Home
Categories
EXPLORE
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
Loading...
0:00 / 0:00
Podjoint Logo
SITEMAP
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts126/v4/f6/7c/e5/f67ce5bd-c257-8dfa-2864-9b01ed2671bd/mza_10024527591468558217.jpg/600x600bb.jpg
Katbosbult
Maroela Media
121 episodes
6 months ago
Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop. Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en ellende gedy die misdaad, die afguns en die geskinder op die dorp. Ván die akteurs wat rolle vertolk, het reeds die afgelope jare geliefd geword by die luisteraars: Ria Smit, Anton Dekker, Antowan Nöthling, Stefan Vermaak en Izel Bezuidenhout. Twee nuwelinge maak hul buiging in die reeks: Kaz McFadden en Rika Nieuwoudt. Bettie Kemp speel self ook ‘n rol en is die vervaardiger van Katbosbult, ‘n 120 episode lekkerluister verhaal met spanning, humor en intrige, geskryf deur Joe Kleinhans. "Katbosbult" word vervaardig deur Maroela Media.
Show more...
Drama
Fiction
RSS
All content for Katbosbult is the property of Maroela Media and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop. Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en ellende gedy die misdaad, die afguns en die geskinder op die dorp. Ván die akteurs wat rolle vertolk, het reeds die afgelope jare geliefd geword by die luisteraars: Ria Smit, Anton Dekker, Antowan Nöthling, Stefan Vermaak en Izel Bezuidenhout. Twee nuwelinge maak hul buiging in die reeks: Kaz McFadden en Rika Nieuwoudt. Bettie Kemp speel self ook ‘n rol en is die vervaardiger van Katbosbult, ‘n 120 episode lekkerluister verhaal met spanning, humor en intrige, geskryf deur Joe Kleinhans. "Katbosbult" word vervaardig deur Maroela Media.
Show more...
Drama
Fiction
Episodes (20/121)
Katbosbult
Katbosbult – Episode 120 (SLOT)
In die slot-episode word die lastige vraagstuk rondom Manie Maritz se muntversameling uiteindelik bygelê. Skielik is daar vrede op Katbosbult. Vir hoe lank weet niemand nie. Die vraagstuk rondom wie Gretchen met haar skelmstreke gehelp het, hang nog swaar in die lug, en daar is nog een belangrike aankondiging wat gemaak moet word.
Show more...
1 year ago
11 minutes 30 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 119
Janita is in die hospitaal en dit druk swaar op haar geliefdes se gemoed. Leonardo tree Monique aan en hy draai nie doekies om nie. Hy neem ʼn groot besluit en laat trek ʼn kontrak op. Reggie word verras.
Show more...
1 year ago
12 minutes 23 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 118
Dit is tyd vir Gert om met vindingryke voetwerk ʼn oplossing te onderhandel oor ʼn netelige kwessie. Chrissie en Monique om dieselfde tafel is moeilikheid met ʼn hoofletter M. Hulle het nou maar eenmaal nie ooghare vir mekaar nie. Gert het sy hande vol.
Show more...
1 year ago
11 minutes 5 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 117
Reggie word teen wil en dank by ʼn ongemaklike saak betrek wat haar slapelose nagte besorg. Skielik vind daar ʼn paar van die moeilikste gesprekke denkbaar op Katbosbult plaas … en dit krap ʼn paar lewens erg deurmekaar. ʼn Enorme skok tref die dorp. Dis ʼn lelike opslagbal.
Show more...
1 year ago
12 minutes 7 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 116
Leonardo kry iets in ʼn garage op Herklaas se plaas wat hom die sersant se hulp laat inroep. Beloftes maak skuld. Die sersant onthou van so ʼn belofte wat hy nog nie nagekom het nie. Jasper se ma, Janita, het haar geliefdes aan die skarrel.
Show more...
1 year ago
10 minutes 57 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 115
Sake verloop vinnig op Katbosbult, maar eers moet Gharies Gans en Sylvia Shoba die regte regshulp kry. Die Valke is bedrywig; hulle wil die grootste slag tot op datum teen vetplantstropery slaan, maar daarvoor moet hulle die sindikaatleier vastrek.
Show more...
1 year ago
9 minutes 58 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 114
Die vraag op almal se lippe is wat het met Chrissie gebeur? Kyk wie storm by die gimnasium in en konfronteer Reggie. Die tannie met die kort rokkie is weer op haar pos, reg vir haar volgende voorbladstorie … hulle word sappiger. Met wie deel Jasper sy interessante teorie oor die muntversameling?
Show more...
