Vandag is 'n groot episode vir 'n groot stad want ons verken Londen saam met Carla Douglas.
Carla is 'n arbeidterapeut en bly en werk al vir die afgelope paar jaar in die Britse hoofstad. Sy maak ons touwys met alles van pub kultuur tot Pimm's, West End tot Wimbledon, die Koninglikes tot die Cockneys.
Maak 'n koppie van jou beste Early Grey, sit terug en geniet nog 'n episode van Die Wêreld aan jou Voete.
Welkom by deel twee van ons tweedelige reeks oor die wonders van Indië! Vandag gesels ons met Lize-Mari Jacobs, wat agt maande lank in Gurugram gewerk het en daarna vir ‘n maand deur die land gereis het.
Sy neem ons op 'n onvergeetlike reis deur kleurvolle feeste soos Holi en Diwali, verken ikoniese historiese plekke soos die Taj Mahal en die Golden Tempel, en onthul 'n versteekte juweel in die noordelike berge van Kasjmir. En natuurlik kan ons nie oor Indië praat sonder om ‘n oomblik te gee vir al die kossoorte nie — van tradisionele Thali-maaltye tot geurige Dhal-disse.
Maak gereed vir 'n episode vol avontuur, kultuur, en smaaklike herinneringe!
In hierdie twee-deel episode gesels ons met Lize-Mari Jacobs oor haar agt maande lange avontuur in Gurugram, Indië. Voor ons in die reisbesonderhede duik, neem Lize-Mari ons op haar persoonlike reis om die ritme van hierdie kleurvolle land vas te vang.
Sy deel haar ervaring met yoga filosofie in die land waar dit gebore is, en hoe hierdie antieke wysheid haar lewe verander het. Ons bespreek ook die fynere punte van werk en hoe bande met kollegas vir haar uitnodigings na vier troues verseker het! Kultuurskokke soos ‘Delhi Belly’ mag dalk onvermydelik wees, maar Indië sal dit in soveel ander manier op maak aan jou.
Sit terug en geniet hierdie episode wat 'n eerlike blik bied op lewe in Indië.
No, you're not imagining things – we're switching to English today as we expand our horizons just like the travelers we love to feature.
Buckle up for Tbilisi, Georgia – the fascinating country nestled between Europe and Asia, not the American state. Today we're discovering a city where centuries-old wine traditions flow as freely as the Mtkvari River.
Joining us is digital nomad and writer Erich Rickens, who's taking us from Tbilisi's sulfur baths and colorful balconied neighborhoods to the powder-fresh slopes of Gudauri. Whether you're dreaming of wandering through old town streets or carving turns in the Caucasus Mountains, Erich has stories that will have you booking flights before the episode ends. You can follow more of his adventures through his Substack newsletter Ricko Writes.
So grab your coffee, settle in, and let's discover why Georgia should be at the top of every traveler's list.
Vandag verken ons die verborgde juwele van Turkye – ver weg van die gewoel van Istanbul. Kim Van Schalkwyk neem ons op 'n onvergeetlike reis langs die skitterende Turquoise Kus; die droom landskap van Cappadocia met honderde lugballonne op die horison; tot by die majestueuse ruïnes van Ephesus waar geskiedenis op elke hoek wag.
Hierdie is die Turkye wat jou hart steel – 'n land waar natuurskoon, ryk kultuur en duisende jare se geskiedenis naatloos saamsmelt. Sit terug, ontspan en geniet hierdie wegbreek na die hart van Anatolië.
Luister lekker saam op Spotify of Apple Podcasts 🔗
Sê vir eers cheers vir Europese bestemmings en breek saam met ons weg na ‘n land ver in die Ooste: China.
Vandag se episode is lank maar ‘loaded’ soos wat ons deur die strate van Shanghai toer. Ons toergids, Noel Basson, vertel ons van al sy hoogtepunte tydens sy tyd in die pêrel van die Ooste. Van ‘n nors Chinese buurman tot sy eerste marathon tot vreemde tye in Covid, neem Noel ons op ‘n kleurvolle avontuur wat jou sal neem van Puxi tot Pudong.
Luister lekker saam op Spotify of Apple Podcasts 🔗
Na ‘n klein ‘hiatus’ is ons terug met jou weeklikse Afrikaanse reis podcast. Ons wittebrood met Italië is nog nie verby nie en die week verken ons die geboorteplek van die renaissance — Florence. Dit is die stad wat eens Galileo en Michelangelo se speelgrond was en vandag nog kuns, geskiedenis, wetenskap en kos moeiteloos laat saam smelt.
Ons toergids, Emma Templeman, gaan ons met ‘n negroni in die hand deur hierdie magiese stad lei. Die ewige student Emma is oorpsonklik van Groblersdal, maar het ‘n goeie seisoen in Florence spandeer waar sy haar aansteklike liefde vir Italië ontwikkel het.
Luister lekker saam op Spotify of Apple Podcasts 🔗
In vandag se episode duik ons in die betowerende wêreld van Venesië — die stad van water. Ons gesels met JC Landman, wie verlede jaar na die Venesië Biennale toe was vir werk en geïnspireerd teruggekom het. Hy neem ons deur die labirintiese stegies en kanale van hierdie kleurvolle stad en los ons self verlief op die Italiaanse pêrel.
Of jy nou die geskiedenis van die stad wil ervaar, die kuns van die Biennale wil verken, of net ‘n lekker cicchetti wil geniet, JC het al die beste raad wat jy nodig het om jou Venesië-avontuur onvergeetlik te maak.
