Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Business
Society & Culture
Health & Fitness
Sports
Technology
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Podjoint Logo
US
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/48/ad/55/48ad5565-095d-c0eb-a166-1ed372bcaafa/mza_15274597061434477556.jpg/600x600bb.jpg
Podlitiek
Podmedia
321 episodes
2 weeks ago
Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans.

Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube.

Met trots aan u gebring deur Podmedia.
Show more...
News
RSS
All content for Podlitiek is the property of Podmedia and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans.

Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube.

Met trots aan u gebring deur Podmedia.
Show more...
News
Episodes (20/321)
Podlitiek
Ep. 281 - Cyril wat sy nefie n drukkie gee en Tshwane metro wil vullis-uitspraak appelleer
In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die president se berugte ontmoeting voor 'n korrupsiepaleis in Sandton en die Tshwane Metro se besluit om die "City cleansing levy"-uitspraak te appelleer. 'n Paar korter nuusbrokkies kom aan die beurt.

Die Podlitiek-span bestaan uit:
Louis Boshoff
Arno Roodt
Ernst van Zyl
Show more...
2 weeks ago
26 minutes

Podlitiek
Ep. 280 - Malema se sanksies, singery en skietery.
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor drie kwessies wat met die EFF se CIC (Convicted in court) Julius Malema te doen het:

1. Die sing van Kill the Boer op die Puk-kampus. Podlitiek verduidelik waarom dit 'n groter probleem is as Kill the Boer gesing word in die leerruimte van Afrikaanse studente as net in 'n stadion by 'n EFF saamtrek.
2. Malema wat skuldig bevind is aan verskeie aanklagte wat verband hou met die onverantwoordelike hantering van 'n vuurwapen.
3. Malema se dossier wat oorhandig is aan verskeie hooggeplaastes in die VSA.

Die Podlitiek-span bestaan uit:
Louis Boshoff
Ernst van Zyl
Arno Roodt
Show more...
3 weeks ago
24 minutes

Podlitiek
Ep. 279 - Stellenbos(s)e munisipaliteit soek nie wittes hier en Malema se volledige dossier
Podlitiek se aanbieders vind uit dat hulle "deel van die probleem" is en liefs nie moet aansoek doen vir 'n pos by die Stellenbo(s)se dorpsraad nie. Louis en Ernst bespreek wat 'n mens moet doen as jy leef in 'n wêreld waar sulke praktyke aan die orde van die dag is.

Intussen het AfriForum se Privaat Vervolgingseenheid die monumentale taak aangepak om al Malema se sondes te boekstaaf en vir die wêreld uit te stal.

Malema Dossier: www.StopMalema.co.za
Solidariteit Memo: https://cms.solidariteit.co.za/wp-con...

Die Podlitiek-span bestaan uit:
Louis Boshoff
Arno Roodt
Ernst van Zyl
Show more...
2 months ago
22 minutes

Podlitiek
Ep. 278 - Malema skuldig aan haatspraak en die nuutste oor die Panyaza-plaat
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Malema se skuldigbevinding aan haatspraak by Brackenfell (plus ietsie oor die omstredenheid rakende wie betrokke was en wie nie). Louis delf ook 'n bietjie rond in die donker wêreld van nommerplaatverskaffing en veral Lesufi se planne vir nuwe Gautengse nommerplate.

Podlitiek word aangebied deur:
Louis Boshoff
Ernst van Zyl
Arno Roodt
Show more...
2 months ago
33 minutes

Podlitiek
Ep. 277 - DIRCO sê plaasmoorde is nie uniek nie en Mashatile sê raswette diskrimineer nie
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die Departement van Internasionale Betrekkinge (DIRCO) se jongste verklaring oor plaasmoordstatistiek en Mashatile se mees onlangse poging om rassediskriminasie af te maak. Podlitiek antwoord nugter, maar vra ook: "Wie glo teen die tyd nog enigsins die ANC se stories?"

