Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Business
Society & Culture
History
Sports
Health & Fitness
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts123/v4/34/fc/87/34fc8763-164c-0adb-61ed-43e9db742ec2/mza_16773442735783715798.jpg/600x600bb.jpg
Nuuspod
Izak Du Plessis
152 episodes
2 days ago
Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.
Show more...
News Commentary
News
RSS
All content for Nuuspod is the property of Izak Du Plessis and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.
Show more...
News Commentary
News
Episodes (20/152)
Nuuspod
Is Suid-Afrika 'n mislukte staat?

Nuuspod wil by Pieter Mulder, Dawie Roodt en Leon Wessels weet of SA 'n mislukte staat is

Show more...
5 years ago
37 minutes 39 seconds

Nuuspod
In gesprek met Patricia de Lille

Nuuspod praat met Patricia de Lille oor bewerings van korrupsie en bedrog

Show more...
5 years ago
21 minutes 45 seconds

Nuuspod
Die DA is g'n rassisties nie

Nuuspod praat met Tim du Plessis oor die toekoms van die DA

Show more...
5 years ago
14 minutes 57 seconds

Nuuspod
Wie is Ace Magashule?

Die skrywer van die boek Gangster State, Pieter-Louis Myburgh, gee agtergrondinligting oor die man wat met van die grootste korrupsie in die land verbind word.

Show more...
5 years ago
40 minutes 26 seconds

Nuuspod
Sal die ANC skeur?

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee hou die naweek ‘n buitengewone vergadering en die verwagtinge is dat daar vuurwerke gaan wees. Dit volg na president Cyril Ramaphosa se brief aan die ANC waarin hy korrupsie voor die deur van die party self lê. Boonop moet sekretaris-generaal Ace Magashule voor die integriteitskomitee verskyn. Die president, wat volgens alle aanduidings ‘n beleërde man op die oomblik is, het die noodwendige reaksie vanuit die party met sy brief ontlok. Eers het Tony Yengeni hom sommer blatant gevra om self opsy te staan, soos wat hy ander partylede aanbeveel het. En oudpresident Jacob Zuma het in ’n brief aan Ramaphosa skerp te velde getrek teen wat hy gesê het. Volgens Zuma plaas dit die party in ’n onhoudbare situasie. Daar is selfs sprake van ’n skeuring te midde van die gebeure. Om te hoor of dit so is, praat Nuuspod nou met die politieke ontleder Roland Henwood aan die Unviersiteit van Pretoria.

Show more...
5 years ago
27 minutes 22 seconds

Nuuspod
Net 'n bietjie privaatheid vir my dogtertjie: Die drome van backyard dweller
Die Wes-Kaap word deur talle mense voorgehou as ’n paradys met ’n heelwat beter infrastruktuur as die ander provinsies in Suid-Afrika. ’n Mens sien dit oombliklik raak as jy ’n Wes-Kaapse dorp binnery. Skoon strate, strate sonder slaggate, netjiese dorpe. Maar die provinsie het ook sy kopsere. Een daarvan is werkloosheid en ’n tekort aan behuising. Die gevolg is onwettige grondbesettings en ander vorme van onwettige behuising. Beloftes van behuising deur die staat realiseer ook nou al jare lank nie. Mense sonder heenkome word dus net meer en die armoede al hoe groter. Nuuspod het Cloetesville in Stellenbosch besoek om self te sien hoe erg die probleem is en die verslag saamgestel.
Show more...
5 years ago
15 minutes 47 seconds

Nuuspod
Die ANC wankel, maar Cyril is sterker as wat baie dink - in gesprek met prof Dirk Kotzé

As ’n mens uitsprake op sosiale media asook berigte in die hoofstroom-media moet glo, is die ANC in die moeilikheid na die party se swak hantering van Covid19. Om alles te kroon word bedrog en korrupsie met hulpfondse bykans daagliks blootgelê. Dit het daartoe gelei dat Twittergebruikers die hashtag VoetsekANC begin versprei het. Suid-Afrikaners is ook verontwaardig oor die gebrek van optrede deur president Cyril Ramaphosa. Nuuspod het in die lig hiervan aan prof. Dirk Kotze, politieke ontleder aan Unisa, gevra of die party probleme het.

Show more...
5 years ago
32 minutes 17 seconds

Nuuspod
Die Wes-Kaap is net 'n paradys vir die wat ryk en/wit is - 'n gesprek oor ongelykhede en armoede met Quinton Adams

Daar heers 'n vuurwarm debat oor die afstigting van die Wes-Kaap. Die redes wat aangevoer word is beter infrastruktuur en dienslewering. Op die wyse word die Wes-Kaap voorgehou as 'n paradys teenoor die res van die land. En dit lyk inderdaad soos 'n ander wêreld in Wes-Kaapse dorpe. Maar net tot jy dieper begin krap. Arm woonbuurte lyk nie soos ander woonbuurte in die Kaap nie. Inteendeel, hier heers dieselfde soort verval, slaggate, strate wat riviere van riool is, huise wat oorstroom word deur riool. Dit laat sommige mense meen die Wes-Kaap bestaan uit enklawes wat net vir ryk mense en wit mense beskore is. Nuuspod het aan die sielkundige Quinton Adams, bekend as The Shack Builder, gevra hoe groot en wyd die probleem van armoede in die Wes-Kaap strek. Dit is die eerste in 'n reeks gesprekke wat Nuuspod oor die onderwerp gaan voer. As jy die rou werklikheid van armoede in die Wes-Kaap so bietjie beter wil verstaan, moet jy die onderhoud luister. 

