
Die Bulls het alle verwagtinge oortref en tweede op die VRK punteleer geëindig, terwyl die Stormers bietjie teleurgestel het en in die vyfde plek beland het. Dit beteke die Bulls speel die naweek tuis teen Benetton terwyl die Stormers Glasgow moet reis om Franco Smith se manne daar te gaan aanpak. MW en Simon het gesels oor die VRK toernooi se sukses, gekyk na die Stormers se vertonings en kanse die naweek, en laastens ook oor die Bulls se uitstekende seisoen en kanse in die uitkloprondtes!