Lekker luister en as jy dit geniet om saam te travel, gee ons ‘n volg op Spotify en Apple Podcasts.
Wandel Wenke
Rialto Brug | Die Rialto Brug is een van Venesië se oudste en bekendste brûe, wat die Grand Canal oorsteek en 'n ikoniese simbool van die stad is.
San Marcoplein | San Marcoplein is die hart van Venesië, omring deur indrukwekkende argitektuur soos die Sint Markusbasiliek wat die stad se geskiedenis en kultuur uitstraal.
Peggy Guggenheim Museum | Die Peggy Guggenheim Museum huisves 'n merkwaardige kunsversameling van moderne meesterwerke in 'n pragtige palazzo aan die Grand Canal.
Murano | Murano is 'n klein eiland bekend vir sy tradisionele glas.
Burano | Burano is ’n kleurvolle eiland bekend vir sy helder geboue en handgemaakte kant.
Biennale | Die Biennale van Venesië is een van die mees gesogte kuns- en kultuurbyeenkomste ter wêreld, wat hedendaagse kuns, musiek en teater vier.
Doge’s Paleis | Die Doge’s Paleis is 'n pragtige gotiese gebou wat die politieke en administratiewe sentrum van die stad was en nou 'n museum is wat die geskiedenis van die stad bewaar.
Cicchetti | Tiepe tapas eie aan Venesië wat by tradisionele kafees geniet word.
Bar All’Arco | Die kafee wat op Stanley Tucci se program ‘Searching for Italy’ was en bekend is vir hulle cicchetti en heerlike broodjies.
Pasticceria Tonolo | ‘n Bakkery wat heerlike gebak verkoop van amaretti en biscotti tot bombolone en maritozzo.
Hierdie week neem ons jou op ‘n ongelooflike reis na die paradys van die Indiese Oseaan—die Maledive! Maar moenie dink ons gaan ‘n luukse oord en wit sandstrande verken nie. Ons gids, Gerius Moelich, het ‘n meer avontuurlustige en ongekarteerde roete vir ons gekies.
Hy fokus nie op die land nie, maar op die eindelose blou van die see en die wonderlike lewe wat daarin skuil. Van kleurvolle koraalriwwe tot majestueuse manta-rogge en geheimsinnige wrakke, ons duik diep in die Maledive se ware skatte.
So sit terug, maak jou duikbril reg, en kom saam met ons op ‘n reis waar die water die ware wonderland is!
Na ‘n stadige Januarie is ons terug met ‘n terugflits na ‘n winter wegbreek in Bulgarye. Sanmarie Mouton neem ons van die stede Sophia en Plovdiv na Trigrad en Bansko in die platteland. Wie sou kon raai hierdie beskeie land spog met alles van Romeinse teaters tot ski-oorde tot wynlande — en natuurlik die smaaklikste kos.
Lekker luister!
Wandelwenke
Sophia | Die hoofstad waarheen jy wil vlieg. Die stad is bekend vir sy uiteenlopende besienswaardighede wat strek van die Griekse, Romeinse, Ottomaanse en Sowjet eras.
Plovdiv | Die kulturele spilpunt van Bulgaria en was ook die Europese hoofstad van kultuur in 1999 en 2019.
Trigrad | ‘n Klein dorpie in die Rhodope bergreeks.
Bansko | ‘n Bekende ski gebied in Bulgarye.
Melnik | ‘n Dorpie in een van die vyf bekende wynstreke in Bulgarye — Struma Vallei.
Kapana distrik | ‘n Gewilde area in Plovdiv bekend vir restaurante en kafees.
Rila Klooster | Die grootste en bekendste Oos-ortodokse klooster in Bulagrye wat geleë is aan die voet van die Rila bergreeks.
Villa Melnik | ‘n Wynplaas wat mens kan besoek in Melnik.
Horlog Kasteel | Die kasteel in Trigrad wat Sanmarie hulle sal aanbeveel.
🍷
Patatnik | ‘n Gerasperde aartappel gereg wat gebak word in die oond.
Kofta | Met die Turkse invloed van die Ottomaanse era is koftas ‘n bekende frikkadel tiepe dis om te geniet.
Kapama | Nog ‘n dis wat geinspireer is deur die Griekse invloed wat bestaan uit verskillende tiepe vleis in ‘n bredie met kool.
Mekitsi | Die Bulgaarse weergawe van ‘n vetkoek.
Sarmi | ‘n Gevulde kool dis wat eie is aan die Balkan lande soos Bulgarye en Roemenië.
Sach | Die geroosterde groente dis wat Sanmarie beskryf as ‘skoonkos’.
Ons tel op waar ons laas week geeindig het in Bordeaux. Die keer fokus ons op die stad wat bekend is vir chocolatines, canelé en die grootste sandduin in Europa — wie sou kon raai?
Ons toergids Léze Herholdt is terug vir rondte twee van die Franse streek. Sy het in Bordeaux gebly as ‘n meestersstudent en die stad leer ken op ‘n dieper vlak wat sy graag met ons deel.
As jy lekker saam luister, volg ons op Spotify en Apple Podcast vir jou weeklikse dosis van reis inspirasie.
Wandelwenke
📍
Marché des Capucins | Die grootste plaaslike mark in Bordeaux.
Marché des Quais | ‘n Markie in die Chartrons woonbuurt
Les Halles de Bacalan | ‘n Mark voor La Cite du Vin.
La Cite du Vin | Die wyn museum.
