
Welkom by deel twee van ons tweedelige reeks oor die wonders van Indië! Vandag gesels ons met Lize-Mari Jacobs, wat agt maande lank in Gurugram gewerk het en daarna vir ‘n maand deur die land gereis het.
Sy neem ons op 'n onvergeetlike reis deur kleurvolle feeste soos Holi en Diwali, verken ikoniese historiese plekke soos die Taj Mahal en die Golden Tempel, en onthul 'n versteekte juweel in die noordelike berge van Kasjmir. En natuurlik kan ons nie oor Indië praat sonder om ‘n oomblik te gee vir al die kossoorte nie — van tradisionele Thali-maaltye tot geurige Dhal-disse.
Maak gereed vir 'n episode vol avontuur, kultuur, en smaaklike herinneringe!