Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
TV & Film
Health & Fitness
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/5b/93/67/5b9367c7-fc9e-86f0-8f3b-0f34ae33e0b2/mza_17017318486425334832.jpg/600x600bb.jpg
Hallo, Girlie
Marunelle en Janke
26 episodes
1 week ago
Die lewe is maar gaos. Jare lange vriendinne Janke en Marunelle gesels oor die op en af van liefde, vriendskap en lewe. Luister weekliks oor ons stories, ander girlies se stories en lag lekker saam.
Show more...
Society & Culture
RSS
All content for Hallo, Girlie is the property of Marunelle en Janke and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die lewe is maar gaos. Jare lange vriendinne Janke en Marunelle gesels oor die op en af van liefde, vriendskap en lewe. Luister weekliks oor ons stories, ander girlies se stories en lag lekker saam.
Show more...
Society & Culture
Episodes (20/26)
Hallo, Girlie
S3 Ep4: Dieet dilemmas

Hallo Girlies, in hierdie episode gesels ons oor die dilemma van dieëte & gewigsverlies metodes.

Antonnette van Bridging the Gap gaan vir ons vertel wat in haar opinie regtig werk en wat net 'n foefie is. Ons gesels lekker oor die vreemdste dinge wat ons en ons vriendinne al gedoen het om gewig te probeer verloor en wat ons hoor ander mense probeer. Daarna bespreek ons hoekom mense so "obsessed" is met vinnige oplossings en beperkende diëte, insluitend Keto, Intermittent Fasting, Low Carb en ander “crazy diets” soos net eiers of Special K. Ons kyk ook na ander gewilde diëte soos Mediterreens, Paleo en Whole30, en gesels oor wat werk, wat nie werk nie, en hoe om ‘n gebalanseerde en volhoubare benadering tot gewigsverlies te handhaaf. Vir meer navrae pos gerus vir Antonnette: admin@bridgingthegapcoaching.org

www.bridgingthegapcoaching.org

Volg haar op Instagram:

@bridgingthegap_coaching

Ander mentors om te volg:

Dr Mark Hyman and Dr Josh Sax


Show more...
2 months ago
34 minutes 46 seconds

Hallo, Girlie
S3 Ep3: Rooi, Geel & Groen Robot (jou 3 lysies)

In vandag se episode van Hallo, Girlie deel ek iets prakties uit die boek "True Love Dates" deur Debra Fileta – die Rooi, Geel & Groen “robot-teorie” vir jou liefdeslewe. Ons praat oor:

1. Die rooi lysie wat jy NOOIT moet ignoreer nie 2. Die geel tekens waar jy versigtig moet wees 3. Die groen eienskappe wat jy rêrig in ’n maat soek


Of jy nou single, date of verloof is – hierdie episode gaan jou help om duidelik en prakties oor jou standaarde te dink en te belê in iets meer volhoubaar en bekombaar vir jou en jou toekomstige lewensmaat.

Show more...
3 months ago
43 minutes 20 seconds

Hallo, Girlie
S3 Ep 2: Thirteen going on 30 & bietjie lewenslesse

Hallo, Girlieee!


Ek het 30 geword. Dit raak net beter!


In hierdie episode deel ek: ’n GLOW-UP segment (dinge wat ek nou sonder skuldgevoel vir myself doen... van perms tot Invisalign!), Lewens-lesse uit die laaste 30 jaar van my lewe as ’n spontane, liefde-soekende, soms-oorweldigde, maar altyd hoopvolle girlie, hoe dit voel om nou in ’n gesonde verhouding te wees ná jare van mense met victim mentalities, selfsorg, sagtheid, grense, therapie en hoekom jy nie meer oor 4 ure se slaap moet brag nie, en natuurlik die belangrikheid van reis, community ens


Hierdie episode is vir enige iemand wat hulself beter wil leer ken, wil groei, wil blom… en net wil weet: jy’s nie alleen nie.


Luister nou op Spotify & Apple Podcasts.