Musee d’Aquitaine | Die geskiedenis museum vir die provinsie Aquitaine.
Musee des Beaux-Arts | Die kuns museum.
Miroir d’eau | ‘n Weerkaatsende poel (en die grootste een in Europa) voor Place de la Bourse.
Dune du Pilat | Die hoogste sandduin in Europa.
🍽️
La Maison du Glacier | Vir ‘n smaaklike roomys.
L’Alchemist | Vir jou eerste oggend koffie.
Frida | Vir ‘n atmosferiese aandete.
La Comtesse | Vir ‘n skemerkelkie of laaste doppie. Die ontwerp neem jou terug na die revolusionêre tydperk in Frankryk.
Le Cote de Boeuf | Vir heerlike tradisionele Franse kos.
Fromage | Volgens Léze is kaas in Bordeaux van ‘n ander wêreld. Bordeaux is bekend vir bokkaas so jy kan nie verkeerd gaan met Chevre of Chabichou nie. Stop by Fromagerie Deruelle vir goeie kopies.
Magret du Canard | ‘n Eenvoudige eendbors dis wat gerook is.
Foie Gras | Die bekende eend lewer patee eie aan die Aquitaine provinsie in Frankryk.
Baguette | Die stokbrood sinoniem aan Frankryk en ‘n stapel wat met alles van ontbyt tot aandete geniet kan word.
Chocolatine | Die chocolatine en pain au chocolat debat is een vir die boeke. As jy in die Suide van Frankryk is, noem mens die chocolate croissant ‘n chocolatine. Stop by Louis Lamour vir die bestes.
Cap Ferret Oesters | Cap Ferret is die hoofstad van oesters in Frankryk en net ‘n klipgooi van Bordeaux af.
Mossels | Mossels in Frans is moules en oral langs die kus die moeite werd.
Caneles de Bordeaux | ‘n Rum en vanilla tert eie aan Bordeaux.
Ons eerste bestemming vir die jaar is ook ons eerste bestemming in Frankryk: Bordeaux!
Hierdie episode is in twee gedeel so vandag fokus ons op die wynstreek en volgende week op die stad self. Ons toergids vir beide episodes is heel gepas ‘n wynmaker wat tans in Suid Afrika floreer maar in Bordeaux haar liefde vir alles Frans aangeleer het. Léze Herholdt het vir die eerste keer in Bordeaux gebly as ‘n meestersstudent en toe menigte kere teruggekeer Frankryk toe — ook as sommelier by die Suid Afrikaanse restaurant JAN in Nice.
As jy lekker saam luister, volg ons op Spotify en Apple Podcast vir jou weeklikse dosis van reis inspirasie.
Wandelwenke
Saint-Emillion | Die wynstreek aan die regter rivierbank van die Garonne. Die dorp is ook ‘n UNESCO wêrelderfenisgebied en maklik bereikbaar met die trein van Bordeaux. Dit is meer Merlot dominant.
Médoc | Die wynstreek aan die linker rivierbank van die Garonne. Minder bereikbaar as Saint-Emillion maar ideaal as jy ‘n kar het. Dit is meer Cabernet Sauvignon dominant.
Château Angélus | Die Château waar Léze haar internskap gedoen het.
Château | Dis die algemende woord vir ‘n kasteel of herehuis in Frans maar in Bordeaux is dit ook die naam van wynplase.
Châteaux in Saint-Emmilion | Château Figeac, Château Soutard, Château La Gaffelièreen Château La Dominique
Châteaux in Médoc | Château Lagrange, Château Pontet-Canet, Château Pichon Baron en Château Pichon Longueville Comtesse de Lalande
AOC Sauternes en AOC Barsac | Die areas vir soetwyn wat gewoonlik bestaan uit Sauvignon Blanc, Semillon en Muscadelle.
AOC Graves en AOC Bordeaux | Die areas vir droeë witwyn.
Wit Bordeaux Blend | Bestaan gewoonlik uit Sauvignon Blanc en Sémillon.
Rooi Bordeaux Blend | Bestaan gewoonlik uit Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc, Merlot, Malbec en Petit Verdot. Hierdie is die vyf mees algemeenste – maar ‘n Bordeaux blend hoef nie al hierdie varieteite te bevat nie. ‘n Merlot, Cabernet Franc blend is byvoorbeeld ook ‘n Bordeaux blend.
Vandag verken ons die stad van Strauss en strudel — Wene. Die transliterasie van Vienna na Wene is nie so grasieus nie, maar elke ander element van hierdie stad is. Van die paleise tot die musiek, word mens bekoor om elke hoek.
Ons toergidse vir hierdie episode is Wiesie en Mardu Swanepoel wat onlangs Wene hulle huis weg van die huis gemaak het. Hulle neem ons na kersmarkies, simfonie konserte en die lekkerste plaaslike eetplekke om die Oostenrykse stad met al vyf sintuie te waardeer.
Geniet jy hierdie weeklike dosis van reis inspirasie? Gee ons ‘n volg op Spotify en Apple Podcast.
Wandel wenke
📍
Weense Staatsoperahuis | Een van die mees beroemdste operahuise ter wêreld en ook een van die eerste groot geboue wat op die Weense ringweg gebou is tussen 1861 en 1869.
Musikverein | Nóg ‘n merkwaardige konsertsaal en die huis van die Wene Filharmoniese orkes.
Danube Rivier | Die rivier wat deur Wene loop — en ook soveel ander bekende Europese stede soos Budapest.
