Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
History
Music
About Us
Contact Us
Copyright
Ā© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/2f/b7/21/2fb72149-324f-29f1-e3be-1a7e9d4258fd/mza_8562225761905797661.jpg/600x600bb.jpg
EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Ricia Bester en Mia Knoesen
18 episodes
5 days ago
Welkom by Ewe Anders, ā€˜n Afrikaanse podcast waar twee twintig-ietsie-jarige vriendinne, Ricia en Mia, hulle lewens en al die chaos wat daarmee gepaard gaan deel. Van vriendskappe en stories tot geestesgesondheid en eksistensiĆ«le krisisse—geen onderwerp is van die tafel af nie! Luister in vir ā€˜relateable’ gesprekke, eerlike refleksies, snaakse ervarings en baie lag terwyl hulle saam die wilde rit van volwassenheid aanpak.
Show more...
Comedy
RSS
All content for EWE ANDERS šŸŽ™ļø is the property of Ricia Bester en Mia Knoesen and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Welkom by Ewe Anders, ā€˜n Afrikaanse podcast waar twee twintig-ietsie-jarige vriendinne, Ricia en Mia, hulle lewens en al die chaos wat daarmee gepaard gaan deel. Van vriendskappe en stories tot geestesgesondheid en eksistensiĆ«le krisisse—geen onderwerp is van die tafel af nie! Luister in vir ā€˜relateable’ gesprekke, eerlike refleksies, snaakse ervarings en baie lag terwyl hulle saam die wilde rit van volwassenheid aanpak.
Show more...
Comedy
Episodes (18/18)
EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 15 - Van Visie na Werklikheid?

In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor die gewilde konsep van ā€œmanifestingā€ – daardie idee dat jy iets in jou lewe kan ā€œinspreekā€ deur jou gedagtes, energie en intensies. Hulle vra die groot vrae: Is dit regtig moontlik om sekere energie in die wĆŖreld in te stuur? En nog belangriker – gaan dit teen Christelike waardes, of kan geloof en manifestasie dalk hand-aan-hand loop?

Die twee delf ook in die verskillende tipes manifestasie.

Terwyl hulle oor die jaar reflekteer, raak dit persoonlik:

Ricia vertel hoe sy al by haar vierde werk van die jaar is, en wat sy daaruit geleer het oor aanpasbaarheid en identiteit.

Mia deel haar mooi (en snaakse) stories oor die twee nuwe liefdes in haar lewe – en hoe dit haar perspektief op liefde en tyd verander het.

En natuurlik praat hulle oor reis – hoe Mia probeer het om meer local travels in te werk, en watter avonture nog op haar bucket list bly.

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Jou Afrikaans Podcast :)

Show more...
5 days ago
1 hour 13 minutes 40 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 14 - Deel 2: As kind, as ouer

In diĆ© episode gesels Mia en Ricia oor die reĆ«ls waarmee hulle grootgeword het – van die kinder tafel tot die Tandemuis – en hoe hulle as grootmense van vandag dalk dinge bietjie anders sou doen.

Hulle delf in vrae soos:

• Moet kinders nog steeds aan ā€˜n aparte tafel sit?

• Is daar plek vir Kersvader Ć©n eerlikheid?

• Hoeveel sakgeld is genoeg, en hoe leer ons kinders oor begroting?

• Is screentime altyd die vyand?

• En wat van hare kleur en tattoos – rebellie of selfuitdrukking?

Dis ’n eerlike, humoristiese en soms diep gesprek oor hoe die wĆŖreld verander het, en hoe ouer word beteken om jou eie reĆ«ls te heroorweeg.

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Jou Afrikaans Podcast :)

Show more...
2 weeks ago
1 hour 4 minutes 55 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 13 - Deel 1: As kind, as ouer

In hierdie episode kyk ons terug na sommige van die reĆ«ls waarmee ons as kinders moes saamleef — van ouderdomsbeperkings en slaaptyd tot strawwe en reĆ«ls rondom oorslaap. Ons deel ons persoonlike ervarings, lag saam oor hoe streng (of los) dinge soms was, en gesels oor hoe ons dit moontlik anders sou hanteer as ouers eendag. Dis ’n eerlike, nostalgiese en soms humoristiese gesprek oor ouerskap, dissipline en die dinge wat ons gevorm het.

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Jou Afrikaans Podcast :)

Show more...
1 month ago
55 minutes 33 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 12 - Werk, rus, herhaal: Jou gids tot micro-retirement

In hierdie episode duik Ricia en Mia in die fassinerende konsep van Micro Retirement — ’n vars manier om na werk en rus te kyk. Ricia deel haar persoonlike ervaring met micro retirement en gee praktiese raad oor hoe om dit realisties te benader en vooruit daarvoor te beplan.

