Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
TV & Film
Health & Fitness
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/96/ee/d8/96eed8e4-2e1a-a0f8-9c59-1b19852bc45a/mza_15779785374581489440.jpg/600x600bb.jpg
Raakvat Rugby!
Megafoon Sport!
36 episodes
4 days ago
By Raakvat Rugby! gesels ons oor rugby en niks anders as rugby nie! Ons bespreek gereeld die nuutste verwikkelinge in die rugbywêreld, van internasionale rugby tot skolerugby en alles tussen in. At Raakvat Rugby! we chat about rugby, and nothing other than rugby! We regularly discuss the latest news and developments in the world of rugby, from international to schools rugby and everything inbetween!
Show more...
Rugby
Sports
RSS
All content for Raakvat Rugby! is the property of Megafoon Sport! and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
By Raakvat Rugby! gesels ons oor rugby en niks anders as rugby nie! Ons bespreek gereeld die nuutste verwikkelinge in die rugbywêreld, van internasionale rugby tot skolerugby en alles tussen in. At Raakvat Rugby! we chat about rugby, and nothing other than rugby! We regularly discuss the latest news and developments in the world of rugby, from international to schools rugby and everything inbetween!
Show more...
Rugby
Sports
Episodes (20/36)
Raakvat Rugby!
Episode 1: Hendrik Cronjé vertel ons meer oor SA Rugby se ACKERLEY transaksie, die Springbokke en VRK nuus!

Ons wil almal graag meer weet oor SA Rugby se beoogde transaksie met die Ackerley Sport Group! Ons het gesels met Hendrik Cronjé van Rapport en hy vertel ons wat die huidige stand van sake met die transaksie is! Ons gesels ook oor die Springbokgroep vir die November toetse en oor 'n paar spelerskuiwe wat in die nabye toekoms in die URC kan gebeur!

Show more...
1 year ago
56 minutes 48 seconds

Raakvat Rugby!
Episode 10: Is die kies van Sacha die begin van die einde vir die ouer Springbokke? Wat is Rassie se planne?

Rassie het verras met die dapper keuse van Sacha Feinberg-Mngomezulu op losskakel, en dit in 'n belangrike wedstryd teen 'n moeilike Australiese span. Alhoewel Handré Pollard op die bank ingesluit is, kan mens nie help om te wonder hoe die pad vorentoe vir die ouer Springbokke lyk nie, MW en Simon gesels ook oor die nuwe reëls en of die Springbokke hierdie Kampioenska ten alle koste moet wen.

Show more...
1 year ago
42 minutes 52 seconds

Raakvat Rugby!
Episode 9: Rassie se nuutste eksperiment om Duane te vervang. Is Elrigh Louw 'n beter opsies as Evan Roos?

MW en Simon gesels oor net mooi alles - van skolerugby tot Curriebeker tot sewes tot die Springbokke!

Show more...
1 year ago
43 minutes 13 seconds

Raakvat Rugby!
Episode 8: Rassie, kry tog nou net vir Manie Libbok 'n skopafrigter asseblief! Vir die Springbokke se onthalwe!

'n Paar Bokke het hulle hande hoog opgesteek in die toets teen Portugal en 'n paar het nou nie juis die wêreld aan die brand gespeel nie. André se duikslag is ook weer 'n ander storie en Manie het alweer misgeskop! Dan het Rassie vir 'n paar verrassings gesorg met die Springbokgroep vir die Australiese toetse. MW en Simon gesels oor die toets teen Portugal en kyk ook na die groep wat Australië toe aan!

Show more...
1 year ago
36 minutes 5 seconds

Raakvat Rugby!
Episode 7: Waar het dinge skeefgeloop vir die Springbokke? PLUS: Is die nuwe geslag spelers die antwoord?

En daar gaan staan verloor ons toe teen Ierland in die tweede toets! Wat het verkeerd geloop? Wat kan ons anders doen? Is dit tyd vir nuwe bloed? MW en Simon gesels oor die toetsreeks teen die Iere en kyk ook na die span wat vir die wedstryd teen Portugal gekies!

