Home
Categories
EXPLORE
Society & Culture
True Crime
History
Education
Religion & Spirituality
News
Business
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
Loading...
0:00 / 0:00
Podjoint Logo
MA
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts125/v4/d6/b0/ab/d6b0abc8-96da-89df-4106-44e5166ecf99/mza_12602330533127194135.jpg/600x600bb.jpg
Wiele2Wiele
Maroela Media
150 episodes
1 week ago
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Show more...
Automotive
Leisure
RSS
All content for Wiele2Wiele is the property of Maroela Media and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Show more...
Automotive
Leisure
Episodes (20/150)
Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry Triton en Tiguan
Hierdie week vir Wiele2Wiele leer hulle jou om te sleep soos ’n ‘pro’ met die Ford Ranger. Hulle spandeer tyd met die Mitsubishi Triton-bakkie, toets die Volkswagen Tiguan en gesels oor waardevermindering. Hulle verduidelik die verskil tussen ’n uitlaatsisteem-passer en ’n vervaardiger. Daar is ook al die jongste nuus uit die motorfietsbedryf.
Show more...
2 days ago
25 minutes 32 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry Volvo se vlagskip-sportnuts
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle in luuksheid met Volvo se splinternuwe vlagskip-sportnuts – die EX90. Hulle vertel jou meer oor Lexus se opgradering van sy LX-sportnuts en raak nostalgies oor ’n besonderse boek - 60 Years of Porsche Racing at Kyalami. Daar word ook gesels oor pantserveiligheid wat nou meer bekostigbaar is met die SVI Light-pakket en kyk na International Female Ride Day wat in Mei plaasvind.
Show more...
1 week ago
25 minutes 54 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele brul met M5, Mini Aceman en slim wenke
Hierdie week vat Wiele2Wiele jou saam op ʼn rit in die splinternuwe adrenalienbelaaide BMW M5, en hulle maak kennis met die jongste lid van die Mini-familie – die nuwe Aceman. Daar is ook ʼn waardevolle motorwaarde- en tegniese wenk, plus alles wat jy wil weet oor Funduros en opwindende veldmotorfiets-kompetisies.
Show more...
2 weeks ago
25 minutes 45 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele skop stof op met nuwe Duster
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar ‘n uitdaging: Wees kop- en lyffiks vir die uitmergelende Fortuner Challenge! Die beloning: ’n nuwe Toyota Fortuner GR-Sport! Die langverwagte, splinternuwe Renault Duster is ook hier en laat die koppe behoorlik draai. Daar is raad van get\Worth oor die faktore wat jou motor se waarde bepaal en hulle gesels met Martin Camp, wat sy visier stel op die 2026 Dakar-ren op ’n Kove-motorfiets.
Show more...
3 weeks ago
26 minutes 3 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met Touareg en Everest
In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die baie gewilde VW Touareg en Ford se vlagskip-sportnuts, die Everest Platinum. get\Worth gee dan vir jou slim raad oor hoe om jou voertuig se koop of verkoop beter te beplan. Hulle kyk ook na waarheen die energie gaan wat jy in jou tenk gooi en bring vir jou agter-die-skerms MotoGP-nuus.
Show more...
1 month ago
24 minutes 22 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele: Nuwe P300-bakkie onder die loep
In hierdie episode van Wiele2Wiele besoek hulle die BMW-aanleg in Rosslyn buite Pretoria om te sien waar die nuwe vierde generasie BMW X3 gebou word. GWM het sy nuwe P300-bakkie bekend gestel en daar is ’n waardevolle wenk oor motorwaarde. Die ‘Kerk, Karre & Koffie’-geleentheid kom ook onder die loep en vir 2Wiele word daar onder meer oor die eerste MotoGP-ren gesels.
Show more...
1 month ago
25 minutes 45 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele maak kennis met MG se Cyberster
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode maak hulle kennis met MG se pragtige Cyberster. Met sy skêr-deure en 0-100 km/h in net 3,2 sekondes, is dit meer as net 'n sportmotor – dit is 'n belewenis! Wat bepaal die waarde van jou motor? Mariantha van get\Worth gaan vir jou die antwoord gee. Daarna gesels die span oor ‘Kerk, karre en koffie’. Dit was ook die eerste rondte van die MRSSA-renne en hulle vertel jou alles daarvan.
Show more...
1 month ago
25 minutes 31 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met Jac T9-bakkie
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe driedeur-Mini Cooper, ervaar die Chinese JAC T9-bakkie en leer meer oor waardevermindering saam met get\Worth. Hulle raak ook nostalgies oor motortegnologie met ’n 1973 VW Beetle. Vir 2Wiele gesels hulle oor Martin Camp wat gaan deelneem aan die SA Safari Rally op ’n Kove-motorfiets, en ook oor MotoGP en WorldSBK.
Show more...
1 month ago
26 minutes 9 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met BMW M760e
Wiele2Wiele het ’n draai by die Volkswagen Indaba gaan maak en raak opgewonde oor alles wat op pad is - selfs Italiaanse wiele! Hulle gaan ry in luuksheid met ’n ‘spa’ op wiele - BMW se M760e. Daar is waardevolle tweedehandse motorwaarde-wenke en die Motorcycle Racing Series South Africa (MRSSA) gaan amptelik afskop met die Suzuki 8R Cup wat bekostigbare motorfietsrenne moontlik maak.
Show more...
