
In die episode chat ons oor hoofstuk 1, 2 en 3 van die boek 'Psychology of Money' deur Morgan Housel.
Die boek het meer as 2miljoen verkope en is beskikbaar in 52 tale.
Die boek lees maklik en is vol tydlose en waardevolle lesse oor persoonlike perspektief, welvaart, gierigheid en geluk!
Hoofstuk 1 skop af met 'n stelling wat voorstel dat niemand gek is nie. Wat vir een ou na 'n gek idee lyk is vir 'n volgende ou heel normaal. Die besluite wat jy met jou geld neem, is gebaseer op jou ervaring. Jou ervaring en gedrag met geld is uniek, en dit is jou eie.
Hoofstuk 2 gaan oor "Luck and Risk" of in dele van die hoofstuk lees dit as "Luck vs badluck". In die hoofstuk word daar geinsinueer dat niks en niemand so sleg of goed is soos hy/sy/dit voorkom nie.
Hoofstuk 3 gaan oor gierigheid ("greed") en in die hoofstuk beklemtoon die skrywer dat genoeg soms ook genoeg is en dat dit nie die moeitewerd is om iets te waag vir iets wat jy nie regtig nodig het nie.