Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
News
Sports
TV & Film
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/9e/15/c9/9e15c929-361e-5456-1529-e44e451b7eff/mza_4546355397622650148.jpeg/600x600bb.jpg
Rapport Praat Sport
Netwerk24 Klankgolwe
79 episodes
4 days ago
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
Show more...
Rugby
Sports
RSS
All content for Rapport Praat Sport is the property of Netwerk24 Klankgolwe and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
Show more...
Rugby
Sports
Episodes (20/79)
Rapport Praat Sport
Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’
Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith. Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê. Smith gee baie insigte oor hoe Italië se rugby die laaste paar jaar stoom opgetel het. Hy vertel ook vir lesers van ’n paar Italiaanse spelers wat die Bokke Saterdag probleme kan besorg.  Hy lug ook sy mening oor Lood de Jager se omstrede rooi kaart . . . • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
4 days ago
30 minutes 17 seconds

Rapport Praat Sport
Heyneke: ‘Sommige skole het groter begrotings as SWD’
Dié week sluit die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe pos as die SWD-Arende se nuwe hoofafrigter.  Meyer sê hy het langtermynplanne by dié unie, en dat daar baie uitdagings is wat oorbrug moet word. Die grootste daarvan is ’n tekort aan finansiële hulpbronne.  “Daar is skole met groter (rugby)begrotings as die SWD,” sê Meyer.  Hy is egter besig om innoverende planne te beraam. Meyer gesels ook oor die Bokke se groot toets teen Frankryk Saterdag, en lug sy mening oor Suid-Afrika se losskakel-rykdom. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
1 week ago
35 minutes 11 seconds

Rapport Praat Sport
Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’
Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend.  Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en die spelers se ma’s gevloek het. Die Bokke pak Saterdag weer Japan in Engeland. Alberts sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om daaroor te gesels en ook terug te kyk oor sy loopbaan van twee dekades. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
2 weeks ago
29 minutes 52 seconds

Rapport Praat Sport
Willie honger vir nóg Bok-rugby... 
Al is hy in die winter van sy loopbaan, het die Springbok-heelagter Willie le Roux steeds ’n groot honger om vir sy land uit te draf.
Show more...
3 weeks ago
29 minutes

Rapport Praat Sport
Bullet 2.0: ‘Dit vat ’n ware man of vrou om te sê jy’s nie oukei nie’
Die voormalige Springbok-haker James Dalton praat oor sy boksgeveg teen Ollie le Roux in Bloemfontein, sy nuwe lewe ná drank en waarom hy die bynaam Bullet het. 
Show more...
1 month ago
31 minutes 6 seconds

Rapport Praat Sport
Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . .
Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap. Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer drie kerngesprekspunte wat vir ons uitgestaan het. Een speler het elkeen van ons se topdrielys vir die beste Bok van die reeks gehaal. Kan jy raai wie dit is? • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
1 month ago
34 minutes 29 seconds

Rapport Praat Sport
Naas: ‘Bokke kook met 3 van wêreld se beste losskakels’
Naas Botha is liries oor Suid-Afrika se drietal generaals van Handré Pollard, Manie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu. Botha, eertydse skopkoning van Suid-Afrikaanse rugby, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor Feinberg-Mngomezulu se spogvertoning teen die Poemas. “Ek dink nie een van ons drie losskakels het werklik swak punte nie. Ons het op die oomblik drie van die wêreld se beste losskakels in die groep – laat staan nog net Suid-Afrika,” sê Botha. Hy praat ook oor Libbok se verbeterde stelskopwerk en deel ’n paar staaltjies uit sy speeldae. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
1 month ago
38 minutes 7 seconds

Rapport Praat Sport
Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue
Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland. “Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat ek nog geneem het,” sê De Bruin. As oudafrigter van Griekwas en die Leeus, is hy ook die ideale mens om te gesels oor die Curriebeker-eindstryd van die afgelope naweek. Hy deel ook sy mening oor die Springbokke in aanloop tot Saterdag se groot toets teen Argentinië. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
1 month ago
26 minutes 29 seconds

Rapport Praat Sport
Paul Willemse: ‘Ons bly in Frankryk, maar die kinders praat Afrikaans’
Paul Willemse (32) het vandeesweek sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy erg met harsingskudding gesukkel het. Hy sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy loopbaan te gesels. “Toe ek aanvanklik in die Franse groep ingetrek is, was ek teleurgesteld met die span. Daar was nie respek nie, die ouens was nie lus nie,” sê dié oudslot. Dit het egter alles verander toe Fabien Galthié as hoofafrigter oorgeneem het. Willemse gesels ook oor sy interessante grootwordjare, sy tyd saam met die Junior Springbok-span wat die Wêreldtoernooi in 2012 gewen het en hoe hy gevoel het tydens die Bokke en die Hane se titaniese kwarteindstryd in 2023. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
2 months ago
37 minutes 5 seconds