Volg ons op Instagram @HelloGirliePodcast en stuur ’n DM as jy relate!

Nuwe episodes elke Dinsdag.

Show more...
3 months ago
35 minutes 3 seconds

Hallo, Girlie
S3 Ep 1: Terug op die lug & Die 1 -maand-reël

Hallloooo, girlies!

Na ’n lang break is ons amptelik terug! Die Hallo Girlie Podcast is weer in jou ore, en ons is sooo opgewonde vir hierdie nuwe seisoen.


In vandag se dubbel episode vang ons op oor waar ons was (spoiler: life was lifing), hoekom ons hierdie platform begin het, en hoekom ons weer die mikrofone aangeskakel het. As jy nuut is – welcome back, Girlies! Hierdie is die platvorm waar ons die gesprekke voer wat jy dalk nie altyd iemand voor het nie… maar nou het jy vir ons!


Kom ons gesels oor iets wat ELKE girlie moet hoor:

Die Eenmaand-Reël.

As jy vir vier weke met iemand chat, kuier, vibe en daar’s nog steeds geen planne, geen duidelikheid, geen moeite nie… dan is dit dalk nie ’n verhouding nie, dis ’n tydmors.


As jy al ooit in ’n “wat is ons?” situasie was dan is hierdie episode is vir jou.


Stuur vir ons ’n DM @hallo_girliePodcast as jy iets op die hart het of ’n onderwerp wil voorstel vir ’n volgende episode.


Show more...
3 months ago
32 minutes 38 seconds

Hallo, Girlie
S2 Ep 5: Saambly voor jy trou?
Vir hierdie week se episode van die Hallo Girlie podcast, praat ons oor al die verskillende fases van "saam bly." Ons gaan gesels van jou gesin, na die oorgang in die koshuis, en later, die avontuur om 'n huis met jou vriende te deel. Ons kyk ook na die idee van saam woon voor jy trou, en wat om te doen as jou ouers nie saamstem dat jy en jou kêrel wil saamwoon nie. Plus, ons help een van ons luisteraars met haar dilemma! Moet nie die episode misloop nie.
Show more...
7 months ago
1 hour 5 minutes 30 seconds

Hallo, Girlie
S2 Ep4: Dis jou persoonlikheid

Ons was bietjie flakey... Lewe gebeur en ons gaan meer betroubaar wees okay :) In hierdie episode gesels die girlies oor die verskillende persoonlikheidstipes en hoe dit ons lewe beïnvloed. Arina deel haar insigte oor die Enneagram persoonlikheidstoets en hoe jy jouself beter kan verstaan. Maar moenie bekommerd wees nie, ons maak die gesprek lekker met ‘n grappige draai: ons klassifiseer die ouens as tipes honde! 🎧🐶 Lekker luister en kom leer saam met ons!

Show more...
7 months ago
57 minutes 57 seconds

Hallo, Girlie
S2 Ep3: Groener weivelde, homesick en salarisonderhandelinge

In hierdie week se episode gesels ons met Jodie. Sy het onlangs emigreer na Engeland saam haar man. Ons gesels oor warna hul verlang, uitsien en hoe om die homesick gevoel te hanteer. Ons help ook 'n mede Girlie met 'n salaris dilemma. Lekker luister!

Show more...
8 months ago
1 hour 42 seconds

Hallo, Girlie
S2 Ep2: Wit Olifant... Geldsake in jou 20s
S 2 Episode 2: In hierdie week se episode gesels ons met Reinhardt, 'n CIMA kerk in Kaapstad, wat sy passie vir beleggings en finansiële besluite met ons deel. Hy praat oor hoe belangrik dit is om finansies behoorlik te bestuur, selfs al klink dit dalk boring. Ons kyk na rooi vlae in verhouding spesifiek oor geld sake ,soos kompulsief koop en of jy en jou maat julle geld verstandig bestee. Ons bespreek die basiese beginsels van spaar, skuld, en hoe jy oor finansies met jou maat moet gesels. Goue les: jy gaan nie spyt wees as jy nou al begin spaar nie – dit begin met klein stappe! Reinhardt gee praktiese wenke soos hoe om lojaliteitsprogramme te gebruik en hoe jy in jou 20's jou geldsake moet reg kry... en wie weet, teen die einde van die jaar is ons dalk almal online traders!
Show more...
8 months ago
44 minutes 40 seconds

