Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
History
Kids & Family
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
Loading...
0:00 / 0:00
Podjoint Logo
US
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/30/1b/d5/301bd511-8915-0a6e-bac8-d9f392de9118/mza_14992593411240846027.jpg/600x600bb.jpg
Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Maroela Media
120 episodes
5 months ago
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak. "Strandloper" word vervaardig deur Maroela Media. Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie. Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se radiovervolgverhaal "Strandloper", geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.
Show more...
Fiction
RSS
All content for Strandloper – ʼn vervolgverhaal is the property of Maroela Media and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak. "Strandloper" word vervaardig deur Maroela Media. Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie. Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se radiovervolgverhaal "Strandloper", geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.
Show more...
Fiction
Episodes (20/120)
Strandloper – ʼn vervolgverhaal
[Slot-episode] Strandloper – Episode 120
Bloubaai hou bruilof, en almal is daar om Bobbi se groot dag te vier. Visstok verras die gaste met sy skielike aankondiging … en dan gebeur die ondenkbare. Die mooiste dag word ʼn verskriklike dag, en die Strandloper het die laaste woord.
Show more...
9 months ago
13 minutes 16 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 119
Mauritz kry ernstige waarskuwingstekens ná sy jongste duiksessie met die Spaanse besoekers. Oom Fred gaan vir eers sy tasse moet uitpak, en Tannie Ouvrou is byderhand met haar wyshede. Mauritz bring skokkende nuus oor Nicolien.
Show more...
9 months ago
10 minutes 14 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 118
Tannie Ouvrou is bekommerd oor Mauritz wat steeds nie uitkom ná ʼn duiksessie nie en sake raak ernstig. Intussen word Saterdag se troukoek klaargemaak met al die stories wat met so ʼn spesiale koek gepaard gaan. Die feesvoorlegging kry momentum.
Show more...
9 months ago
11 minutes 5 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 117
Willie gee vir Oom Fred ontstellende nuus. Die ergste is, dis weer Oom Fred se aartsvyand wat daarvoor verantwoordelik is. Hoe is dit dat hy almal altyd uitoorlê? Daar is ʼn verdrinking wat die dorp skok, en Willie sê vir Dylan wat sy diepste vrees is.
Show more...
9 months ago
10 minutes 17 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 116
Bobbi se aanpassessie van haar trourok word ʼn heerlike “trip down memory lane” by Tant Betta se huis, wat skielik deur ʼn vreeslike gil onderbreek word. Dylan dreig om Saterdag se troue te ontwrig met sy eie agenda, maar Bobbi gaan niks van sy nonsens duld nie.
Show more...
9 months ago
10 minutes 18 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 115
Oom Fred en sy manne moet dringend nuwe waterdigte planne maak om hulle mampoerprojek geheim te hou. Tant Betta toets hulle deeglik met haar nuuskierigheid. Oom Fred se verlede is besig om hom in te haal, wanneer hy dit die minste verwag.
Show more...
9 months ago
11 minutes 6 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 114
Die losieshuis se ou houtstoepbank speel ʼn groot rol in Engela se lewe: Dit bring haar uit by ʼn nuwe vriend en mentor wanneer hartseer haar wil oorweldig. Boonop kry sy by hom blink, nuwe planne vir die dorp se feesvoorlegging.
Show more...
9 months ago
12 minutes 3 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 113
Die aanpassessie van die trouklere by Tant Betta se huis is alles behalwe kalm en rustig; Dylan sorg vir groot moleste. Tannie Ouvrou hou nie terug wanneer sy die kans kry om haar sê te sê oor dwarstrekkers en boikotters van die dorp se feesvoorlegging nie.
Show more...
9 months ago
9 minutes 48 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 112
ʼn Vreemde besoeker maak sy opwagting op Bloubaai se strand. Mauritz en Willie sukkel om die nuuskierige skare op ʼn veilige afstand te hou. Mauritz kry nuus van Nicolien oor haar soektog na haar biologiese ouers wat Engela diep ontstel.
Show more...
