Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
News
Sports
TV & Film
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/a2/50/19/a25019b9-0dff-aab2-3043-425282abc528/mza_16552480006512453222.jpg/600x600bb.jpg
Koelbloedig
Maroela Media
19 episodes
6 months ago
Ons gesels in "Koelbloedig" oor ware misdaad in Suid-Afrika. Die eerste reeks deel verskeie forensiese deskundiges en spesialiste oor misdaad en misdaadondersoeke hul ervarings. "Koelbloedig" word vervaardig deur Maroela Media.
Show more...
True Crime
News,
Daily News
RSS
All content for Koelbloedig is the property of Maroela Media and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Ons gesels in "Koelbloedig" oor ware misdaad in Suid-Afrika. Die eerste reeks deel verskeie forensiese deskundiges en spesialiste oor misdaad en misdaadondersoeke hul ervarings. "Koelbloedig" word vervaardig deur Maroela Media.
Show more...
True Crime
News,
Daily News
Episodes (19/19)
Koelbloedig
Koelbloedig | Langs outopsietafel word Blumenthal stem vir stilles
Hoewel prof. Ryan Blumenthal, ’n senior forensiese patoloog, elke dag met die dood gekonfronteer word, beskou hy dié werk as sy roeping.
Show more...
6 months ago
19 minutes 6 seconds

Koelbloedig
Koelbloedig | Waar is Joshlin?
Dit is week twee van die langverwagte Joshlin Smith-verhoor waarin haar ma, Kelly, dié se kêrel, Jacquin Appollis, en hul vriend, Steveno van Rhyn, op aanklagte van mensehandel en ontvoering teregstaan. Vir dié episode van ‘Koelbloedig’ gesels Mariska Nanni met Elisma van der Watt, verslaggewer by Maroela Media, oor wat tans in die hof – en gemeenskap – aangaan.
Show more...
8 months ago
20 minutes 46 seconds

Koelbloedig
Koelbloedig | Verlore geregtigheid: Die moordsaak van ds. Liezel de Jager
Vir dié episode van Koelbloedig kyk Mariska Nanni na die moordsaak van ds. Liezel de Jager en of geregtigheid nog moontlik is noudat die hoofverdagte dood is. Sy gesels met die teenmisdaadaktivis Ian Cameron, wat Liezel se familie destyds bygestaan het, die strafregkenner dr. Llewellyn Curlewis en Isabel Venter, verslaggewer by Maroela Media.
Show more...
8 months ago
18 minutes 23 seconds

Koelbloedig
Koelbloedig | Alison Botha: Verkrag, vermink, vir dood gelaat
In dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni met dr. Tiaan Eilerd oor die nag toe hy op ʼn bebloede Alison Botha afgekom het, die verhoor van Frans du Toit en Theuns Kruger, en die uitwerking wat hul kortstondige vrylating op parool op Botha se gesondheid gehad het.
Show more...
8 months ago
16 minutes 27 seconds

Koelbloedig
Koelbloedig | Van beïnvloeder tot tronkvoël
Vir dié episode van Koelbloedig delf Mariska Nanni ʼn bietjie dieper in die kindermishandelingsaak wat nie net skokgolwe deur die VSA gestuur het nie, maar die ganse wêreld.
Show more...
8 months ago
15 minutes 29 seconds

Koelbloedig
Koelbloedig | Nadia Lotz: Mishandel, vermoor, gefaal – maar hoop op geregtigheid lééf
Vir dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni met Hendrik Lotz oor die jare lange web van huishoudelike geweld waarin sy susterskind, Nadia Lotz, vasgevang was voordat sy op 4 Maart 2023 wreed vermoor is.
Show more...
9 months ago
14 minutes 21 seconds

Koelbloedig
‘Koelbloedig’ | Moeisame pad tot vergifnis ná Vaalharts-plaasmoord
Vir dié episode van ‘Koelbloedig’ gesels Mariska Nanni met Heidi Taljaard oor die moord op haar ouers, Dan en Breggie Brand, en haar sussie, Elzabie Brand, op hul plaas in Vaalharts in die Noord-Kaap. Sy praat onder meer oor die impak wat dit op hul hele familie gehad het, die konsep van vergifnis en waarom dit nou nog moeilik is om te aanvaar dat drie wonderlike, weerlose mense so wreed vir twee ou voertuie moes sterf.
Show more...
11 months ago
21 minutes 14 seconds

Koelbloedig
‘Koelbloedig’ | Dodelike obsessie lei tot Stella-dubbelmoord
Vir dié episode van “Koelbloedig”, Maroela Media se podsending oor ware misdaad, gesels Mariska Nanni oor die opspraakwekkende dubbelmoord op Stella in 2018.
Show more...
11 months ago
30 minutes 39 seconds

Koelbloedig
‘Koelbloedig’-bonus-episode | Anika Smit: Vrae wat steeds spook
Vir dié bonus-episode van “Koelbloedig” het Mariska Nanni ’n paar van die vrae wat die meeste oor die Anika Smit-saak gevra is, aan Mike Bolhuis van Specialised Security Services gevra.
Show more...
11 months ago
9 minutes