Show more...
1 year ago
1 hour 7 minutes 40 seconds

Raakvat Rugby!
Episode 6: Verwag Rassie en Tony Brown te vinnig te veel van die Springbokke? PLUS: Al die naweek se aksie!

Die Springbokke het nou wel vir Ierland geklop met hulle nuwe Tony Brown-wedstrydplan, maar daar is nog baie vrae om te beantwoord. Is die Springbokke fiks genoeg? Wat van die afbreekpunte? Is Kwagga die regte nommer 8? Pas Handré en Faf rerig in die spelpatroon in? Ons bespreek al hierdie en meer in hierdie week se Raakvat Rugby Podcast met Simon Riekert. Ons kyk ook na al die ander internasionale wedstryde wat die naweek plaasgevind het en ons gesels ook oor wat ons verwag van elke wedstryd eerskomende naweek.

Show more...
1 year ago
1 hour 8 minutes 18 seconds

Raakvat Rugby!
Episode 5: Rassie gaan groot met Sacha! Wat is die Springbokplan teen die Iere? PLUS: Al die naweek se aksie!

Springbok afrigter Rassie Erasmus het ‘n paar wenkbroue laat lig, maar niemand kan rerig foutvind met sy span teen Ierland vir die naweek nie. Die beginspan wemel van Wêreldbeker wenners, terwyl die groot verrassing (as mens dit so kan noem) die keuse van Sacha Feinberg Mngomezulu in ‘n 6-2 bank is. Die keuse van twee slotte gee die opsie van ‘n vars vaste vyf en alles dui daarop dat die uitgeslape Springbok afrigter ‘n plan teen die gevaarlike Iere het. MW en Simon gesels oor die Springbokke asook die ander groot toetswedstryde wat die naweek plaasvind. Moenie dit misloop nie!

Show more...
1 year ago
1 hour 38 seconds

Raakvat Rugby!
Episode 4: Wat het gebeur met Jake White se mediakonferensie? PLUS: Wat ons dink van die Springbokgroep!

Ons is nou al oor die skok van die Bulls wat op Loftus teen Franco Smith se Glasgow Warriors verloor het, maar die tonge klap nog steeds oor Jake White se perskonferensie na die tyd. Ons het bietjie gesels oor wat alles daar aangegaan het. Verder kyk ons ook na die Springbokgroep wat aangekondig is die naweek: Wie is in, wie is uit en wie is die verrassings!

Show more...
1 year ago
28 minutes 52 seconds

Raakvat Rugby!
Episode 3: Gaan die Vodacom Bulls Glasgow kan gaffel? En ons gesels oor Rassie se eerste Bokspan van die jaar!

Episode 3: Nou ja toe, die Bulls het almal verras en Leinster in 'n spannende wedstryd geklop, en hierdie naweek moet hulle die uitgeslape Franco Smith se Glasgow Warriors aandurf. MW en Simon kyk na laas naweek se halfeindwedstryde, en gesels oor wat ons hierdie naweek op Loftus kan verwag. Laastens kyk ons na die Springbokgroep wat aangekondig is die naweek: Wie is in, wie is uit en wie is die verrassings!

Show more...
1 year ago
56 minutes 25 seconds

Raakvat Rugby!
Episode 2: Gaan die Bulls Leinster looi op Loftus? En ons kies ook ons eerste eie Springbokspan van die jaar!

Die Bulls het maar swaar geleef teen Benetton en die naweek kom Leinster met al hulle sterre Pretoria toe! Kan die Vodacom Bulls amper die hele Ierse nasionale span die loef afsteek? MW en Simon bespreek die Bulls en Leinster se kanse in hierdie spannende uitklopwedstryd. MW en Simon kyk ook na Munster teen Glasgow in die ander halfeindstryd in Ierland. Kan Franco Smith se manne almal verras en die verdedigende kampioene troef? Laastens kyk ons hulle na die Springbokgroep wat aangekondig is die naweek. Ons kies ook ons eerste potensiële Springbokspan vir die jaar uit hierdie groep vir die toets teen Wallis!