Hofburg Paleis | Die voormalige koninklike woning van die Habsburg familie in Oostenryk. Dit is ook hier waar die Spaanse ryskool hulle perde vertonings hou.
Ringstrasse | Ook bekend as die Weense ringweg. Hierdie pad is die ringbaan waar talle bekende besienswaardighede spog soos die Hofburg paleis en die Weense Staatsoperahuis.
Cafe Sentraal | ‘n Koffiehuis wat bekend was as ‘n intellektuele spilpunt in die vroeë 20ste eeu.
Schönbrunn Paleis | Die somer paleis van die Habsburg familie, geleë in Hietzing, die 13de distrik van Wene.
🎄
Christkindlmarkt | Die grootste kersmark in die wêreld en vind elke jaar plaas by die Rathausplatz in Wene.
Belvedere Paleis | Nóg ‘n baie bekende bestemming vir kersmarkies met die mooiste agtergrond van die Belvedere paleis.
Freyung | Die oudste kersmark in Wene. Dit mag dalk nie so indrukwekkend van buite af lyk soos van die ander markies nie, maar is steeds baie spesiaal.
Karlplatz | Nóg ‘n markie om op die Kersfees lysie te sit. Díe een is geleë in ‘n dorpsplein wat uit kyk op die Karlskirche — ‘n groot Katolieke kerk.
🍽️
Eierspatzle | ‘n Heerlike Oostenrykse dis wat bestaan uit noodles met ‘n kaas sous.
Glüwhein | ‘n Drankie wat se reputasie vir homself spreek. Rooiwyn geprut met die heerlikste speserye van kaneel tot naeltjies.
Bratwurst | ‘n Lekker hotdog soos ons dit ken.
Kaiserschmarrn | ‘n Tradisionele Oostenrykse dis wat basies soos pannekoek is wat in repies opgesny is. Die beste in Wene kan jy geniet by Cafe Demel.
Sacher-Torte | ‘n Tiepe sjokolade koek eie aan Wene wat bekend gemaak is deur Hotel Sacher.
Wiener Schnitzel | As Wene in die naam is dan weet jy dit is ‘n móét. Wiener Schnitzel kan by vele restaurante geniet word en kan om en by 20 euro kos.
Knudel | ‘n Tiepe sout kluitjie wat dikwels met goulash of as voorgereg gedien word. Wiesie stel ‘n spinasie knudel voor.
Ons probeer vandag iets nuut deur te gesels oor ‘n hele land as ‘n bestemming — en waar beter om te begin as op die verste punt van die aardbol in Nieu-Seeland!
Nicholas De Villiers hardloop saam met ons van die noorde tot die suide van Nieu-Seeland en vertel vir ons wat sy hoogtepunte was nadat hy ‘n jaar daar gewoon het. Van aktiewe vulkane tot wêreldberoemde wandelroetes, flat whites tot Marlborough Sauvignon Blanc, bied Nieu-Seeland soveel om te verken.
Geniet jy hierdie weeklike dosis van reis inspirasie? Gee ons ‘n volg op Spotify en Apple Podcast.
Wandel wenke
🏙️
Auckland | Die grooste stad in die Noorde Eiland en onder meer bekend as ‘City of the Sails’ vir al die seiljagte wat daar lê.
Dunedin | Die tweede grootste stad in die Suid Eiland. Bekend vir die studente atmosfeer en ook die plaaslike bier Speight's. Christchurch | ‘n Stad op die Suid Eiland en die tuisdorp van die Crusaders rugbyspan. Die stad is hard getref deur ‘n aardbewing in 2011.
Rotorua | ‘n Stad wat geleë is langs ‘n meer met dieselfde naam. Dis onder andere bekend vir sy aktiewe vulkane en sterk Maori kultuur.
Wellington | Die hoofstad van Nieu-Seeland is geleë aan die suide van die Noord Eiland naby die Cook Strait.
Picton | Picton is ‘n dorp aan die noorde van die Suid Eiland wat bekend staan as die intreeepunt na die Marlborough Sounds.
🏔️
DOC Campsites | Kampplekke wat deur die regering (Department of Conservation) bestuur word en baie keer goedkoop of selfs verniet is.
Bay of Islands | ‘n Gebied langs die Noord Eiland wat bestaan uit meer as 140 eilande.
Lake Taupo | ‘n Groot meer wat geleë is in die krater van die Taupō Vulkaan.
Tongariro Crossing | ‘n Gebied in die Tongariro Nasionale Park wat bekend is ook omdat dit die film lokasie vir Lord of the Rings was.
Marlborough Sounds | Basies ‘n samestelling van klomp fjords aan die noorde van die Suid Eiland en ‘n besonderse mooi natuurskoon om te beleef.
Cook Straight | Die stuk see wat die Noord en Suid Eiland van Nieu-Seeland skei.
Milford Sound | ‘n Baie mooi fjord in die Fiordland Nasionale Park in die Suid Eiland.
🍽️
Pies | Niks kom naby Ou Meul nie maar die Nieu-Seelanders ken ook van hulle pasteitjies.
Vis & Chips | Dalk nog bietjie van hulle koloniale nalatenskap maar ‘n bekende dis in Nieu-Seeland.
Flat White | Australia en Nieu-Seeland strei oor wie die flat white eerste ontdek het maar omdat Nieu-Seeland bekend staan as ‘The land of the long white cloud’ gee ons dit dalk vir hulle.
