Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Technology
Health & Fitness
Sports
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
Loading...
0:00 / 0:00
Podjoint Logo
US
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/33/7f/50/337f5020-66ae-4cd0-9260-526667ad5288/mza_13204943992784996119.jpeg/600x600bb.jpg
Mevrou Mevrou
JacPod
33 episodes
2 weeks ago
Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Mevrou Mevrou is deur die Africa Podcast and Voice Artists aangewys as die Beste Komedie Potgooi op die kontinent! Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep. Audio design: Ethan Baird.
Show more...
Comedy
Personal Journals,
Society & Culture
RSS
All content for Mevrou Mevrou is the property of JacPod and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Mevrou Mevrou is deur die Africa Podcast and Voice Artists aangewys as die Beste Komedie Potgooi op die kontinent! Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep. Audio design: Ethan Baird.
Show more...
Comedy
Personal Journals,
Society & Culture
Episodes (20/33)
Mevrou Mevrou
Die Mevrouens se dringende ingryping vir die nuwe seisoen
Die Mevrouens is terug vir ’n nuwe seisoen van hulle bekroonde potgooi! Ja, die jaar staan op sy kop, maar nee dit beteken nie dat hulle moet oorgee nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het besluit dis nooit te laat vir dringende ingryping nie. Daar is genoeg weke oor om 2025 te probeer red. En hulle het planne – Groot planne – vir die nuwe somer. Die eerste episode van die nuwe reeks kom Dinsdag, 16 September 2025. Of jou ore nou reg is nie …..
Show more...
2 weeks ago
32 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou se jaar van oorvloed en klippe kou
Mevrou kyk terug na 2024 as die jaar wat die grootmens-lewe wenke die lewe sommer baie makliker gemaak het. Gerda de Sousa het uiteindelik geleer hoe om die sloop om die duvet te trek, terwyl Dianne Broodryk die krag gekry het om beheer te vat oor die nuwe geyser skedule. Hulle het gelag, gehuil, woede uitbarstings oorleef, stoom af geblaas en die lewe weer deur nuwe oë bekyk. In hierdie laaste episode van die huidige seisoen, kyk die twee terug na die jaar wat was.
Show more...
9 months ago
26 minutes 1 second

Mevrou Mevrou
Mevrou oefen om Kersfees fiks te word
Mevrou vang die Kersfees gees, maar dis nie ’n maklike oefen om Kersfees fiks te word nie. Dit begin by die gesukkel om die Kersboom te laat staan en dan die stryery om die versiersels perfek te kry. Wat kom eerste – die liggies of die balletjies? Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is dié Fees seisoen by die huis en die prioriteit is om die Kersfees gees perfek in elke kamer te hang …
Show more...
9 months ago
19 minutes 46 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou is nie 'n klip vir 'n winskopie nie
Mevrou staan nie terug as daar ’n goeie uitverkoping is nie, en hierdie is die week vir winskopies! Van Kersfees persente tot huishoudelike skoonmaak middels, dis als op die lysies vir wanneer die winkels oopmaak vir Black Friday. Daar is egter een groot vrees vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk: daai pragtige paar skoene wat sy reeds gekoop het, is nou op die 50% afslag.
Show more...
10 months ago
20 minutes 33 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou en die skommel vir die rommel trommel
Mevrou is besig met planne om die huis skoon te kry vir die nuwe jaar, en deel hiervan is om ontslae te raak van als wat nie meer gebruik word nie. Die reuse vullis drom is bestel om vir drie dae in die oprit te staan sodat al die opgaar goed weg gegooi kan word. Dis egter makliker gesê as gedaan want in dié Mevrouens se huise is dit maar moeilik om enige iets weg te gooi, maak nie saak hoe stukkend of lang vergete dit is nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is egter vas beslote dat daar dié jaar geen genade gaan wees nie – die rommel trommel seisoen is hier …..
Show more...
10 months ago
20 minutes 44 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou smeer haar verjaarsdag met kaster olie
Dis Mevrou se verjaarsdag en tyd vir grootmens persente! Soos wat sy plek soek vir al die kersies op die verjaarsdag tert, besef Mevrou sy het nou die ouderdom bereik waar dit nie meer saak maak of sy partytjie hou of nie. En ja, twee Mevrouens is ’n partytjie. Dianne Broodryk vier haar verjaarsdag en Gerda de Sousa reken dié jaar se persent is die mees volwasse een wat sy nog gekoop het. Dis nie badgoed nie en ook nie handeroom nie, maar natuurlik sluit dit die nuwe gier van ’n bottel kaster olie in …..