Rapport Praat Sport
Freek Burger: ‘Wie gaan reguit-ingooie blaas? Donald Trump?’
Die oudblaser Freek Burger sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die vertoning van die skeidsregter Karl Dickson in die afgelope Saterdag se Springbok-nederlaag teen Nieu-Seeland in Auckland. “Waar was die konsekwentheid?” wil Burger weet.  Hy gesels ook oor die algemene probleme wat hy in die skeidsregterswêreld bespeur en gee sy mening oor waarom so min Suid-Afrikaanse blasers op die grootste verhoog is. Ons bespreek ook die agterlyn wat Rassie Erasmus vir Saterdag se tweede toets in Wellington gekies het.  • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
2 months ago
27 minutes 55 seconds

Rapport Praat Sport
Flip ná Ysterman: ‘Ek het nog nooit so heel gevoel nie’
Die oud-Bok-slot Flip van der Merwe sluit hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy reis om weer fiks te word. Hy het twee weke gelede die Ysterman-70.3-kompetisie in Vichy, Frankryk, voltooi. In die proses het hy sowat 30 kg afgeskud “Mense dink dis baie veeleisend op jou bene en jou knieë, maar ek het nog nooit so heel gevoel soos nou nie,” sê Van der Merwe. Hy gesels ook oor die Springbokke se toets teen die All Blacks Saterdag op Eden Park – ’n veld waar hy self 12 jaar gelede teen Nieu-Seeland uitgedraf het. Hy praat ook oor die omstrede rooi kaart wat Bismarck du Plessis in dié veelbesproke toets gekry het vir ’n klipharde duikslag op Dan Carter. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
2 months ago
34 minutes 18 seconds

Rapport Praat Sport
‘Dricus het Khamzat jellie-bene gegee’
Niel Geyser, Dricus du Plessis se grond-en-greepwerk-ghoeroe, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan en verduidelik in diepte wat in Stillknocks se geveg met Khamzat Chimaev gebeur het.“Khamzat het die kompetisie gewen, maar hy het nie die geveg gewen nie,” sê Geyser.Hy verklap ook Dricus se denkrigting rondom sy toekomsplanne.In dié week se episode gesels ons ook oor die Springbokke se sege oor die Wallabies, die All Blacks se nederlaag teen Argentinië en Asenathi Ntlabakanye se positiewe toets vir die gebruik van ’n verbode middel.Ons het ook ’n stemnota van die 75-jarige Pex van Greunen ontvang, wat vir Rassie Erasmus ’n bietjie raad gee.• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
2 months ago
32 minutes 40 seconds

Rapport Praat Sport
Gesoek: Meer Rassie-rugby, minder Tony-rugby
Dié week sluit Jody Hendricks hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se vernederende nederlaag teen die Wallabies die afgelope Saterdag op Ellispark. “Dit is die grootste Bok-skok sedert die Japan-wedstryd in 2015,” sê Jody. Ons praat oor alles wat verkeed geloop het: Die lynstane, afbreekpunte en die Bokke se versuim om ná hul groot voorsprong, terug te keer na tradisionele Bok-rugby. Ons glo wel sake sal dié naweek veel beter verloop. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
2 months ago
27 minutes 53 seconds

Rapport Praat Sport
Wat is mense se probleem met Manie?
’n Reusesportnaweek lê vir Suid-Afrikaanse ondersteuners voor: Die Bokke pak die Wallabies, die Proteas sê die Aussies die stryd aan en Sondagoggend baklei Dricus du Plessis teen Khamzat Chimaev. In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en hoor ook wat sê Dewald Brevis van sy spogbeurt teen die Aussies. Du Plessis praat ook oor sy groot geveg. Hy sê hy weet hy kan sterf in die agthoek. “En dit sal my glad nie pla nie. As dít die laaste ding is wat ek doen, sal dit ongelooflik wees. Ek sien nog nie ’n lewe ná dié geveg nie,” sê Du Plessis. Ons praat oor Rassie Erasmus se spankeuses vir die Wallabies – en ons almal reken hy het raakgevat met Manie Libbok op losskakel. Ons wonder maar net: Hoekom is Bok-aanhangers altyd so vies as Libbok op nr. 10 begin? • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
3 months ago
32 minutes 45 seconds

Rapport Praat Sport
Boishaai-breier: ‘Ons Bomb Squad gee deurslag in derby’
Met 10 minute se speeltyd oor was Boishaai Saterdag met 12 punte agter teen Paarl Gimnasium. Maar toe kom hulle met ’n reuse-terugvegpoging vorendag en wen met 35-33. Sean Erasmus, Boishaai se breier, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogsege te gesels. Hy sê hy was maar effens gespanne met 10 minute se speeltyd oor, maar het heeltyd geweet sy span kan die knoop deurhak. Erasmus vertel hoe hy vanjaar sy span se diepte bestuur het met ’n slim Bomb Squad-plan. Hy deel ook insigte oor hoe hulle by Boishaai te werk gaan om te verseker die leerlinge dink nie nét aan rugby nie. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
3 months ago
32 minutes 17 seconds