Marlborough Sauvignon Blanc | Wêreldbekende wit wyne. Die hele Marlborough is ideaal om te verken as jy ‘n wynliefhebber is.
Regstelling: In die inleiding sê ek hierdie is ons eerste bestemming buite Europa maar natuurlik het ons laas week Vietnam gedek so ignoreer maar die klein detail.
Vandag sprei ons ons vlerke na Suidoos-Asië en meer spesifiek Viëtnam. Ons eerste bestemming in die mooie land is Da Nang — ‘n kusdorpie wat bekend is vir sy lang strande en algemene ontspanne atmosfeer.
Ons toergids vir hierdie rowwe diamant is Melissa Viljoen-Smal. Melissa het as ‘n Engelse onderwyseres in Da Nang gewoon en is bekoor deur die stad wat soms in die skadu is van Hanoi en Ho Chi Minh. Van ca phe trung (‘n tiepe eier koffie) tot die alombekende Pho (‘n tiepe noodle sop), gee Melissa waardevolle wenke wat regoor Viëtnam handig sal wees.
Geniet jy hierdie weeklike dosis van reis inspirasie? Gee ons ‘n volg op Spotify en Apple Podcast.
Wandel wenke
📍
My Son Sanctuary | My Son is ‘n heiligedom wat terug dateer na die 4de tot 13de eeu AD. Dit is geleë in die bergagtige area van die Duy Xuyen District in die Quang Nam Provinsie.
Marble Mountain | Marble Mountain bestaan uit vyf marmer en kalksteen gebergtes in Da Nang. Dit is ‘n toeriste-attraksie vir die besonderse uitsig oor die stad maar ook vir die grotte, standbeelde, tempels en rotskuns.
Da Nang | Die kommersiële hoofstad van sentrale Viëtnam en die fokuspunt van hierdie episode.
My Khe Strand | Een van vele mooi strande in Viëtnam en die ideale plek om die Suidoos-Asië se magiese kuslyn te beleef.
Dragon Bridge | Die naam beskryf hierdie brug baie goed. ‘n Bekende besienswaardigheid in Da Nang en as jy mooi beplan kan jy sien hoe die drake op die brug vuur spoeg.
Hoi An | ‘n Bekende dorp naby Da Nang wat besonders uitstaan vir sy antieke sjarme. Die ou stad is oor die eeue heen baie goed bewaar en is ‘n lens vir hoe lewe in antieke Viëtnam dalk was.
Hai Van Pas | Hierdie asemrowende bergpas is wêreldbekend en het self op ‘n episode van Top Gear beland. Dit is ongeveer 21 km lank en neem so ‘n uur om te ry maar kan ook ‘n hele oggend aktiwiteit wees.
🍜
Pho | Phở is ‘n Viëtnamese sop dis wat bestaan uit ‘n hartlike sous, rys noodles en gewoonlik vleis, groente of ‘n eier daar by.
Ca phe sua da | Een van drie bekende tiepes koffie in Viëtnam. Hierdie een is yskoffie bedien met kondensmelk.
Ca phe trung (Eier koffie) | Moenie dat hierdie naam jou afsit nie. Ca phe trung is ‘n tiepe koffie wat bedien word met ‘n lagie eier vla bo-op.
Ca phe cot dua (Kokosneut koffie | ‘n Mengsel van kokosneut melk of olie, koffie, ys en kondensmelk. Heerlik verfrissend vir ‘n warm dag in Viëtnam.
Vandag ontsnap ons na die suide van Spanje vir ‘n naweek in die alewige somer bestemming Málaga. Behalwe dat dit die tuisdorp van Picasso was, is Málaga nog redelik onder die radar en daarom ‘n vars verandering van enige ander wemelende stad.
Almeri Solomon, my mede-aanbieder vandag, maak haar terugkeer na die podcast met handige wenke vir alles van geskiedkundige besienswaardighede tot tips vir tapas. Haar beste raad nog is dat die geheim om hierdie stad ten volle benut lê in die luilekker Spaanse leefstyl.
Geniet jy hierdie weeklike dosis van reis inspirasie? Gee ons ‘n volg op Spotify en Apple Podcast.
Wandelwenke
📍
Castillo de Gibralfaro | Die kasteel sit op die berg Gibralfaro en kyk uit oor die stad en hawe. Dit is in die 14de eeu gebou om die Alcazaba sitadel te beskerm. Teen 130m hoog, maak ‘n stappie op na hierdie merkwaardige kasteel vir die perfekte oggend oefensessie.
Alcazaba | Die woord self is Arabies vir ‘fort’ en ‘n indikasie van die Arabiese invloede wat die stad gevorm het. Die Alcazaba was die ou fort van die stad wat terug dateer na die 9de eeu.
Calle Larios | Die bekende inkopie straat in Málaga wat ook een van die duurste strate is om op te woon in Spanje — die marmer sypaadjies is dalk die rede so wees versigtig as jy in die reën daaroor gly.
Jardín Botánico - Histórico La Concepción | Die Jardín Botánico Histórico La Concepción is ‘n bekende botaniese tuin met ‘n ryk geskiedenis van meer as 150 jaar. Onder andere is dit een van die enigste tuine in Europa wat spog met subtropiese plantegroei.
Museo Picasso | Die museum wat die bekende kunstenaar Pablo Picasso eer. Picasso is gebore in Málaga en behalwe vir die musuem wat baie van sy kuns hou, is daar ook baie subtiele huldeblyke soos standbeelde van hom die stad.