Show more...
10 months ago
21 minutes 10 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou probeer die November vloermoere oorleef
Dis met ’n skok wat Mevrou besef mense se geduld en hulle vlakke van verdraagsaamheid lê laag in November. Miskien is dit ’n einde-van-die-jaar probleem, of dalk was die jaar maar net lank. In die parkeer areas en in die winkels sien Mevrou net moeilike mense. Maar dan onthou Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle is nie heeltemal onskuldig nie. Almal het mos maar hulle limiet en hulle was self al deel van 'n vloermoer of twee ……
Show more...
10 months ago
21 minutes 52 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou kry die appel onder die stamboom
Mevrou is besig om te soek na die appel in die lang gras onder die ou familie boom. Daar is niks lekkerder as om te gaan kyk hoe die voorgeslagte gelyk het nie – daai ou swart-en-wit fotos wat jou meer leer oor waar jy vandaan kom. Maar daarmee saam vloed die herinneringe terug en voor hulle dit kon keer, ook die trane. Die nostalgie laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk sommer huil en lag op dieselfde tyd …….
Show more...
11 months ago
15 minutes 6 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou wonder oor die doeke braai
Mevrou se dagboek is ewe skielik vol kombuis tee partytjies, troues, ooievaar tees en nou – vir die eerste ooit – ook ’n doeke braai! ’n Wat? Die nuwe neigings van die jong mense se partytjie reëls en regulasies het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk aan die wonder oor wat mens mag gee as persente. Om nie te praat van al die uitrustings wat jy reg moet hou vir al die verskillende vierings nie …… en dis voor die baba nog gebore word…..
Show more...
11 months ago
21 minutes 5 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou se skandes by die hoërskool re-unie
Mevrou mis nie ’n hoërskool reünie nie – dis ’n hoogtepunt op haar tien-jaar kalender wanneer daar weer soos op skool gekuier word. Binne ’n oogwink kom die skool bynaam weer uit en vloed die herinneringe terug. En natuurlik, word die skandes en die sondes van hoërskool jare onthou. In dié episode, praat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk uit oor wat hulle al by ‘n matriek reünie gesien en beleef het ……
Show more...
11 months ago
21 minutes 27 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou blaas stoom af oor die nuwe kragmeter
Daar was aanvanklik groot afwagting in Mevrou se huishouding vir die installering van die nuwe elektrisiteits meter. Nou gaan almal sien presies waarvoor hulle opdok en wat die meeste krag verbruik. Maar dié proses sorg vir huis moles – wie moet onthou om die geiser aan en af te sit? In dié episode word Dianne Broodryk warmer as 'n kokende gasketel, terwyl Gerda de Sousa deur die stoom probeer soek na die lig in die donker tonnel ……
Show more...
11 months ago
21 minutes 52 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou se sonde met die bure
Die Mevrouens het al in baie buurte gebly – sommige van die bure word soos familie, maar dan is daar daai karakters wat mens laat wonder wat jy in jou vorige lewe gesondig het om dit te verdien. Of miskien was Mevrou se huishouding die bure met die sonde. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk onthou die bure wat die straat laat brul het, en nie van plesier nie. In dié episode praat die Mevrouens uit oor wat al in die agterplaas langsaan aanskou is ...
Show more...
12 months ago
23 minutes 9 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou brul oor die brille en die pille
Dit was nog nooit ’n probleem vir die Mevrouens om ou(er)d te word nie, dis mos maar deel van die lewe. Nou sing Gerda de Sousa en Dianne Broodryk ’n ander deuntjie, sedert die proses van vitamines en die daaglikse aanvullings hulle lewe begin oorheers het. Om nie eers van die skielik verswakkende oë te praat nie. In dié episode betreur die Mevrouens die stand van brille en pille.
Show more...
1 year ago
19 minutes 46 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou se nuwe seisoen
Die Mevrouens het ontwaak na hulle winterslaap en uit kom die selfone om die kuiers in die kalender in te skryf. Daar’s baie om op te vang – die een se tande is nie meer agter tralies nie en die ander een dink sy het die raaisel oor haar geheimsinnige allergiese reaksie sommer self opgelos. Dis die begin van nuwe seisoene en Gerda de Sousa en Dianne Broodryk klets te lekker … totdat een oor haar woorde struikel. * Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.