1 month ago
25 minutes 29 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele gesels oor MG se nuwe SA hoofstuk
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode vertel hulle jou meer oor MG se bekendstelling van sy ZS- en HS-sportnutsmodelle in Suid-Afrika. Die Ford Ranger Platinum is ’n luukse bakkie met ’n klomp tierlantyntjies en get\Worth bring vir jou ’n motorwaardewenk. Clinton Pienaar kuier in die ateljee, gesels oor Project-X en bespiegel oor die MotoGP-seisoen.
Show more...
2 months ago
25 minutes 38 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry opgeknapte Corolla Cross
Vir hierdie week se Wiele2Wiele-episode het hulle met die opgeknapte Toyota Corolla Cross gaan ry. Die Cross is Suid-Afrika se topverkoper-sportnuts. Hulle het ook die SOMI (State of the Motor Industry)-geleentheid bygewoon, sit die kollig op die MG HS en verduidelik die verskil tussen ‘nuut’ en ‘opgegradeer’ in die week se tegniese wenk. Laastens gesels hulle oor die ikoniese Suzuki TL 1000 S-motorfiets.
Show more...
2 months ago
25 minutes 37 seconds

Wiele2Wiele
'Wiele2Wiele' draai by die Haval H7 en Dakar-veldtydren
Hierdie week stel GWM hulle nuwe Haval H7 bekend wat soos ʼn paal bo water uitstaan met sy unieke styl en kenmerke. Hulle draai die fokus na die MG ZS en gaan loer na getWorth se resensies op Google. Daar is ook ʼn volledige verslag oor die 2025 Dakar-veldtydren en die podiumresultate van ons trotse Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika-renspan.
Show more...
2 months ago
24 minutes 39 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux
In hierdie episode van Wiele2Wiele skyn hulle die kollig op die MG Cyberster, ry meer as 4 000km met die Hilux Raider 48V en spandeer tyd met die Omoda C9. Hulle gesels oor die brandstofkwaliteit in Suid-Afrika en oor die KTM-bom wat einde 2024 gebars het.
Show more...
2 months ago
25 minutes 33 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele gesels MG en Dakar
Vir die eerste Wiele2Wiele-program van 2025 gesels hulle met Joe Pretorius, bemarkingsbestuurder van MG Motor SA, oor MG se ryke geskiedenis van meer as 100 jaar en sy terugkeer na Suid-Afrika. Hulle kyk ook na interessante feite en insigte oor die 2025 Dakar-ren wat tans aan die gang is.
Show more...
3 months ago
26 minutes 2 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele: Land Rover se Defender 90 D300 onder die loep
In die laaste Wiele2Wiele-episode vir 2024 word daar Land Rover se Defender 90 D300 gesels. Daar word ook oor 2025 se Dakar-ren gesels en hulle vertel jou meer oor al die Suider-Afrika deelnemers wat in aksie gaan wees. Soek jy bewyse dat get\Worth werklik kwaliteit beloon? Hulle gaan vir jou praktiese voorbeelde gee.
Show more...
4 months ago
26 minutes 26 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met Volvo se inprop-XC90
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele ry hulle met Volvo se luukse XC90 T8 Recharge sportnuts, spandeer tyd in Ford se Territory en geniet Suzuki se uitstekende nuwe Swift-buksie. Daar is handige raad vir die langpad en ’n Honda-motorfiets vir enige smaak en begroting.
Show more...
4 months ago
24 minutes 39 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met nuwe Triton-bakkie en opgeknapte Creta
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele deel Renault Suid-Afrika opwindende nuus, die splinternuwe Mitsubishi Triton maak sy verskyning en Hyundai het hul gewilde Creta opgeknap. Jy sal moet spring vir get\Worth se "Crazy Deals" van November! Honda Tygerberg hou ’n opedag vir motorfietsentoesiaste, en die manne gesels oor ’n monster van ’n ysterperd.
Show more...
4 months ago
25 minutes 26 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele toetsbestuur Monster-Merc
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele toetsbestuur hulle die lang slap Mercedes-AMG GT 63 E Performance - ’n monster met Formule 1-tegnologie, 620 kW en ’n ongelooflike 1 470 Nm wringkrag. Nissan stel ook sy nuwe Magnite bekend, propvol moderne tegnologie. Nicol en Mariantha van get\Worth pak ’n prettige karspeletjie aan en Clinton bring vir jou ’n opsomming van die 2024 MotoGP-kampioenskap.
Show more...
4 months ago
26 minutes 44 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met Omoda C9 en nuwe Swift
In hierdie episode van Wiele2Wiele spandeer hulle tyd met die luukse Omoda C9 en Suzuki se splinternuwe Swift wat op almal se lippe is. Hulle gesels met Winstone Jordaan, hoof uitvoerende beampte by GridCars, om antwoorde te kry op ’n klomp brandende vrae. Daar is ook ’n lusmaker vir 2Wiele met die kragtige Yamaha MT-01 met sy 1670cc-enjin.
Show more...
4 months ago
26 minutes 22 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met Chinese Jetour X70 Plus
In hierdie episode leer Wiele2Wiele die Jetour X70 Plus van nader ken – 'n sewesitplek-sportnuts met 'n prys van R 454 900. Hulle verken ook twee Volkswagen Polo Vivo-modelle. get\Worth gaan vir November “mal” met hulle pryse en tydens die tegniese wenk van die week bespreek hulle hibriede-aandryfstelsels. Hulle hou jou ook op hoogte van die jongste motorfietsnuus.
Show more...
5 months ago
25 minutes 34 seconds

Wiele2Wiele
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.