Show more...
1 year ago
52 minutes 41 seconds

Raakvat Rugby!
Episode 1: Wat ons verwag van die Bulls en die Stormers in die URC Kwarteindes

Die Bulls het alle verwagtinge oortref en tweede op die VRK punteleer geëindig, terwyl die Stormers bietjie teleurgestel het en in die vyfde plek beland het. Dit beteke die Bulls speel die naweek tuis teen Benetton terwyl die Stormers Glasgow moet reis om Franco Smith se manne daar te gaan aanpak. MW en Simon het gesels oor die VRK toernooi se sukses, gekyk na die Stormers se vertonings en kanse die naweek, en laastens ook oor die Bulls se uitstekende seisoen en kanse in die uitkloprondtes!

Show more...
1 year ago
44 minutes 16 seconds

Raakvat Rugby!
Raakvat Rugby Omnibus: Episode 1

ns doen dinge ‘n bietjie anders van nou af! In plaas van verskillende videos vir elke span, het ons al die gesprekke in een video gekombineer, en jy kan nou na die Bulls, die Lions en die Stormers se besprekings kyk in een video, en dan gesels ons ook sommer oor die SA Cup ook! Jy kan ook vooruit spring en na jou gunsteling span se bespreking gaan kyk – jy hoef nie na alles te kyk nie! Binnekort gaan ons die Sharks ook intrek, so lekker baie om na uit te sien!

Show more...
1 year ago
1 hour 20 minutes 1 second

Raakvat Rugby!
S2E1: Het skeidsregterblapse die Lions 'n oorwinning gekos?

Die Lions het so byna-byna laasjaar se oorwinning teen die Bulls op Loftus herhaal, maar 'n paar foute deur die skeidsregter het Lions-ondersteuners na hul vlugsout laat gryp. Ons het die wedstryd bespreek met Simon Riekert en Toeks Kotzé, en 'n paar interessante dinge wysgeword. Ons kyk ook na die res van die URC seisoen, wat nou presies halfpad is en bespreek oor die probleme rondom Emirates Airlines Park.

Show more...
1 year ago
32 minutes 23 seconds

Raakvat Rugby!
S1E22: Rugby: Hoe ons dink die Wêreldbeker gaan uitspeel!

Die Wêreldbeker begin hierdie week en die opgewondenheid neem toe! Ons gesels bietjie oor die vier groepe en wie ons dink kan elkeen wen. Ons voorspel dan ook die vier kwarteindrondtes, die halfeindrondtes en waag natuurlik ons groot voorspelling: Wie in die eindstryd gaan speel! Luister saam en laat weet wat jy dink!

Show more...
2 years ago
20 minutes 40 seconds

Raakvat Rugby!
S1E21: Kan die Bokke sonder die Jacques en Rassie breintrust?

Ons almal weet Jacques Nienaber is is pad Ierland toe na die Wêreldbeker, en almal verwag dat Rassie nog 'n paar jaar gaan bly en oorneem as afrigter. Maar die twee was nog altyd 'n gedugte kombinasie, en ons vra die vraag of die verlies van hierdie saamspan, die Bokke negatief gaan beïnvloed. Ons wonder ook oor wat kan gebeur as Rassie besluit om die pad te vat Ierland toe, en kyk na die kandidate wat in die ry staan.

Show more...
2 years ago
24 minutes 4 seconds

Raakvat Rugby!
S1E20: Dis net suur druiwe, Jeff Wilson!

