom gaan eerder oor die 'sexy-kant' van geld. Die spandeer kant... groot huise, mooi karre en luukse vakansies ens.
Nie oor die boring spaarplanne en beleggings nie. Nie die gemoedsrus en tyd wat welvaart skep nie.
Sodra jy geld uitgee aan groot, duur nuwe dinge (karre, groter huis, duur klere, juwele, lidmaatskap by die duurste gholfbaan ens.) is die geld nie meer joune nie. Dit is nie meer deel van jou 'welvaart-potjie' nie. Dit laat jou natuurlik ryk voorkom. Maar jy moet wikkel en vinnig nog geld maak sodat jy dit weer kan spandeer op die volgende duur - en miskien onnodige - item.
Besef dalk eers hoekom jy meer geld wil verdien voordat jy al die tyd, stress en moeite aangaan om daardie geld te maak en dit dan net gelyk weer uitgee aan die wêreld en op materialistiese dinge.
In die episode kuier ek met Ina Fourie van FFG.
Die onderwerp vir die dag is: Medies of Mediese versekering.
Ons gesels onder andere oor:
Ina deel 'n paar waardevolle tips oor hoe ons ons geld en mediese spaarplan kan beskerm deur rekord te hou van ons mediese uitgawes en seker te maak dat enige kostes reg geklasifiseer word. Tussenin kom daar nog baie mooi tips verby!
Skakel in, sit terug en luister lekker saam!
Vir enige opvolg vrae kan jy gerus kontak opneem met Ina en/of die webtuiste van FFG besoek.
ina@ffg.co.za
Ek kry onlangs 'n email met die spesifiek vraag.
Ek het 'n tydjie hieroor gedink voordat ek besluit het om tog my mening en opinie op 'n episode te deel.
Die kort en die lank van die verhaal kom neer op:
- Gaan sien 'n professionele, onafhanklike finansiële adviseer (in episode 32 is daar 'n link in die shownotes nat CJ Smit van FFG se epos toe)
- Wees realisties!
- Neem onmiddelik aksie!
- Vind 'n manier om met volhoubare dissipline 1. Jou lewenskoste tot op die been te sny, en 2. Meer geld maandeliks te belê vir jou uiteindelike pensioen (al is dit R10 meer).
- Spaar en belê belasting-slim! So maak jy seker dat jy meer geld terug kry van SARS wat jy weer kan gebruik om vir jou 'n nood- en bufferfonds op te bou nadat al jou skuld afbetaal is. En uiteindelik nog meer te kan belê vir jou oudag.
- Kyk of daar 'n moontlikheid is of jy 'n paar jaar ekstra kan werk. Voltyds of deeltyds, en verkieslik kan jy iets doen wat jy geniet terwyl jy betaal word daarvoor selfs in jou pensioenjare.
Ek kuier saam met CJ Smit in die episode en ons gesels oor risikobestuur en langtermynversekering.
CJ is die besturende direkteur van FFG Garden Route.
FFG is 'n onafhanklike finansiële diensverskaffer.
CJ verduidelik langtermynversekering gebaseer op 4 pilare.
- Lewensversekering
- Gevreesde siekte
- Ongeskiktheidsversekering
- Inkomstedekking
Luister saam om meer oor die onderwerp te hoor en kontak CJ vir professionele advies per e-pos: cj@ffg.co.za (FFG Website: www.ffg.co.za)
Verder is vrae en kommentaar aan Spaarwiel altyd welkom:
Stuur dit gerus via instagram: @spaarwiel_podcast
Einde Mei is die repokoers weer verhoog en staan tans op 8.25% (25 Mei 2023)
Wat beteken dat die "prime lending rate" op 11.75% staan.
Dit is 4.75% hoër as wat dit was tydens Covid en 1.75% hoër as voor Covid.
Indirek beteken dit dat elke persoon in SA wat uitstaande skuld het (teen 'n veranderlike rentekoers) elke maand meer geld vir sy of haar skuld moet betaal.
En dit bring my by die episode: ... wat kan ons doen om onsself te beskerm en die impak van hoë rentekoerse te verminder op ons gatsakke en gemoedsrus?
In die episode kuier Teo en Jac (twee baie goeie vriende van my) saam om die mikrofoon.
Ons duik in 'n "hot topic" in: 'Is jou huis (jou primêre woning) 'n goeie finansiële belegging?"
Ons raak aan 'n klomp voor-en nadele van huis eienaarskap. Ons bespreek verder ook 'n klomp aspekte wat mens in ag sal moet neem wanneer jy besluit om of te koop of te huur. Dit sluit in:
En 'n klompie ander aspekte en oorwegings.
Lekker luister en stuur gerus vrae en kommentaar deur op instagram: @Spaarwiel_podcast
Wat is vir jou belangrik in die lewe?
Hoe lyk jou ideale lewe? Dus jou 'ryk lewe'.