Die Podlitiek-span bestaan uit:
Ernst van Zyl
Louis Boshoff
Arno Roodt
Show more...
2 months ago
22 minutes

Podlitiek
Ep. 276 - Mbalula se karwagte en Kunene se kakkerlakke
In vandag se episode gesels Ernst en Louis oor Fikile Mbalula se rassistiese uitlatings tydens die perskonferensie na afloop van die ANC se NUK-vergadering. Hy het onder meer die eerste Afrikanervlugtelinge na die VSA "karwagte" genoem – wat dit ookal veronderstel is om te beteken.
 
Daarna kom die jongste haatspraak-uitspraak ter sprake. Kenny Kunene is deur die hof verbied om Malema voortaan weer 'n kakkerlak te noem, aangesien dit op haatspraak sou neerkom. Terwyl dit vir Malema steeds baie belangrik is dat die hof bepaalde ander uitlatings nié as haatspraak beskou nie.

Die Podlitiek-span bestaan uit:
Louis Boshoff
Ernst van Zyl
Arno Roodt
Show more...
2 months ago
28 minutes

Podlitiek
Ep. 275 - Pretoria het een heffing minder, maar Suid-Afrika 30% meer
In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die "city cleansing levy", oftewel stadsreinigingsheffing, van die Tshwane Metro wat onwettig bevind is. (Podlitiek se manne het self 'n aandeel hierin gehad.)

Dan bespreek ons ook die 30% invoertarief wat die VSA van 7 Augustus af op Suid-Afrikaanse produkte gaan hef.

Die Podlitiek-span bestaan uit:
Louis Boshoff
Arno Roodt
Ernst van Zyl
Show more...
3 months ago
29 minutes

Podlitiek
Ep. 274 - Is mediese fondse rassisties en dalk sien ons gou geteikende sanksies?
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die ondersoekpaneel na rassisme by mediese fondse wie se verslag onlangs bekendgestel is, sowel as die Amerikaanse wetsontwerp oor die hersiening van diplomatieke verhoudinge met Suid-Afrika.

Die Podlitiek-span bestaan uit:
Ernst van Zyl
Louis Boshoff
Arno Roodt
Show more...
3 months ago
29 minutes

Podlitiek
Afrikaanse Geneeskunde met Prof Oppel Greeff
In die tweede onderhoud van ons 2025 onderhoudreeks gesels Louismet Prof Oppel Greeff. 'n Man met 'n indrukwekkende CV en 'n passie vir medisyneontwikkeling en vir Afrikaans. 

Hoe is die Afrikaanse geneeskundige vaktaal ontwikkel?
Wat is die moontlikheid dat ons weer dokters in Afrikaans sal oplei?
Hoekom is dit die moeite werd om in Afrikaans te studeer al is dit soms meer moeite?

Podlitiek word aangebied deur:
Arno Roodt
Louis Boshoff
Ernst van Zyl
Show more...
3 months ago
42 minutes

Podlitiek
Ep. 273 - Musk se nuwe party en Ramaphosa wil meer as 90 dae kry
In hierdie episode gesels die Podlitiek span oor Trump wat geskerts (of is dit gedreig?) het dat Elon Musk na Suid-Afrika gedeporteer moet word. Musk is op sy beurt vasbeslote om 'n nuwe politieke party in die VSA te stig wat strenger fiskale beheer sal voorstaan. Intussen het die Suid-Afrikaanse regering ekstra tyd versoek om 'n handelsooreenkoms met die VSA te beding voordat heffings inskop.

Podlitiek word aangebied deur:
Louis Boshoff
Ernst van Zyl 
Arno Roodt
Show more...
4 months ago
33 minutes

Podlitiek
Ep. 272 - Dis wat Amerika van SA-regering eis en DA-adjunkminister word die deur gewys
In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die jongste Afrikanerafvaardiging se werksaamhede in die VSA en die DA-adjunkminister wat afgedank is. Opwindende tye vir Suid-Afrikaanse politiek ...

Podlitiek word aangebied deur:
Louis Boshoff
Arno Roodt
Ernst van Zyl
Show more...
4 months ago
33 minutes

Podlitiek
Ken jou geskiedenis_ met Prof Fransjohan Pretorius
Podlitiek spring weg met 'n splinternuwe onderhoudreeks!

Louis en Arno gesels met Prof Fransjohan Pretorius oor die waarde daarvan om jou geskiedenis te ken. Hy deel ook 'n interessante staaltjie of twee uit die Afrikaner se geskiedenis.