Ons gesels oor wat hierdie term werklik beteken, hoe dit verskil van tradisionele aftrede, en of dit ’n haalbare opsie is vir mense in verskillende lewensfases. Is dit net ’n modeverskynsel, of iets wat jy in jou eie lewe kan integreer?

As jy al ooit gevoel het jy kort ’n breek van die roetine, of wonder hoe jy werk en rus meer gebalanseerd kan benader – is hierdie episode vir jou.

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Jou Afrikaans Podcast :)

Show more...
1 month ago
59 minutes 51 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 11 - Jy sal nie glo waar dit begin het nie..

In hierdie insiggewende episode delf Ricia en Mia in die fassinerende herkoms van alledaagse sĆŖ-goed, tradisies en moderne gebruike wat ons dalk as vanselfsprekend aanvaar.

Hoekom dra bruidjies wit? Wat maak diamante só waardevol? En kan ’n appel rĆŖrig die dokter weghou? Hulle ondersoek diĆ© en ander interessante vrae met ’n mengsel van humor, nuuskierigheid en verrassende feite.

As jy al ooit gewonder het waar ons gewoontes en uitdrukkings regtig vandaan kom – dan is hierdie episode net vir jou!

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Jou Afrikaans Podcast :)

Show more...
2 months ago
58 minutes 22 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 10 - Die wonders van AI

In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor ChatGPT en hoe diĆ© slim AI deel van hul alledaagse lewe geword het. Van voorberei vir werksonderhoude en beplan van reisroetes tot noodsituasies by die huis, self-terapie, kleurkodeskep en selfs toesprake skryf—ChatGPT is altyd daar om te help. Luister saam vir ’n lekker, gemaklike gesprek vol humor, praktiese idees en dalk ’n paar wenke wat jy self wil uittoets!

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Jou Afrikaans Podcast :)

Show more...
2 months ago
54 minutes 3 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 9 - Instaskool

In diĆ© episode scroll Ricia en Mia ā€˜n bietjie op Instagram – en kyk insiggewende videos en gesels oor ā€œlife hacksā€ en hoe moeilik dit soms is om te weet wat regtig waar is. Is alles net vir die likes, of is daar tog iets om van te leer?

Hulle deel ook wat hulle wens hulle op skool geleer het – soos hoe om belasting te doen en n band om te ruil. Hulle debateer ook oor watter tipe skoolopvoeding hulle vir hulle kinders sal wil hĆŖ.

Sit terug en ontdek saam met hulle watter lesse jy nie op die skoolbanke kry nie, maar dalk op jou feed!

P.S. Mia het bietjie die kat aan die stert beet as dit kom by SSRI en Histamine. Hiermee meer akkurate inligting: SSRIs interfere met die afbreek van histamine (omdat SSRI ā€˜n sekere ensiem inhibeer)- wat beteken daar is meer histamine in die sisteem. Dit lei dan tot erger allergiese reaksies. Wel dit is wat ChatGPT sĆŖ.

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Show more...
2 months ago
56 minutes 3 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 8 - Ons eerste gas - Tineke die dieetkundige

In hierdie episode gesels ons met Tineke, ’n dieetkundige met ’n passie vir gesondheid en voeding. Ons leer haar eers bietjie beter ken en hoor van haar persoonlike reis tot in die wĆŖreld van dieetkunde.

Sy deel insiggewende feite oor wat haar beroep behels en gee ons ā€˜n kykie in die werklikhede van voeding – met spesiale fokus op dieet tydens swangerskap, die rol van voeding in borsmelk, en algemene gesondheidsmittes

Tineke gee praktiese raad oor hoe om ā€˜n gebalanseerde dieet te handhaaf en deel haar mening oor gewilde dieet-ā€œhacksā€ en ā€œcrash dietsā€.

Ons sluit af met ā€˜n vinnige ā€œtrue or falseā€-rondte waarin Tineke klassieke wanpersepsies in die gesondheidswĆŖreld uitklaar.

Krediet aan Tineke Wilson, Dieetkundige.

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Show more...
3 months ago
1 hour 20 minutes 49 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 7 - Dis nie jy nie dis Ick

In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor die groot buzzword in dating - ā€œickā€ – daardie klein (of groot!) dingetjies wat skielik iemand minder aantreklik maak. Hulle deel hul eie ā€œickā€ lyste (moenie oordeel nie), en wonder of dit regverdig is om só kieskeurig te wees en hulle wonder hoe mense in ā€œarranged marriagesā€ verby ā€œicksā€ kyk.