Die All Blacks weet nie hom om te verloor nie! Dis baie duidelik gemaak nadat die Bokke hulle met 'n rekordtelling twee weke voor die Wêreldbeker afgeransel het, en Nieu-Seelandse kommentators na enige strooihalmpie begin gryp het om dit te verklaar. Rassie en Jacques het met innoverende denke ook al weer die rugbywêreld aan die gons, net soos in 2019. Daar is ook groot gewag gemaak van die Bokke se 7-1 plaasvervangersbank, en stemme het opgegaan om dit te verban. Ons hier by Raakvat Rugby het besluit om ons mening hieroor hard en duidelik te stel, en ons draai nie doekies om nie!

Show more...
2 years ago
17 minutes 48 seconds

Raakvat Rugby!
S1E19: Wat op aarde het met die All Blacks gebeur?!

Ons kyk terug na die laaste opwarmingswedstryde vir die Wêreldbeker wat die naweek plaasgevind het. Natuurlik was die groot storie die Bokke wat die All Blacks op verrassende wyse van die veld af gespeel het, maar daar was onmiddelik 'n hele paar stemme wat opgegaan het dat die All Blacks nie hulle bes probeer het nie, en dat die Bokke nie rerig so goed was as wat ons gemeen het nie. Ons gesels hieroor, oor die skeidsregter en die All Blacks se rooi kaart probleem. Ons kyk ook na die ander wedstryde die naweek, en veral die kragmeting tussen Skotland en Georgië omdat die Bokke eerste teen Skotland gaan opdraf.

Show more...
2 years ago
33 minutes 34 seconds

Raakvat Rugby!
S1E18: Hierdie is geen vriendskaplike wedstryd nie!

In ons naweek voorskou, gesels oor die wedstryd teen die All Blacks, en vra die vraag hoekom ons nou juis 'n opwarmingswedstryd moet speel teen ons aartsvyande twee weke voor die Wêreldbeker. Ons bespreek die belangrikste rolspelers en gee soos gewoonlik ons voorspelling van die telling. Ons kyk ook vlugtig na die ander wedstryde wat die naweek gespeel gaan word. Onthou ons gaan die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks op ons kanaal stroom. Kyk uit vir die skakel!

Show more...
2 years ago
31 minutes 33 seconds

Raakvat Rugby!
S1E17 Kan ons die Wêreldbeker aanpak sonder 'n betroubare skopper?

Ons kyk soos gewoonlik terug na die naweek se wedstryde en bespreek veral die Springbokke se vertoning. 'n Paar spelers het hulle hande hoog in die lug opgesteek, maar Manie Libbok het nog steeds 'n klomp vraagtekens rondom sy skopwerk. Is hy die antwoord vir die Bokke, of is dit tyd om Pollard op 'n manier in die groep te kry? Ons kyk ook na die Iere teen die Engelse, asook hoe Frankryk teen Fiji gevaar het.

Show more...
2 years ago
31 minutes 1 second

Raakvat Rugby!
S1E16 Druk ons Siya te gou?

Die tyd vir eksperimente is amper verby, en die naweek se wedstryd teen Wallis is een van die heel laaste kanse om 'n paar dinge te probeer. Siya Kolisi het wonderbaarlik binne 109 dae herstel van 'n besering wat tipies tussen 6 en 9 maande vat, en hy kry Saterdag kans om sy staal te wys. Is dit te gou, of is dit deel van Jacques Nienaber se plan om sy spelers "battle-hardened" te kry? Ons kyk na die Wallis / Suid Afrika wedstryd, waag ons gebruiklike voorspellings en kyk ook na die Franse, Iere en Engelse. Daar is ook 'n paar ander nuusbrokkies waarna ons vlugtig kyk.

Luister gerus en laat hoor van jou!

Show more...
2 years ago
30 minutes 15 seconds

Raakvat Rugby!
By Raakvat Rugby! gesels ons oor rugby en niks anders as rugby nie! Ons bespreek gereeld die nuutste verwikkelinge in die rugbywêreld, van internasionale rugby tot skolerugby en alles tussen in. At Raakvat Rugby! we chat about rugby, and nothing other than rugby! We regularly discuss the latest news and developments in the world of rugby, from international to schools rugby and everything inbetween!