1 year ago
12 minutes 8 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 113
Chrissie verval in onguns by die burgemeester. Gert is vir die soveelste keer die raadslid wat ʼn delikate saak vir die burgemeester hanteer. Shirley voel sy kan nie langer ʼn moordkuil van haar hart maak nie.
Show more...
1 year ago
11 minutes 40 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 112
Chrissie voel die onheil in die lug aan. Sy kan net nie haar vinger daarop lê nie. Gharies Gans maak weer onverwags sy verskyning. Monique sluit ʼn vrugbare besoek aan die Kaap af. Sy ry terug Katbosbult toe met ʼn nuwe missie en vuur in haar. Hierdie keer stuit sy vir niks en niemand nie.
Show more...
1 year ago
11 minutes 24 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 111
Monique is iemand wat altyd ʼn agenda het en haar eie manier van dinge doen. Sy ry skielik Kaapstad toe en verstom almal. Sylvia Shoba is ʼn bron van kommer. Die vrae rondom haar doen en late hoop net op, sonder antwoorde.
Show more...
1 year ago
11 minutes 7 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 110
Groot drama speel hom op die feesterrein in ʼn werkershuisie af. Die joernalis met die kort rokkie is weer fluks byderhand vir haar volgende voorbladartikel, en daar is weer ʼn romantiese ete vir twee.
Show more...
1 year ago
11 minutes 35 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 109
Weduwee Chrissie se handelsmerk-ete is bruin geroosterde skaapnek bedien op ʼn bed wortels, klein uitjies en kruie. Raai wie trakteer sy dié keer met haar fynproewerkos? Katbosbult is skielik vol hubare en beskikbare wewenaars. Dit is net ʼn kwessie van wie pas nou eintlik by wie.
Show more...
1 year ago
12 minutes 25 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 108
Sersant Johnson en Monique spring aanmekaar … omdat hy wil verstaan waarom die Valke se aankoms in Katbosbult die poppe so laat dans. Lampies Lamprecht is duidelik nie onder ʼn kalkoen uitgebroei nie. Dit is of hy Monique elke keer net mooi ʼn tree vooruit is, maar iemand voer Lampies beslis inligting.
Show more...
1 year ago
11 minutes 17 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 107
Gert is knorrig verby. In plaas daarvan om as die raadslid vir ekonomiese ontwikkeling gebruik te word, word hy al hoe meer as raadslid vir regsdienste misbruik. ʼn Kontrak ontstel hom … en tereg ook. Reggie deel ʼn bekommernis met haar werkgewer.
Show more...
1 year ago
10 minutes 46 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 106
Daar word geskarrel in die Katbosbult Hospitaal. Die waarheid het ʼn manier om op ʼn ongemaklike tyd uit te kom. En toe gebeur dit ook … onder die boom, pannekoek in die hand, heel onverwags. Dit laat Chrissie vir ʼn oomblik soek na woorde, so erg is dit.
Show more...
1 year ago
10 minutes 16 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 105
Uiteindelik breek Katbosbult se geskiedkundige dorpsfees aan. Die inwoners is opgewonde en stroom na die feesterrein. Spoedig is daar ʼn hewige woordewisseling in die skuur. Tussen al die lawaai, loei die dorp se ambulans skielik die feesterrein binne.
Show more...
1 year ago
10 minutes 6 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 104
ʼn Bomdreigement ruk Katbosbult. Shirley is skielik haastig op pad. En na al die dag se drama word die sersant met ʼn doel genooi vir ʼn pannekoek onder die boom. Hy word behoorlik ingekatrol.
Show more...
1 year ago
11 minutes 10 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 103
Die Valke is skielik bedrywig in Katbosbult en dit gee aanleiding tot ligte konsternasie. Monique is op ʼn missie met ʼn lys eise in die hand en sy laat haar nie van stryk bring nie. Wie gee oornag pad uit Katbosbult?
Show more...
1 year ago
11 minutes 19 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 102
Kyk wie kom kuier op Katbosbult met die dorpsfees. Gert raak knorrig oor sy ontydige kuiergas. Wie is Gretchen se jongste slagoffer? Iemand kom kuier vir Leonardo op sy tuinbankie en dit loop op ʼn vuurwarm gesprek uit.
Show more...
1 year ago
11 minutes 9 seconds

Katbosbult
Katbosbult – Episode 101
Almal op die dorp koop vandag die Katbosnuus. Dit is ʼn moet-lees-uitgawe. Shirley kry boonop nuus oor die “blou koeverte” wat destyds haar deelname aan die verkiesing beëindig het. Maar hoekom is sy in so ʼn slegte bui … dit is nie hoe Katbosbult haar ken nie.
Show more...
1 year ago
11 minutes 56 seconds