Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
Health & Fitness
Technology
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Podjoint Logo
US
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/82/f9/e3/82f9e374-720e-ce10-292d-25bf28dbc4ee/mza_16488178150293439658.png/600x600bb.jpg
ekerk Lewendig | Die Podcast
ekerk
79 episodes
6 hours ago
Welkom by ekerk Lewendig se Podcast. By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak. Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is. www.ekerk.org
Show more...
Religion & Spirituality
RSS
All content for ekerk Lewendig | Die Podcast is the property of ekerk and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Welkom by ekerk Lewendig se Podcast. By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak. Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is. www.ekerk.org
Show more...
Religion & Spirituality
Episodes (20/79)
ekerk Lewendig | Die Podcast
God se spons is groter as jou skaal | Pierre Engelbrecht
God se spons is groter as jou skaal. Ons leef met soveel skale: prestasie, vergelyking, skuld en skaamte.   Kom kuier saam met 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 waar ons kuier rondom Psalm 103 wat ons nooi na ’n ander beeld: God hou nie ’n skaal nie, maar ’n spons. Ontmoet die God wat nie weeg nie, maar skoonvee. #eKerk #eKerkLewendig #Preek
Show more...
6 hours ago
24 minutes

ekerk Lewendig | Die Podcast
Jy het 'n lewensdoel: Jesus s'n | Stephan Joubert
Stephan Joubert deel die Woord met die tema: “Jy het ’n lewensdoel: Jesus s’n.” Moenie hierdie geleentheid mis nie. Almal is welkom! #eKerk #ekerklewendig #preek #stephanjoubert
Show more...
1 week ago
26 minutes

ekerk Lewendig | Die Podcast
Skuif jou kyk, jou dink en doen: Godwaarts! | Stephan Joubert
Stephan Joubert deel die Woord met die tema: “Skuif jou kyk, jou dink en doen: Godwaarts!”   Moenie hierdie geleentheid mis nie! Almal is welkom! Kom ervaar saam hoe God se Woord ons lewens verander.
Show more...
2 weeks ago
26 minutes

ekerk Lewendig | Die Podcast
As valse sekerheid jou godsdiens word | Pierre Engelbrecht
Wat gebeur as dit waarop jy jou sekerheid bou, jou eintlik mislei?Pierre Engelbrecht gesels met ons oor: “As valse sekerheid jou godsdiens word” Kom luister hoe God ons roep na ’n geloof wat standhoudend is – nie gebou op illusies nie, maar op Christus alleen. #eKerk #eKerkLewendig #Preek #PierreEngelbrecht
Show more...
3 weeks ago
22 minutes

ekerk Lewendig | Die Podcast
Reg onderweg tot by die wederkoms | Stephan Joubert
Stephan Joubert deel God se Woord met die tema: “Reg onderweg tot by die wederkoms” #eKerk #eKerkLewendig #Preek #Stephan Joubert
Show more...
3 weeks ago
25 minutes

ekerk Lewendig | Die Podcast
Groter as jou grootste gemors | Pierre Engelbrecht
Het jy ook al gevoel jou lewe is ’n gemors? Druk van werk. Finansies wat knyp. Verhoudings wat pla. Selfs jou eie gedagtes wat jou nie los nie … Die goeie nuus: jou gemors is nooit die laaste woord nie en jy word nie afgeskryf agv jou gemors nie. Kom kuier saam met Pierre Engelbrecht waar ons saam kyk hoe God se genade altyd groter is as jou grootste gemors. Jy hoef nie eers jou gemors weg te steek nie – God ontmoet jou presies in jou gemors. #EkerkLewendig #GroterAsJouGrootsteGemors
Show more...
1 month ago
25 minutes