Show more...
1 year ago
19 minutes 8 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou maak haar stem dik
Dis verkiesingstyd en die Mevrouens is skoon uit hulle kassies – of eerder stembussies. Dis 30 demokratiese jare later, maar hulle onthou daai 94-verkiesing asof dit gister was. Nie net kon die Mevrouens vir die eerste keer ook stem nie … Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het hulle joernalistieke tande gesny tydens Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing. Die grootste storie in die land se moderne geskiedenis – en die Mevrouens was daar om dit te skryf!
Show more...
1 year ago
41 minutes 32 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou se blou bloed bieg
Die Mevrouens bieg hulle was ook – net soos die res van die wêreld - vas gevang in die dramatiese verwikkelings van die Britse koninklike familie. Met die pinkies in die lug en die tee wat nie uit die koppie mors nie, vra dié twee ook nederig om verskoning oor al die ure wat hulle op sosiale media spandeer het met die teorieë oor wat aangaan agter die paleis deure. En daarmee saam, vloed die herinnerings in toe Gerda de Sousa en Dianne Broodryk voor die TV gesit en wag het vir Prinses Diana om met haar trourok uit die koets te klim …….
Show more...
1 year ago
27 minutes 31 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou draai die kasset terug tot by die 'perm'
Dis met skok dat die Mevrouens besef hulle gunsteling grootword jare, was vier dekades terug! Daai dae van hare klits en ‘perm’, die plakkate teen die kamermuur, die groot oorbelle en baie pienk grimering, voel soos nou die dag. En hulle ken dan steeds al die woorde van al die treffers van 80’s! In hierdie episode van Mevrou Mevrou, dink Gerda de Sousa en Dianne Broodryk met nostalgie terug aan die onskuldige dae van hulle skool jare, toe musiek alles was en die prys van haarprodukte hulle grootste probleem ….
Show more...
1 year ago
29 minutes 38 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou krap, waar dit voorheen nie gejeuk het nie
Die een oomblik het Mevrou nog in die branders baljaar en die volgende oomblik het haar Desember vakansie in een ontaard met ‘n allergiese reaksie. Sy moet nou die realiteit in die gesig staar dat sy moontlik allergies geraak het vir skulpvis – een van haar gunsteling disse. In hierdie episode van Mevrou Mevrou, wonder Gerda de Sousa en Dianne Broodryk hoekom mens nie eerder allergies kan raak vir iets wat jou dwars in die krop steek nie …….
Show more...
1 year ago
23 minutes 52 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou, dáái soen en ‘n movie
Dis die maand van liefde en die Mevrouens wil nou nie uit voel nie. Hulle moet egter toegee dat Valentyns Dag nie juis die hoogtepunt van hulle liefdeslewe is nie, na meer as 20 jaar van getroude lewe. Maar dit beteken nie die liefde is ‘n uitgebluste vlam in hierdie twee se huise nie. In hierdie episode van Mevrou Mevrou laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk die wange weer bloos soos wat hulle onthou waar dit als begin het ……
Show more...
1 year ago
25 minutes 20 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou sit Krismis mis
Die Mevrouens besef Kersfees is op ons, maar dit beteken nie dat hulle so heeltemal op Kersfees is nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk besef dat daar min dae is om die Kersfees gees te vang en alles te doen wat op die prioriteits lys is. Maar tussen dié twee en die fees seisoen is daar ‘n groot lê gat – waar ‘n Kersboom veronderstel is om in goud te staan en pronk. In hierdie spesiale episode van Mevrou Mevrou, is dit ‘n gespook en spartel om die Kersfees liggies aan die brand te kry…. Die musiek aan die begin van die episode: Deck the Halls B by Kevin MacLeod http://incompetech.com Creative Commons — Attribution 4.0 International — CC BY 4.0 Free Download / Stream: https://bit.ly/deck-the-halls-b Music promoted by Audio Library • Deck the Halls B – Kevin MacLeod (No ...
Show more...
1 year ago
19 minutes 44 seconds

Mevrou Mevrou
Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Mevrou Mevrou is deur die Africa Podcast and Voice Artists aangewys as die Beste Komedie Potgooi op die kontinent! Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep. Audio design: Ethan Baird.