Playa de la Malagueta | Die langste strand in Málaga en ‘n lieflike plek om te ontspan reg deur die jaar. As jy mooi kyk kan jy selfs Marokko sien van die strand af.
Rock of Gibraltar | Seker die mees gesogste rots in die wêreld vanweë sy ligging by die ingang van middelandse see. Engeland besit die belangrikke fort al van die 18de eeu wat beteken meeste Suid-Afrikaners kort tot vandag nog ‘n Britse visa om dit te besoek.
🍽️
Casa Lola | My persoonlike gunsteling restaurant in Málaga wat bekend is vir hulle pinchos.
El Pimpi | Behalwe vir Picasso, is die akteur Antonio Banderas ook gebore in Málaga. El Pimpi is sy restaurant en kroeg en ‘n baie gesellige kuierplek.
Bar Malaga | Een van Almeri se ontdekkings en ‘n heerlike kroeg om alles van die bekende groen Spaanse wyne tot verfrissende cañas te geniet.
Cereal Boom | Nie noodwendig ‘n móét nie maar nietemin ‘n interessante plek om te sien om flashbacks te kry van jou kinderdae. Hierdie kafee het meer as 200 verskillende tiepes pap van die gewone Rice Crispies en Chocos tot die unieke Magic Charm en Reese’s Puffs.
Next Level Specialty Coffee | Vir enige iemand wat hulle caffeine fix ernstig opneem. Hierdie baristas sal jou nie teleurstel nie.
Pez Lola | Die kleinsussie van Casa Lola wat lief is vir die see. ‘n Goeie restaurant vir seekos.
Padron Peppers | Almeri se go-to tapa wat bestaan uit gebraaide groenrissies met growwe sout.
Skink solank jou Tinto de Verano want vandag stop ons in Barcelona om te gesels met ‘n Suid Afrikaner wat gemaklik klets in beide Afrikaans en Katalaans. Gerhard Kirsten is deur liefde gelei van Bologne na Barcelona en neem ons vandag deur sy nuwe tuiste.
Van Gaudí se argitektuur tot die Katalaanse kultuur, kyk ons met blink nuwe oë na die beeldskone Barcelona en alles wat dit bied. As jy lekker saam luister, volg ons op Spotify en Apple Podcast vir jou weeklikse dosis van reis inspirasie.
Wandelwenke
📍
L’Eixample | Die grootste distrik in Barcelona wat nie net wemel van ‘n lekker atmosfeer nie, maar ook wêreldbekend is vir sy slim stadsbeplanning ontwerp deur Ildefons Cerdà.
Sagarada Familia | Die bekende katedraal wat deur die argitek Gaudi ontwerp is en na 140 jaar nogsteeds nie klaar gebou is nie.
Parc Guell | ‘n UNESCO wêrelderfenisgebied wat ‘n versameling is van ‘n klomp geboue van die bekende argitek Antoni Gaudí.
Casa Batlló | Nóg ‘n bekende gebou wat ontwerp is deur Gaudí en wat die storie van San Jordi uitbeeld. Die gebou spog in kleure van blou en groen in die middel van die L’Eixample area.
San Jordi | Die dag van ‘boeke en rose’ wat amper soos Valentynsdag is in Spanje.
Camp Nou | Barcelona se sokker stadium wat lank die tuiste van Lionel Messi was.
Las Ramblas | Die bekende inkopiestraat in Barcelona.
🍽️
Arroz de Montaña | Die Katalaanse hoender en rys dis wat ‘n spin is op paella en direk vertaal word as ‘rys van die berg’.
Patatas Bravas | ‘n Maklike tapa om te bestel wat bestaan uit gebraaide aartappel blokkies met 'n lekker sousie.
Croquetas | Die gebraaide ham of garnaal balletjies wat bekend is reg oor Spanje as ‘n lekker tapa.
Pan Tumaca | Nóg ‘n bekende tapa eie aan Barcelona wat bestaan uit geroosterde brood met tamatie op.
Fuet | Amper soos droëwors — ‘n tiepe salamie wat bedien word by tapas.
Escalivada | Gebraaide groente — gewoonlik eiervrug, soetrissie en uie.
Tinto de verano | ‘n Local twist op Sangria. Ook ‘n rooiwyn drankie wat gemeng is met sodawater en sap.
Ons kan net nie genoeg kry van Italië die maand nie en daarom is ons heel eerste eiland bestemming Sardinië! Die juweel sit in die middel van die middellandse see en spog met van die mooiste strande en die helderste water.
Ons toergids vir vandag se episode is Kim van Schalkwyk, beter bekend as die meester van ‘n 36-uur naweek trip. Kim het al wat ‘n Europese stad is al platgedraf maar vandag neem sy ons na ‘n bestemming wat jou sal dwing om stil te staan, in te neem en te rus.
As jy lekker saam luister, volg ons op Spotify en Apple Podcast vir jou weeklikse dosis van reis inspirasie.
Wandelwenke
📍
Olbia | Die grootste stad in die noorde van Sardinië wat ‘n goeie plek is om na toe te vlieg, ‘n kar te huur en jou trip te begin maar nie noodwendig waar jy lank sal wil bly of selfs oorslaap nie.
La Maddalena | ‘n Kleiner eiland naby Olbia en die perfekte plek om jou trip in Sardinië te begin met die middelandse see op jou voorstoep.
Palau | ‘n Gebied in die provinsie van Sassari waar jy kan bly om maklik La Maddalena en die omliggende eilande te besoek.