Rapport Praat Sport
Biduur en bier in Boland: Kavaliers-baas verklap CB-planne
By die Boland-Kavaliers kan jy nou ’n jaar se voorraad bier of hoender wen. Jy kan ook ’n geloofsdiens by wedstryde op Sondae bywoon. Dié week op Rapport Praat Sport sluit Quintin van Rooyen, die uitvoerende hoof van die Boland-Kavaliers, hom by ons aan om te gesels oor al dié unie se innoverende planne. “Ons wil die mense van die Boland trots maak,” sê Van Rooyen. Die Kavaliers lyk nie net weg van die speelveld goed nie, maar ook tussen die vier wit lyne. Hulle het die Vrystaat-Cheetahs Sondag in ’n dramatiese kragmeting met ’n drie in die 88ste minuut geklop. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
3 months ago
34 minutes

Rapport Praat Sport
Johan Ackermann: ‘Bulle se sukses maak dié pos ’n taai toffie’
Die vorige keer wat Johan Ackermann ’n groot Suid-Afrikaanse rugbyspan afgerig het, het hy ’n sukkelende Leeus-span terug op die wenpad gekry. Nou wag ’n ander tipe uitdaging op hom. Die Bulle het in drie van die vorige vier VRK-eindstryde gespeel, en het enorme spelersdiepte. Ackermann, wat verlede week as die Ligbloues se nuwe breier aangestel is, sê in dié week se episode van Rapport Praat Sport sy nuwe pos is daarom uiters uitdagend. Ackermann praat ook oor die Junior Bokke se sukses in Italië, en vertel oor die keer wat hy ’n paar koelbokse vol verversings in die Leeus se spankamer ingedra het. Ons gesels ook oor Rassie Erasmus se Springbok-groep vir die Rugbykampioenskap. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
3 months ago
36 minutes 34 seconds

Rapport Praat Sport
Die brein agter Rassie se middelveld-lynstane: PRG se DeWet Marais
DeWet Marais, tweedespan-afrigter van Paul Roos Gimnasium, kon sy oë nie glo toe hy Saterdag sien die Springbokke doen ’n beweging wat hy en sy mede-afrigter Erhardt Muth vroeër vanjaar vir skolerugby uitgedink het nie. DeWet, ’n voormalige SA Skole-afrigter, sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan en vertel hoe hy en Erhardt dié beweging een aand by ’n voorseisoense kamp in Hermanus uitgedink het. Dit is vir hom ’n groot voorreg dat die Springbokke ook nou dié beweging gebruik. “Rassie (Erasmus, Bok-breier) het die hek oopgemaak vir skoleafrigters om ook innoverend te probeer wees,” sê hy. Ons gesels ook oor Johan Ackermann se aanstelling as die nuwe Bulle-afrigter. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
4 months ago
29 minutes 27 seconds

Rapport Praat Sport
Franco Smith: ‘Dis ’n voorreg om in Bul-gesprek genoem te word’
Franco Smith sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy loopbaan, die sukses wat hy by die Glasgow Warriors behaal het, en die moontlikheid dat hy by Jake White kan oorneem as afrigter van die Bulle. “Ek is nog onder kontrak in Skotland, maar daar is baie uitdagings in Skotse rugby tans. Dit is ’n voorreg om in die gesprek genoem te word (as kandidaat vir Bulle-breier) en ons sal sien hoe speel sake uit,” sê Smith. Hy werp meer lig op die uitdagings by die Warriors, en gesels ook oor Italiaanse rugby nadat die Azzurri die Springbokke die afgelope naweek in Pretoria frustreer het. Smith is ’n voormalige hoofafrigter van Italië. Ons gesels ook oor Wiaan Mulder se besluit om die Proteas se beurt gesluit te verklaar teen Zimbabwe met Brian Lara se rekordtelling van 400 in sig. Smith, ’n goeie krieketspeler op sy dag, gee ook sy mening hieroor. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
4 months ago
35 minutes 33 seconds

Rapport Praat Sport
Ruan Smith: Van skrums teen Kitsie tot vrousoek op ‘Op my Eish!’
Ruan Smith is pas aangekondig as die nuwe vrygesel van KykNET se maatsoekprogram ‘Op my Eish!’. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons met dié voormalige Leeus-stut oor sy nuwe avontuur wat voorlê. Smith gesels ook padlangs oor sy rugbyloopbaan en die uitdagings wat hy in die gesig gestaar het ná sy uittrede verlede jaar. Smith sê hy het sy rugby die laaste paar jaar nie meer soos vroeër geniet nie. Hy glo ook ’n verandering is op Ellispark nodig as die Leeus weer ’n rugbykrag wil word. “Hulle kort iemand wat die hamer gaan slaan,” sê hy. Hy praat ook met groot lof oor Jake White, wat meer as 10 jaar gelede vir hom ’n geleentheid by die Brumbies gegee het. Smith verduidelik ook hoe die poetse begin het wat hy en sy tweelingbroer, JP, gereeld op mekaar bak. JP is ook ’n oudrugbyspeler. Die tweeling het mekaar al deur diep waters gehelp, sê Ruan. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Show more...
4 months ago
30 minutes 15 seconds

Rapport Praat Sport
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.