ekerk Lewendig | Die Podcast
Hoop loop – reg of weg. Maak jou keuse! | Stephan Joubert
Ons nooi jou as deel van die eKerk familie na ons eKerk Lewendig Preek – want God leef en Sy Woord bring lewe! Ons saam met Stephan Joubert oor sy tema: “Hoop loop – reg of weg. Maak jou keuse!” Almal is welkom – sien jou aanlyn!
Show more...
1 month ago
28 minutes

ekerk Lewendig | Die Podcast
God lei jou nie uit die wêreld nie, maar in die wêreld | Pierre Engelbrecht
Ons dink soms God se leiding beteken Hy haal ons uit ons uitdagings uit. In Handelinge 16 wys Lukas vir ons dat God ons lei in ons wêreld – in ons werk, gesin, ekonomie en konteks – en gebruik ons juis daar vir verandering. Vir Sy verandering! Kom ontdek hoe die Gees jou lewe kan lei in die wêreld waar jy elke dag leef. #EkerkLewendig #Preek #GodLeiInJouWêreld
Show more...
1 month ago
23 minutes

ekerk Lewendig | Die Podcast
Doen wat G.O.A.T. doen - Fokus op Jesus | Stephan Joubert
Ons kuier saam met Stephan Joubert rondom sy tema: "Doen wat G.O.A.T. doen - Fokus op Jesus" eKerk Lewendig, omdat Jesus lewendig is en die Bybel lewe bring. Tydens hierdie geleentheid gesels ons saam oor hoe ons hierdie waarheid uitleef vanuit die Bybel.   #eKerk #eKerkLewendig #Preek
Show more...
1 month ago
24 minutes

ekerk Lewendig | Die Podcast
God se “pin drops” vir jou geloofslewe | Pierre Engelbrecht
Het jy al gevoel jou lewe is ’n bietjie van die pad af? Kom ontdek hoe God se “pin drops” in Jakobus 1 jou geloofslewe weer op koers kan bring. Pierre Engelbrecht deel ’n praktiese boodskap wat jy nie wil mis nie. Kom kuier saam en kry nuwe rigting vir jou geloofspad. #eKerkLewendig #PinDrops #Jakobus1
Show more...
2 months ago
26 minutes

ekerk Lewendig | Die Podcast
Bekommernis is lewensgevaarlik | Stephan Joubert
Luister saam na Stephan Joubert en ontdek uit die Bybel hoe God ons roep na ’n ander manier van leef. 'n Lewe met minder vrees en meer rus. #eKerk #eKerkLewendig #bekommernis
Show more...
2 months ago
25 minutes 27 seconds

ekerk Lewendig | Die Podcast
[ BYBELSKOOL ] Vergeet of nie - jou geheue of jou geloof? Deel 2 | Stephan Joubert
Hoe speel jou geheue in op jou geloof? Wat moet ons onthou – en wat moet ons dalk leer om te vergeet? Sluit aan by twee diep en eerlike aande saam met Stephan Joubert by eKerk Lewendig se Bybelskool. #eKerkLewendig #Bybelskool #StephanJoubert #GeloofEnGeheue
Show more...
2 months ago
29 minutes 43 seconds

ekerk Lewendig | Die Podcast
Die ryk dwaas | Johan Beukes
Welkom! Vandag kyk ons na die bekende verhaal van die ryk boer uit Lukas 12. Hy was 'n man wat in die wêreld se oë suksesvol en finansieel slim was. Maar Jesus se oordeel skok: Hy noem hom 'n dwaas!Hoekom? Die antwoord is nie wat jy dink nie. Dit is baie dieper as dit. Luister en ontdek die dieper betekenis van hierdie verhaal vir jou eie lewe!
Show more...
2 months ago
26 minutes 21 seconds

ekerk Lewendig | Die Podcast
[ BYBELSKOOL ] Vergeet of nie - jou geheue of jou geloof? Deel 1 | Stephan Joubert
Hoe speel jou geheue in op jou geloof? Wat moet ons onthou en wat moet ons dalk leer om te vergeet? Sluit aan by twee diep en eerlike aande saam met Stephan Joubert by eKerk Lewendig se Bybelskool. #eKerkLewendig #Bybelskool #StephanJoubert #GeloofEnGeheue
Show more...
2 months ago
28 minutes 9 seconds