Golfo de Orosei | ‘n Nasionale park wat spog met die Supramonte bergreeks. Die asemrowende kranse van die berge duik reguit af in die kristalhelder, middellandse see. Dis iets om te aanskou van ‘n bootjie af want die versteekte strande is nie altyd bereikbaar met ‘n kar nie.
Cala Gonone | Die kusdorpie waar jy sal wil bly as jy die Nasional Park Golfo de Orosei in die provinsie van Nuoro wil verken.
Porto San Paolo | Nóg ‘n heerlike kusdorpie om te oorweeg as jou wegspringpunt vir die noorde van Sardinië. Meestal bekend omdit dit naby Tavolara is.
Tavolara | ‘n Baie bekende besienswaardigheid wat bestaan uit ‘n kalksteen berg wat 5km hoog toring.
Porto Cervo & Costa Smeralda | Die luukse kusdorpies waar baie seiljagte uithang en vasmeer. Vir diegene wat boutique winkels en stywe pryse wil geniet.
🏝️
Cala Luna | Een van die top drie strande aan die ooskus van Sardinië wat ook geleë is in die Golfo de Orosei.
Cala Goloritze | Kim se persoonlike gunsteling strand in Sardinië bekend is vir sy wit klippie strand maar ook ‘n kegelagtige berg wat 145 meter bo die strand strek — Punta Caroddi. Ook die 'instaworthy' oomblik waar jy visse deur die water kan sien.
Cala Mariolu | Die laaste moet-sien strand op die lysie wat hierdie jaar as die tweede mooiste strand in die wêreld gekies is.
🍝
Su Succu | ‘n Saffraan en kaas (gewoonlik pecorino) pasta dis wat eie is aan Sardinië.
Saffraan Fregola met seekos | Saffraan is die held in Sardinië se kookkuns en weer die hoogtepunt van hierdie seekos dis.
Lu Branu | Die agritoerisme restaurant wat Kim hulle besoek het. Agritoerisme raak al hoe meer gewild nie net vir die vars kos wat gereeld gepaard gaan met die konsep nie, maar ook as ‘n manier om bewustheid te skep oor waar ons produkte vandaan kom.
Birra Ichnusa | Die bekendste bier van Sardinië wat die beste bedien word koud uit ‘n koelboks op ‘n verlate strand.
Pizza, pasta, mandolin — vandag ontsnap ons na Rome en verloor onsself in die ewige stad saam met Almeri Solomon. Almeri se ervaring by Yuppiechef en Asics maak haar die perfekte toergids om die beste Parmigiana di melanzane te vind en die meeste treë in te kry in die romantiese Italiaanse hoofstad.
As jy lekker saam luister en toer, volg ons op Spotify en Apple Podcast vir jou weeklikse dosis van reis inspirasie.
Wandelwenke
📍
Colosseum | Die historiese landmerk sinoniem met Rome. Die Colosseum is die grootste antieke amfiteater en was meestal bekend vir gladiator gevegte in antieke tye.
Pantheon | Die Pantheon is ‘n voormalige Romeinse tempel wat gebou is tydens Keiser Augustus se tyd. Dit het later ‘n Rooms-Katolieke kerk geword en is die rusplek van bekende kunstenaars soos Raphael onder andere. Vir argitekte is dit ook bekend as ‘n voorbeeld van die ‘rotunda’ struktuur wat die koepelkerk vorm.
Romeinse Forum | Die Romeinse Forum is ‘n argeologiese gebied in die middel van Rome. In antieke tye was dit ook die middelpunt van die stad waar alles van markies tot verkiesings dit ‘n wemelende bymekaarkomplek gemaak het.
Spanish Steps | Die poskaart oomblik van Rome waar 135 trappies loop tot by die Trinità dei Monti kerk. Hierdie monument is ‘n móét besoek.
Trevifontein | Die Trevifontein (Fontana di Trevi) is die grootste en bekendste fontein in Rome. Dit is ontwerp deur die Italiaanse argitek Nicola Salvi en voltooi deur Giuseppe Pannini in 1762.
Palatine Hill | In verhouding met die ‘sewe heuwels van Rome’ is Palentine Hill die middelste een. Dit is ook een van die oudste dele van die stad met klomp ruïnes en elemente van antieke Rome wat dit 'n goeie plek maak om 'n staptoer te begin.
Vatikaanstad | Die Vatikaanstad is nie net ‘n onafhanklike staat binne Rome nie, maar ook die kleinste land ter wêreld. Dit is die tuiste van die Pous en die hoofkwartier van die Rooms-Katolieke kerk.
Trastevere | 'n Boheemse buurt met lekker restaurante en kafees.
Tiber rivier | Die tweede langste rivier in Italië wat deur Rome loop.
🍝
Cacio e pepe | ‘n Eenvoudige pasta met kaas en peper wat nie onderskat moet word nie.
Carbonara | Die wêreldbekende pasta wat nie misgekyk moet word nie. Dit word tradisioneel gemaak met spek, eier en pecorino romano.
Carciofi alla giudia | ‘n Heerlike dis van gebraaide artisjok wat ‘n oorsprong uit die Joodse gemeenskap in Rome het.
Fiori di zucca fritti | Nog ‘n lekker olierige dis van gebraaide courgette wat met ricotta gevul word.
Parmigiana di melanzane | ‘n Tradisionele Italiaanse dis wat bestaan uit lae eiervrug wat gebak is in ‘n smullende kaas en tamatie sous.