Hallo, Girlie
S2 Ep 1: Hallo, Girlies ons is terug
In ons eerste episode van seisoen 2 is die Hallo, Girlie podcast terug! Ons bespreek alles van 'n lekker terugblik oor die jaar tot nou, en hoe ons opgewonde is oor die nuwe formaat en ander opwindend dinge! Hierdie week praat ons oor Valentyns dag, Galantines dag, en waarom dit so belangrik is om liefde aan jou geliefdes te wys. Ons gesels oor wat kerels en meisies vir Valentynsdag geskenke koop, en hoe sommige mense meer oorspronklik is as ander. Ook deel Janke haar ervaring van haar eerste Kersfees saam met haar kêrel. Ons lag lekker oor van al die snaakse WhatsApp-groepname waarop ons is, en deel 'n paar stories! En dan het ons ook 'n dilemma oor Valentynsdag - wat gebeur wanneer jou ou se prioriteite nie pas nie? Luister saam na lekker gesprekke en lekker lag & geniet jou Dinsdag!
Show more...
9 months ago
44 minutes 35 seconds

Hallo, Girlie
Ep 17: TTFN (TATA FOR NOW)

In hierdie episode gesels die girlies oor die hoogte- en laagte punte van 2024 (for the plot!). Ons rangskik ook die beste dates, slegste dates, mooiste stories en snaaksste byname van 2024.

Ons sluit af vir 2024 en sien julle volgende jaar vir 'n groter, beter en natuurlik chaotiese 2025.

XOXO DIE GIRLIES

Show more...
1 year ago
43 minutes 38 seconds

Hallo, Girlie
Ep 16: Ons super sweet sixteen

In hierdie week se episode besin die girlies bietjie oor hoeveel tyd jy moet neem om oor 'n gebroke verhouding te kom, voordat jy met 'n nuwe een begin. Is dit moontlik om 'n formule daaraan te koppel?


Verder gesels Maru en Janke oor moeilike onderwerpe, soos dating en body image, pretty privelege en die druk wat ons girlies daagliks ervaar, om aan die samelewing se standaarde te voldoen.


Kom luister gerus saam!

Show more...
1 year ago
44 minutes 12 seconds

Hallo, Girlie
Ep 15: Botox of Notox?

In hierdie week se episode gesels die girlies oor mense se voorkeure wanneer dit by kosmetiese prosedures kom. Hoe voel mense regtig oor fillers en botox? Sou meer van ons dit gekry het as dit goedkoper was?

Verder bespreek Janke en Marunelle twee dilemmas van mede-girlies:

Mag 'n mens ooit jou vriendin se eks date, of is "girl-code" nie regtig 'n ding nie?

Hoe moet mens maak wanneer jou roommate se kêrel net heeltyd by julle huis uithang en al jou warm water opgebruik?


Al hierdie en nog meer wag vir julle in hierdie week se chaotiese (hoe dan anders) episode. Geniet hom!

Show more...
1 year ago
51 minutes 46 seconds

Hallo, Girlie
Ep 14: Vir al die Frikkies

In hierdie week se episode gesels die girlies oor die unieke byname wat meisies vir ouens gee om "incognito" oor hulle te kan gesels (if you know... you know).


Die girlies bespreek ook 'n slegte dating scenario waarin 'n luisteraar haarself bevind het toe 'n man geld by haar terugeis nadat sy die verhouding beëindig het, sodat sy hom kan "terugbetaal" vir al die dates waarop hy haar gevat het. Absoluut mal!


Laastens gee die girlies ook raad aan 'n raadop ou wie treur oor 'n meisie wat "all-in" was en toe van plan verander het.