Verskoon die swak klankgehalte. (Ons maak maar asof ons doelbewus van ou tegnologie gebruik gemaak het vir die geskiedenis-episode.)

Podlitiek word aangebied deur:
Louis Boshoff
Arno Roodt
Ernst van Zyl
Show more...
4 months ago
51 minutes

Podlitiek
Ep. 271 - Ramaphosa by die G7 en SEB verwoes lewens
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor Ramaphosa se besoek aan die G7 beraad en Solidariteit en die Vryemarkstigting se onlangse verslag oor SEB-rassewetgewing.

Podlitiek word aangebied deur:
Ernst van Zyl
Louis Boshoff
Arno Roodt
Show more...
4 months ago
21 minutes

Podlitiek
Ep. 270 - Podlitieke dialoog oor die beoogde dialoog _en nommerplate_
In hierdie episode gesels Louis en Arno oor die ANC monoloog wat voorlê (en verpak word as nasionale dialoog). Die plofbare onderwerp oor plofbare Gautengse nommerplate word ook aangeroer.

Podlitiek word aangebied deur:
Ernst van Zyl 
Louis Boshoff
Arno Roodt
Show more...
4 months ago
31 minutes

Podlitiek
Ep. 269 - Bestuurslisensies wat agter raak en Cyril wat uit twee monde praat
In hierdie episode gesels Ernst, Arno en Louis oor die agterstand in die uitreik van bestuurslisensiekaarte. Hoe kan dit so moeilik wees om een nuwe drukker te kry? Intussen sing Pres Cyril Ramaphosa 'n heel ander deuntjie in Suid-Afrika as toe hy in Amerika was.

Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt
Show more...
5 months ago
23 minutes

Podlitiek
Ep. 268 - Die hinderlaag in die Withuis
In hierdie episode gesels Louis en Arno oor gister se ontmoeting tussen Trump en Ramaphosa, plus 'n paar plaaslike nuusbrokkies aan die einde. Wie was die wenner? En hoekom Trump? Wat gaan die gevolge van die gesprek wees?

Podlitiek word aangebied deur Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt
Show more...
5 months ago
39 minutes

Podlitiek
Ep. 267 - Vlugtelingstatus waaroor die linkses kwaad is
Vandag bespreek Ernst, Louis en Arno die plofbare vlugtelingstatus-onderwerp. Is Trump reg om aan Afrikaners vlugtelingstatus te verleen? Gaan die Podlitiekers self Amerika toe? Hoe lyk die toekoms van die Afrikaners (dié wat bly en die wat gly)?

Podlitiek word aangebied deur:
Ernst van Zyl
Louis Boshoff
Arno Roodt
Show more...
5 months ago
23 minutes

Podlitiek
Ep. 266 - Nog n News24 flater en Pretoria het net 5 slaggate
In vandag se episode bespreek Louis en Arno News24 se skreiende optrede teenoor Basjan Jooste, die bestuurder van die beroemde Twatterbaas-profiel op X (Twitter). Daarna gesels hulle oor die burgemeester van die Tshwane Metro, Nasiphi Moya, se uitlatings oor slaggate in die stad.

Podlitiek word aangebied deur Erns van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt.
Show more...
6 months ago
27 minutes

Podlitiek
Ep. 265 - Trump se tariewe ontleding en Zimbabwe-boere ontvang vergoeding
Ernst en Louis bespreek VSA president Donald Trump se lang lys globale tariewe, asook die Zimbabwiese regering wat dollar-effekte uitreik aan boere ter vergoeding vir grondgrype.
Show more...
6 months ago
26 minutes

Podlitiek
Ep. 264 - Is Trump reg oor Suid-Afrika Gaan die ANC ingee oor BTW vir die DA
Ernst en Louis bespreek AfriForum se nuutste dokumentêr oor raswette, die Onteieingswet, plaasmoorde, en "Kill the Boer, asook waar die debat en stryd oor die nasionale begroting staan.
Show more...
7 months ago
26 minutes

Podlitiek
Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans.

Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube.

Met trots aan u gebring deur Podmedia.