All content for Nuuspod is the property of Izak Du Plessis and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die verbod op sigaretverkope tydens fase vyf tot drie van die grendeltydperk het die onwettige sigaretbedryf ’n groot hupstoot gegee. Miljarde rand se wins is gemaak en die staat het ’n enorme verlies aan belastinginkomste gely. Die skrywer en oud-inkomstediensman, Johan van Loggerenberg, het aan Nuuspod gesê die verbod het ’n reeds wankelende stryd teen smokkelhandel verder verdiep, met nuwe rolspelers wat tot die kryt toegetree het.