Koelbloedig
‘Koelbloedig’ | Anika-raaisel ná 14 jaar steeds onopgelos
Vir dié episode van Koelbloedig, Maroela Media se podsending oor ware misdaad, gesels Mariska Nanni met Mike Bolhuis oor sy onlangse toetrede tot die Anika Smit-saak en of daar tog nog hoop is dat haar moord wel opgelos sal word.
Show more...
12 months ago
18 minutes 2 seconds

Koelbloedig
‘Koelbloedig’ | Ma’s in die beskuldigdebank
In dié episode gesels Mariska Nanni met verslaggewers en kenners oor die Lauren Dickason en Madelein Ackerman-sake, die oorsake wat ouers moontlik kan dryf om hul kinders te vermoor, en die verdeeldheid onder lede van die publiek wanneer ’n ma in die beskuldigdebank staan.
Show more...
1 year ago
22 minutes 7 seconds

Koelbloedig
‘Koelbloedig’ | Wanneer kinders moor
Vir hierdie episode van ‘Koelbloedig’, Maroela Media se podsending oor ware misdaad, gesels Mariska Nanni met kenners oor hoe die wet minderjarige oortreders hanteer, gebreke in die stelsel en die Deveney Nel-moordsaak.
Show more...
1 year ago
21 minutes 14 seconds

Koelbloedig
Koelbloedig | ‘Jou kinders is nou dood’
Charlotte van der Westhuizen het met Mariska Nanni gesels oor die aand wat haar gewese man, Marius, ’n voormalige polisiebeampte, hul kinders voor haar vermoor het.
Show more...
1 year ago
23 minutes 24 seconds

Koelbloedig
‘Koelbloedig’ | Só word ‘Bloubultannie’ se doppie geklink
Luister in dié episode van ‘Koelbloedig’ wat die rekonstruksie van ’n misdaadtoneel behels en hoe afgetrede lt.kol. Frans van der Merwe destyds te werk gegaan het om ʼn strik te stel vir Manda Reyneke, die ma wat ’n verhouding met haar dogter se Bloubulkêrel aangeknoop het en toe twee Nigeriërs gevra het om hom te vermoor.
Show more...
1 year ago
23 minutes 24 seconds

Koelbloedig
‘Koelbloedig’ | Tweesnydende tegnologieswaard kan misdaad aanhelp of verhinder
Luister gerus saam oor hoe tegnologie tot voordeel van ondersoeke en die stryd teen misdaad kan wees, maar ook hoe dit tot nadeel van Jan Alleman en selfs die polisie se pogings kan wees en wat jy kan doen om ’n aanlyn lokval vroegtydig uit te snuffel.
Show more...
1 year ago
34 minutes 11 seconds

Koelbloedig
‘Koelbloedig’ | Leuen het maar kort been (vra gerus poligrafiste)
In hierdie episode van “Koelbloedig” op Maroela Media gesels aanbieder Mariska Nanni met Charles Kemp van die Pisa-integriteitsasseseringsentrum oor poligraaftoetse, die betroubaarheid daarvan en of dit werklik so maklik is om ʼn poligraaftoets te fnuik.
Show more...
1 year ago
34 minutes 10 seconds

Koelbloedig
‘Koelbloedig’: Op paaie van die dood
Johan Fourie, 'n botsingsrekonstruksiekundige, was in sy loopbaan by verskeie hoëprofielsake betrokke, onder meer die botsing waarin Suid-Afrika se geliefde grapmaker Tolla van der Merwe dood is, asook die botsing waarin wyle oudpres. Nelson Mandela se agterkleindogter, Zenani, gesterf het.
Show more...
1 year ago
31 minutes 25 seconds

Koelbloedig
‘Koelbloedig’| Sluipmoord opgelos, maar nie vergete
In hierdie episode van “Koelbloedig” op Maroela Media neem afgetrede lt.kol. Lucas Visser, ʼn onafhanklike forensiese deskundige by Wesco Forensic Services, luisteraars terug na 10 April 1993 toe hy as jong polisiebeampte en forensiese analis getaak is om die sluipmoord op Chris Hani, voormalige SAKP-leier, te ondersoek.
Show more...
1 year ago
36 minutes 7 seconds

Koelbloedig
‘Koelbloedig’ | Episode 1: Die stories wat moordtonele vertel
Wessie van der Westhuizen ʼn onafhanklike ballistiese deskundige en uitvoerende hoof van Wesco Forensic Services vertel onder meer van sy betrokkenheid as deskundige by die Retief Liebenberg-saak, ʼn pa van Benoni aan die Oos-Rand wat vir die moord op sy dogter se vriend, Poena Visser, en dié se pa, Dewaldt, teregestaan het. Van der Westhuizen praat ook oor die belangrikheid van forensiese bewyse in misdaadondersoeke, hoe dit ingesamel en uiteindelik verwerk word.
Show more...
1 year ago
37 minutes 5 seconds

Koelbloedig
Ons gesels in "Koelbloedig" oor ware misdaad in Suid-Afrika. Die eerste reeks deel verskeie forensiese deskundiges en spesialiste oor misdaad en misdaadondersoeke hul ervarings. "Koelbloedig" word vervaardig deur Maroela Media.