Is dit die vryheid om te kan reis waar en wanneer jy wil? Of, is dit vrou/man, kinders, huisdiere en 'n lekker huis. 'n Lewe waar jou kinders by 'n goeie skool kan skoolgaan? Is dit 'n lewe met minder finansiële en/of ander stres?...
Wat ook al jou ideale ryk lewe is, maak seker dat jou tydsbestuur, inkomste en uitgawes ooreenstem met wat jy vir jouself in jou ryk lewe sien.
Gewoontes is soos bome. 'n Klein boom wat jy gister geplant het kan jy sonder teveel moeite vandag uit die grond pluk. Maar 'n wilger wat al jare langs die water staan sal geen man op die aarde sommer net kan uitpluk nie.
"We overestimate what we can do in a day, but underestimate what we can do in a year".. wat nog van 20 jaar?!
In die episode staan ek nie te lank stil by negatiewe 'geld verwante' gewoontes nie. Ook nie hoe om te stop met van die negatiewe gewoontes sodat mens meer geld kan spaar nie.
Ek wil eerder 'n voorstel maak waar ons 'n nuwe gesonde en volhoubare 'R10 per dag gewoonte' in ons daaglikse lewe begin.
Jy kan na 20 jaar tot R250 000 ophoop (afhangend van die opbrengs-% op jou spaar-/beleggingsportefeulje)
In die episode praat Wayne en Eduan verder oor die boek "Psychology of Money"
Daar word deur hoofstuk 4 en 5 geblaai.
Hoofstuk 4 se tema is Saamgestelde groei / rente.
Die krag eb impak wat 'tyd' op jou beleggings, jou kennis, jou "skills" en/of enigiets wat jy konstant aanpak op 'n volhoubare lang termyn is onsettend baie.
Hoofstuk 5 behandel weer die verskil tussen:
1. Welvaart bou (ryk of welvaardig word),
Versus
2. Welvaart behou (of ryk bly).
Belasting voordelige bydraes tot uittree-annuïteit(e) / RA
Jou bydraes tot jou uittree-annuïteit(e) / retirement annuities (RAs) bied vir jou meer as net belastingverligting. Dit verseker ook dat SARS indirek jou help om jou 'pensioen-neseier' belastingvoordelig te laat groei.
Persoon A: Verdien R 30,000 per maand (Bruto / voor belasting)
Kontak vir CJ Smit by FFG indien jy nog geen finansiële adviseur het wat jou kan help belasting voordelige stappe neem nie.
CJ Smit: cj@ffg.co.za ; Of maak direk 'n afspraak deur op die link te klik.
In die episode chat ons oor hoofstuk 1, 2 en 3 van die boek 'Psychology of Money' deur Morgan Housel.
Die boek het meer as 2miljoen verkope en is beskikbaar in 52 tale.
Die boek lees maklik en is vol tydlose en waardevolle lesse oor persoonlike perspektief, welvaart, gierigheid en geluk!
Hoofstuk 1 skop af met 'n stelling wat voorstel dat niemand gek is nie. Wat vir een ou na 'n gek idee lyk is vir 'n volgende ou heel normaal. Die besluite wat jy met jou geld neem, is gebaseer op jou ervaring. Jou ervaring en gedrag met geld is uniek, en dit is jou eie.
Hoofstuk 2 gaan oor "Luck and Risk" of in dele van die hoofstuk lees dit as "Luck vs badluck". In die hoofstuk word daar geinsinueer dat niks en niemand so sleg of goed is soos hy/sy/dit voorkom nie.
Hoofstuk 3 gaan oor gierigheid ("greed") en in die hoofstuk beklemtoon die skrywer dat genoeg soms ook genoeg is en dat dit nie die moeitewerd is om iets te waag vir iets wat jy nie regtig nodig het nie.
Tydens die tweede gedeelte van die gesprek oor side hustles het ons met Johnru gepraat oor Wingman Brand
Johnru se eie suksesvolle side hustle met 'n great storie en 'n awesome doel!
Besoek gerus www.wingmanbrand.co.za en volg hul op instagram @wingman_original
In die episode verwelkom Wayne en Eduan 'n spesiale vriend en gas - Johnru Rossouw.
Die gesprek in die episode gaan oor side hustles.
Wat verstaan ons as ons die term "side hustle" hoor?
Waarom sal ons 'n side hustle wil begin? Is dit om meer geld te maak? Dalk om meer tyd vir jouself te skep weg van jou voltydse werk af? Miskien neem die side hustle juis meer van jou tyd op...? Maar, dan is dit dalk tyd wat jy spandeer aan iets in lyn met jou belangstelling en passie en dus kan jy 'n gaping in die mark identifiseer en 'n verskil maak terwyl jy 'n paar ekstra bokke verdien.
In die epsiode kan jy Johnru, Wayne en Eduan se idees en gedagtes hoor rondom side hustles.
Daar word ook 'n paar side hustle idees gedeel wat hul in gedagte het om in hul eie lewe te implementeer.