All content for Rapport Praat Sport is the property of Netwerk24 Klankgolwe and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
Johan Ackermann: ‘Bulle se sukses maak dié pos ’n taai toffie’
Rapport Praat Sport
36 minutes 34 seconds
3 months ago
Johan Ackermann: ‘Bulle se sukses maak dié pos ’n taai toffie’
Die vorige keer wat Johan Ackermann ’n groot Suid-Afrikaanse rugbyspan afgerig het, het hy ’n sukkelende Leeus-span terug op die wenpad gekry.
Nou wag ’n ander tipe uitdaging op hom. Die Bulle het in drie van die vorige vier VRK-eindstryde gespeel, en het enorme spelersdiepte. Ackermann, wat verlede week as die Ligbloues se nuwe breier aangestel is, sê in dié week se episode van Rapport Praat Sport sy nuwe pos is daarom uiters uitdagend.
Ackermann praat ook oor die Junior Bokke se sukses in Italië, en vertel oor die keer wat hy ’n paar koelbokse vol verversings in die Leeus se spankamer ingedra het.
Ons gesels ook oor Rassie Erasmus se Springbok-groep vir die Rugbykampioenskap.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Rapport Praat Sport
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.