ekerk Lewendig | Die Podcast
Impuls of Intensie: Wysheid bo die kortpad | Pierre Engelbrecht
In ’n wêreld van onmiddellike bevrediging en vinnige kortpaaie, roep Jakobus ons terug na wysheid, karakter en ’n stadiger, dieper geloofsreis. Moet ek net doen wat ek voel? Of is daar ’n ander pad — een van intensie en volharding? Wat doen jy met daardie impuls ná ’n lang dag? Of daardie lus vir beheer, vir beter voel, vir erkenning? Kom kuier saam rondom die Bybel waar Pierre Engelbrecht vir ons help hoe om die teiken van God se wil nie te mis nie. #eKerkLewendig
Show more...
2 months ago
22 minutes 7 seconds

ekerk Lewendig | Die Podcast
Bekeer baie keer, want God is genadig | Stephan Joubert
Kuier saam as eKerk-familie vir 'n preek deur Stephan Joubert! Sy tema, "Bekeer baie keer, want God is genadig", herinner ons aan die onmeetlike genade van God!   #eKerk #genade #Preek
Show more...
3 months ago
28 minutes 5 seconds

ekerk Lewendig | Die Podcast
Kyk soos Jesus. Leef soos Jesus in die regte lewe | Stephan Joubert
Hoe kyk jy na jou wêreld? Kom ontdek wat dit beteken om te kyk soos Jesus en te leef soos Hy — in die regte lewe, met al sy uitdagings.   Stephan Joubert is aan die woord met die tema: "Kyk soos Jesus. Leef soos Jesus in die regte lewe." Jy’s welkom soos jy is — ons reis saam.   #eKerkLewendig #LeefSoosJesus
Show more...
3 months ago
22 minutes 54 seconds

ekerk Lewendig | Die Podcast
God se goedheid vloei deur ons | Pierre Engelbrecht
Jy het al genoeg gesien van 'n wêreld wat rou is. Wat as God se goedheid regtig deur mense soos ek en jy wil vloei?   Kom kuier saam met Pierre Engelbrecht tydens ons eKerk Lewendig Preek en kom hoor hoe God jou nie net verander nie, maar jou ’n draer van Sy goedheid maak – in jou werk, vriende, gesin en elke gewone dag.
Show more...
3 months ago
19 minutes 29 seconds

ekerk Lewendig | Die Podcast
Moenie klets en “kwebbel” nie. Bid reg! | Stephan Joubert
Is jou gebede net nog een item op jou to-dolys? Of raak jy regtig stil genoeg om met God te praat – en Hom te hoor? Kuier saam met Stephan Joubert en hoor hoe gebed méér as woorde is. Dis nie kletsery met God nie. 
Show more...
3 months ago
24 minutes 59 seconds

ekerk Lewendig | Die Podcast
Kruis bo kultuur – want relevansie red nie | Pierre Engelbrecht
Kruis bo kultuur: Relevansie mag aanpas… maar net Christus red.   In ’n wêreld waar almal jou vertel hoe om te lyk, praat, leef en glo – wys Paulus vir ons iets radikaal anders: Die kruis van Christus is nie ’n byvoeging tot jou styl nie, dit’s die begin van ’n nuwe skepping.   Pierre Engelbrecht preek by eKerk Lewendig en nooi jou uit om saam te ontdek wat dit beteken om as gelowige nie net kultureel relevant nie, maar geestelik geanker te leef.   #eKerkLewendig #KruisboKultuur
Show more...
3 months ago
22 minutes 39 seconds

ekerk Lewendig | Die Podcast
Welkom by ekerk Lewendig se Podcast. By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak. Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is. www.ekerk.org