Ragù | Wees ‘n bietjie wild en verruil jou bolognese vir ragù as jy in Rome is. ‘n Soortgelyke vleissous maar wat met pappardelle of tagliatelle eerder as spaghetti bedien word.
IL Sorpasso | 'n Tradisionele Italiaanse restaurant in die Prati buurt. Dit is die plek waar die kelner vir Almeri klomp lekker tips op ‘n papier tafeldoek geskryf het.
Piatto Romano | ‘n Tradisonele trattoria in die Testaccio buurt.
Vanda | Nog ‘n wenner van ‘n plek om uit te eet in die boheemse Trastevere buurt.
🍸
Aperol Sprits | Die alombekende Italiaanse skemerkelkie wat bestaan uit prosecco, aperol en soda water. Dit word as ‘n apéritif regoor Italië bedien.
Negroni | Vir die Negroni liefhebbers wat nie geweet het waar die oorsprong van hulle oranje gevaar is nie, dit is ook in Italië gebore. Die bekende storie is dat dit vir die eerste keer gemeng is in Florence vir Count Camillo Negroni.
Prosecco | Die perfekte manier om ‘n bietjie Italiaanse vonkel in enige dag te sit.
Strek die bene en skink ‘n schnap want in vandag se episode gesels ons bietjie oor wat om te verwag van ‘n ski vakansie. Om die ys te breek, vertel Nina Ellis vir ons hoe sy gegaan het van ‘n amateur beginner tot ‘n blitsvinnige skier in ‘n week.
Saam met ‘n paar handige wenke oor die glans en gly van ski, neem ons julle na een van die mooiste plekke om sneeu te vind in Oostenryk — Saalbach-Hinterglemm.
Tips vir Saalbach-Hinterglemm
🏔️
Lift A7 | ‘n Goeie plek om te begin leer ski of snowboard. Hier sal jy die ‘baby slope’ vind wat die ideale helling is om jou selfvertroue op te bou.
Lift B1 | ‘n Gondola lift wat jou sal aflaai by ‘n gesellige restaurant op die berg, Winkler Alm. Van daar af kan jy ‘n gemaklike blou of rooi roete of die ski-lift weer afvat na die voet van die berg.
Lift B2 | ‘n Aansluiting ski-lift van B1 wat jou tot op die bopunt van die berg (Zwölferkogel) sal neem. Op 1984 meter bo seespieël, moet jy net weet waarvoor jy jouself in laat in terme van hoogtevrees, maar van die piek van die berg is daar menigte roetes om van te kies om weer af te kom. Wees gerusgestel, daar is ‘n blou roete van bo tot onder — kyk net uit vir die aanwysings.
Zwölferkogel | Die bekendste berg om op te ski in die area met menigte roetes van verskillende moeilikheidsgrade. Soos voorheen genoem, is hy 1984 meter bo seespieël.
Schattberg-Ost | Nóg ‘n gewilde berg om te ontdek en te verken en is 2020 meter bo seespieël. Neem lift A1 en A2 op tot heel bo om my persoonlike gunsteling blou roete (2) te ski tot onder.
🎵
Nag-ski | ‘n Móét as jy gemaklik is op die ‘slopes’. Ski of snowboard na sonsondergang onder spreiligte. Die nag-ski by Saalbach is by lift A9.
Rodel | Rodel is ‘n tiepe slieë wat jy kan afneem by die ‘slopes’ — ‘n lekker aktiwiteit vir die hele familie.
Aprés-ski | Die naam sê alles. ‘Aprés-ski’ word direk vertaal as ‘na-ski’ en is die kuier wat gebeur by elke ski-hut na ‘n dag se ski. Verwag Abba treffers en baie dans want Saalbach is bekend vir hierdie tradisie.
Goaßstall | Word direk vertaal as ‘Die bok stal’ en is ‘n baie lekker plek om te gaan aprés-ski. Mense gly of ski letterlik uit hierdie kroeg op die sneeu omdat dit die enigste manier is om uit te kom.
Der Schwarzacher | Die hoof aprés-ski plek in Saalbach en ‘n goeie plek om ‘n dag se ski te begin en te eindig.
Winkler Alm | ‘n Restaurant in die middel van die Zwölferkogel berg wat net bereikbaar is met die gondola. Heerlike plek vir middagete en om asem te skep.
Schloss Leopoldskron | Die landgoed waar ‘The Sound of Music’ verfilm is in Salzburg. Enige aanhangers van die film sal dit onthou as die huis van die Von Trapp familie — Villa Trapp.
🍽️
Wiener schnitzel | Die tradisionele Oostenrykse dis wat goeie brandstof is vir ski.
Spar se Schnitzel broodjies | Die Spar in Saalbach het ongelooflike lekker hoender schnitzel broojies wat hulle vars voorberei. Ideaal om saam te neem vir ‘n picnic middagete op die berg.
Kaiserschmarrn | Nóg ‘n tradisionele Oostenrykse dis wat basies soos pannekoek is wat in repies opgesny is. Heerlik as ‘n nagereg of ‘n vinnige ‘pick-me-upper’ na ‘n dag op die ‘slopes’.
Appelstrudel | Natuurlike nog ‘n dis wat sinoniem is aan Oostenryk. Maak seker jy geniet ten minste een appelstrudel en koffie in die sneeu.
Stiegl Goldbräu | ‘n Verfrissende plaaslike bier wat uit Salzburg kom en baie gewild is op die ‘slopes’.
Lekker geluister? Volg ons op Spotify en Apple Podcasts om elke week jou dosis reis inspirasie te kry.