9 months ago
10 minutes 54 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 111
Bobbi skok en verras Tannie Ouvrou met onverwagse goeie nuus. Oom Fred se verlore geheime mampoerdokumente duik skielik op. Tant Betta se bostelefoon is vir ʼn verandering nie die eerste wat weet van die groot nuus van Bloubaai nie.
Show more...
9 months ago
10 minutes 14 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 110
Oom Fred, Visstok, Willie en Mauritz vergader in die geheim by die losieshuis met planne vir ʼn topmampoerstokery op Bloubaai. Hulle het ʼn unieke noodplan vir ingeval hulle dalk hieroor gekonfronteer sou word. Dit word gou-gou tot die uiterste toe beproef.
Show more...
9 months ago
11 minutes 6 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 109
Met Nicolien terug in Johannesburg neem Engela die leisels oor van die dorp se voorlegging vir die Afrikaans 100-fees. Bobbi ontdek ʼn reusefout in hul beplanning. Dit word nou tyd vir krisisbestuur. Is daar genoeg tyd om dinge reg te stel? En hoe gaan hulle dit doen?
Show more...
9 months ago
10 minutes 8 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 108
Mauritz vertel Willie van mediaberigte oor ʼn gierige Britse maatskappy wat sy hande verbrand het met die skatte van ʼn wrak, en hy kry self ʼn waarskuwing. Dylan stel Willie bekend aan pêrekulle, maar Willie het ander dringende vrae vir Dylan.
Show more...
9 months ago
10 minutes 4 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 107
Bobbi val weer in by die losieshuis en hoor van alles wat die afgelope paar maande op Bloubaai gebeur het. Oom Fred het opgepak en is gereed om te verhuis, maar hy kry onverwags teëspoed uit ʼn nuwe oord. Danksy Bobbi se nuuskierigheid hoor ons iets van sy duister verlede.
Show more...
9 months ago
10 minutes 37 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 106
Engela trek sak en pak na haar huurhuis oorkant die losieshuis. Willie en Visstok help haar – hulle sweet en die bloed loop letterlik. Dan kom meng Tant Betta in. Die poets wat die twee mans vir haar beplan, ontplof in hulle gesig. Wie laaste lag, nè!
Show more...
9 months ago
10 minutes 22 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 105
Die dorp is in rep en roer oor die Afrikaans Amptelik 100-fees. Hulle wenplanne neem vorm aan. Dylan is in topvorm, want daar is ʼn TV-kontrak op die spel. Willie het ʼn skitterende voorstel. Nicolien kry nuus oor haar soektog na haar biologiese ouers.
Show more...
10 months ago
10 minutes 47 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 104
Om Fred is aan die oppak, maar dit is nie net sý klere en aardse goed wat gepak moet word nie. Willie bring skokkende tyding wat Oom Fred en Tannie Ouvrou ontstel. Wanneer Oom Fred se selfoon lui, is dit die einde van ʼn era vir hom.
Show more...
10 months ago
10 minutes 19 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 103
Nicolien kry vroegoggend ʼn verrassingsbesoek by die losieshuis van Dylan wat groot nuus het. Oom Fred en Tannie Ouvrou is ook oorstelp van vreugde oor die nuus. Wie gaan hierby baat, wonder almal … behalwe Dylan.
Show more...
10 months ago
10 minutes 15 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 102
Tannie Ouvrou word onkant gevang met Oom Fred se skielike trekplanne. Hoe sal die lewe vorentoe wees sonder hom by die losieshuis? Mauritz se werk by Seeredding sorg dat Tannie Ouvrou opnuut bekommerd is oor sy veiligheid in die diep waters … met rede.
Show more...
10 months ago
9 minutes 59 seconds

Strandloper – ʼn vervolgverhaal
Strandloper – Episode 101
Nicolien kan nie glo wat alles op Bloubaai gebeur het terwyl sy weg was nie. Die grootste nuus is die landwye kompetisie vir die Afrikaans 100-fees, wat ʼn televisiekontrak insluit waaraan die dorp wil deelneem. Dylan is vol wenplanne, wat moeilik geklop gaan word.
Show more...
10 months ago
10 minutes 9 seconds