Show more...
5 years ago
40 minutes 12 seconds

Nuuspod
Nou gaan die twak eers spat!
Die verbod op sigaretverkope tydens fase vyf tot drie van die grendeltydperk het die onwettige sigaretbedryf ’n groot hupstoot gegee. Miljarde rand se wins is gemaak en die staat het ’n enorme verlies aan belastinginkomste gely. Die skrywer en oud-inkomstediensman, Johan van Loggerenberg, het aan Nuuspod gesê die verbod het ’n reeds wankelende stryd teen smokkelhandel verder verdiep, met nuwe rolspelers wat tot die kryt toegetree het.
Show more...
5 years ago
44 minutes 2 seconds

Nuuspod
CapeXit is 'n poep teen die Suidooster

In die tweede deel van ons gesprek oor CapeXit, praat Nuuspod met die grondwetkenner prof Pierre de Vos oor die vraag of afstigting van die Wes-Kaap moontlik is. 

Show more...
5 years ago
9 minutes 6 seconds

Nuuspod
So kan CapeXit n werklikheid word

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde sê ’n referendum om die Wes-Kaap van die res van SA te laat afstig is onsinnig en hy sal dit teenstaan. Die gedagte word nou al ’n tyd lank deur verskeie groepe soos die Cape Party voorgestaan en het veral in die laaste paar maande nuwe dryfkrag gekry. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus sê Winde se stelling wys waar die DA hom in die debat plaas en dat kiesers die party by die stembus hieroor sal straf. Nuuspod het aan Mulder gevra hoekom hy die idee van afstigting voorstaan.

Show more...
5 years ago
22 minutes 13 seconds

Nuuspod
Cyril het nie genoeg guts om homself te red nie
Die skrywer en politieke kommentator Ismail Lagardien skryf in Daily Maverick dat die moontlikheid om president Cyril Ramaphosa te herroep, nie net wensdenkery is nie. Hy sê die ANC se geskiedenis dui daarop dat dit ’n werklikheid kan word. Volgens die artikel kan ’n groep in die ANC wat Radikale Ekonomiese Transformasie voorstaan, selfs met die EFF saamwerk om van Ramaphosa ontslae te raak. Die politieke ontleder prof. André Duvenhage, het drie maande gelede iets soortgelyk gesê, maar sy ontleding is nie positief ontvang nie. Nuuspod het in die lig van Lagardien se artikel met Duvenhage gepraat en aan hom gevra hoe sake in die ANC staan en wat president Cyril Ramaphosa se posisie in die party is.
Show more...
5 years ago
22 minutes 32 seconds

Nuuspod
Die sielkundige impak van korrupsie - in gesprek met prof Erwin Schwella

In die derde deel van ons reeks oor korrupsie praat Nuuspod met prof Erwin Schwella oor die sielkundige impak van korrupsie op individue en die groter samelewing, 

Show more...
5 years ago
20 minutes 18 seconds

Nuuspod
Volk Jou Ook 19

Volk Jou Ook vat n breek tot 3 Oktober

Show more...
5 years ago
2 hours 5 minutes 1 second

Nuuspod
Die praktyk van korrupsie - in gesprek met oudbrigadier Stef Grobler

In die tweede deel van ons reeks oor korrupsie praat Nuuspod met oudbrigadier Stef Grobler, voormalige hoof van die polisie se teenkorrupsie-eenheid. 

Show more...
5 years ago
32 minutes 20 seconds

Nuuspod
Die siel van korrupsie - In gesprek met prof Piet Naudé

Gewone Suid-Afrikaners sit met hul hande in die hare oor korrupsie wat elke dag deur die media ontbloot en voorgesit word. Talle voel die land is klaar oor die afgrond. Maar hoe werk korrupsie? Nuuspod het met die hoof van Universiteit Stellenbosch se Sakeskool, prof Piet Naudé hieroor gepraat.

Show more...
5 years ago
24 minutes 58 seconds

Nuuspod
Nuusbril 2 Augustus 2020 met Marlene van Staden, Juaneé Cilliers en Liela Groenwald

Maatskaplike toelaes, korrupsie, die jagverbod, wapenlisensies, natuurverskynsels en skole is op die spyskaar vir Nuusbril se paneel kundiges. Prof Juaneé Cilliers, Marlene van Staden en dr Liela Groenewald is die gaste. 

Show more...
5 years ago
44 minutes 5 seconds

Nuuspod
Barnard Beukman: So lyk nuwe toekoms vir nuusmedia

Die redakteur van  Beeld, Barnard Beukman, het aan Nuuspod verduidelik hoe die toekoms van nuusmedia lyk in die lig van  talle publikasies se sluiting. 

Show more...
5 years ago
27 minutes 6 seconds

Nuuspod
Facebook trek vermeende plaasaanvaller en moordenaar na ses jaar vas.
’n Voortvlugtende plaasaanvaller en vermeende moordenaar is vasgetrek, ses jaar na die moord van Christine Robinson naby Thabazimbi. Dit volg na ’n suksesvolle FB-veldtog om die Zimbabwiër wat vir jare vrylik in en uit SA beweeg het, vas te trek. Die onafhanklike gemeenskapsveiligheidskenner Ian Cameron het aan Nuuspod vertel wat gebeur het.
Show more...
5 years ago
6 minutes 3 seconds

Nuuspod
In gesprek met John Steenhuisen
Die DA het sy nasionale kongres as 'n aanlyn kongres vir 31 Oktober geskeduleer. Nuuspod het in die lig hiervan met die leier van die party, John Steenhuisen gepraat en aan hom gevra hoe so 'n kongres sal werk. Hy laat hom ook uit oor Helen Zille, plaasaanvalle, BLM en die ANC se swak hantering van Covid19 
Show more...
5 years ago
29 minutes 45 seconds

Nuuspod
Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.