Lekker saam-luister!

Show more...
1 year ago
44 minutes 30 seconds

Hallo, Girlie
Ep 13: Is romanse dood?

Hallo girlies!

In hierdie week se episode gesels Marunelle en Janke oor meisies se verwagtige van romanse in verhoudings, is dit dalk té onrealisties?

Kom luister ook saam na twee girlies se dilemmas: Wat gemaak as jou beste vriendin beweer jy steel haar droomtroue? Mag 'n mens nee sê as iemand jou vra om haar strooimeisie te wees?


Show more...
1 year ago
40 minutes 12 seconds

Hallo, Girlie
Ep 12: Mama's boys hul mammas

In hierdie week se episode gesels die girlies oor groot nuus: Janke het haar eerste amptelike-regte-egte kêrel!

Die girlies raak ook die ongemaklike onderwerp van "check-ups" aan en veral daardie tipe afsprake wat ons graag vermy.

Janke en Marunelle gesels verder ook oor die verwagting wat geskep word dat jy "besties" moet word met jou kêrel se vriende se meisies en dat dit nie nodig is nie.


Lekker saam luister!

Show more...
1 year ago
37 minutes 4 seconds

Hallo, Girlie
Ep 11: Daar's 'n nuwe girl in die dorp

In hierdie week se episode gesels die girlies oor 'n verskeidenheid sake, maar wat anders kan van goeie "girl chats" verwag word.

Janke en Marunelle gesels oor wat mans aantreklik maak, is dit hul kennis, 'n goeie persoonlikheid, of dalk geld?

Verder word raad gegee aan iemand wie nuut in 'n dorp is en sukkel om in te skakel, en aan 'n girlie wat nie van haar vriendin se boyfriend hou nie.

Kom luister saam!

Show more...
1 year ago
34 minutes 57 seconds

Hallo, Girlie
Ep 10: 27 Dresses en 3de wiele

In hierdie episode gesels die girlies oor die moderne neigings van kombuistees en bachelorettes.

Ander vrae waaroor ons in hierdie episode dink: kan mens vriende bly met jou "eks"? Hoekom nooi sommige vriendinne altyd hul kêrel saam na alles toe? Waarom moet mens jou kêrel altyd vra vir wat jy nodig het?

Show more...
1 year ago
47 minutes 41 seconds

Hallo, Girlie
Ep 9: Ek is verlief op my beste vriend

In hierdie week se episode gesels ons oor die vreemdste skinnerstories en "age gaps" in verhoudings.

Luister ook saam na hoe Janke en Maru hierdie week se liefdes-scenario's probeer ontrafel.

Wat moet jy doen as jy verlief is op jou beste vriend? Hoe gemaak met 'n ou wat jou geghost het en na maande weer dinge probeer aanknoop?

Show more...
1 year ago
42 minutes 55 seconds

Hallo, Girlie
Ep 8: Fake it till you make it!

In hierdie episode gesels die girlies oor selfvertroue en brei ook uit oor praktiese voorbeelde oor hoe om jouself te "rat" vir oomblikke waar mens daardie ekstra hupstoot nodig het. Neem jou spasie op en own dit!

Ons gesels ook oor die sosiale stigma rondom vrouens se sukses in hul beroepe en spekuleer oor die rol van die man in die moderne samelewing.

Show more...
1 year ago
49 minutes 29 seconds

Hallo, Girlie
Ep 7: Top tips oor dating apps

Wat om te doen (en nie te doen), wat om te sê (en nie te sê) as dit kom by jou aanlyn dating profiel.

Ons gesels ook oor online ontmoetings wat in-persoon ontmoetings word en ander dating wenke.


Luister en gesels lekker saam.

Show more...
1 year ago
49 minutes 11 seconds

Hallo, Girlie
Die lewe is maar gaos. Jare lange vriendinne Janke en Marunelle gesels oor die op en af van liefde, vriendskap en lewe. Luister weekliks oor ons stories, ander girlies se stories en lag lekker saam.