Is dit oppervlakkig om ā€œicksā€ te hĆŖ? Of is dit bloot ’n manier om grense te stel? Hulle delf ook in die vraag: Watse ā€œicksā€ sou mense dalk van hĆŗlle hĆŖ? En wat verklap hierdie lysies regtig – meer oor die persoon wat dit ervaar, of die een wat dit ontlok?

Kom join ons om te hoor hoe ons cringe, introspeksie doen en hopelik laat dit jou ā€˜n bietjie lag.

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Show more...
3 months ago
55 minutes 4 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 6 - Tussen TikTok en Tradisie

In episode 6 delf ons in die generasie-gaping tussen Gen Z en Millennials — en waar ons onsself daarbinne plaas. Ons gesels oor hoe Gen Z dikwels misverstaan word, en hoe daardie misverstande ook op ons persoonlike identiteite afspeel.

Ons deel hoe ons albei op maniere konserwatief is… en ook glad nie. Ons vra vrae oor waar konserwatiwiteit vandaan kom, hoe dit gemeet word, en of dit ooit so eenvoudig is soos mense dit probeer maak. Dis ’n episode vol selfrefleksie, nuance, en ’n paar filosofiese afdraai-lyne.

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Show more...
4 months ago
54 minutes 33 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 5 - Wat meisies regtig doen by sleepovers

In hierdie episode van Ewe Anders, gee ons julle insights oor wat gebeur by ā€˜n sleepover. Ons verduidelik die betekenis agter die podcast se naam — ā€œEwe Andersā€

Mia deel van haar avonture oorsee en Ricia vertel van haar honeymoon se boujee business class ervaring — was dit die moeite werd? Dan droom hulle saam oor die tipe vakansies waarop hulle wil gaan: luxury met ā€˜n uitsig of culture met karakter? En hoe balanseer mens die twee?

Maar dis nie net sunsets en suitcases nie — ons vat bietjie ā€˜n detour en gesels oor implantate, figure skating ongelukke en bome wat uit mense se neuse groei (ja, regtig).

Dis grappig, weird, eerlik en net so bietjie skrikwekkend — dis Ewe Anders.

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Show more...
4 months ago
49 minutes 5 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 4 - Gelukkig Getroud vs Skepties oor Sielsgenote

In hierdie episode gesels ons met Mia oor haar sieninge oor ā€œdatingā€ en hoe haar perspektief oor verhoudings die afgelope paar jaar verander het.

Sy deel haar gedagtes oor die invloed van aanlyn dating op verhoudings in die moderne era.

Ons kyk ook na die impak van die Covid-19-pandemie en die lockdowns op die manier waarop mense romantiese verhoudings bou en onderhou.

Laastens deel Mia haar gedagtes oor die idee van trou en wat die toekoms vir haar in die liefdesafdeling inhou. Is sy optimisties oor die idee van huwelik, of sien sy dit dalk op ā€˜n ander manier?

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Show more...
5 months ago
43 minutes 58 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 3.1 - Terugvoer op Ricia se groot besluit

In hierdie spesiale episode deel Ricia haar eerlike reaksie op die oorweldigende terugvoer wat sy ontvang het nĆ” sy haar video gedeel het waarin sy aankondig dat sy gaan uittree as prokureur.

Sy lees ā€˜n paar van julle kommentaar en boodskappe hardop en gesels oor hoe dit haar laat voel het – van ondersteuning en inspirasie tot vrae en kritiek.

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Show more...
5 months ago
13 minutes 1 second

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 3 - Stuurwielstories: Mia rits rond saam met ā€˜n afgetrede prokureur

In hierdie episode gesels ons lekker tydens ā€˜n girls chat on the go – daai tipe geselsie wat net in die kar gebeur, waar die stories spontaan vloei.

Ricia vertel ook wat haar oorspronklik geĆÆnspireer het om prokureur te word, en hoekom sy uiteindelik besluit het om uit te tree uit die regsberoep. Ons praat eerlik oor hoe sy nou familie en balans bo ambisie en werkdoelwitte kies – en hoekom dit vir haar sin maak.

Ons raak ook aan iets waarmee baie van ons kan identifiseer: hoe ons generasie dikwels ons beroepskeuses bevraagteken, en wat dit beteken om sukses op ons eie terme te definieer.

Kom klim in die kar saam met ons!

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Show more...
5 months ago
34 minutes 8 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 2.1 - Opvolg: Roetine v Spontaniteit

In hierdie kort bonus-episode gee ons terugvoer oor ons persoonlike uitdagings van die afgelope twee weke.

Ricia het haar grense getoets deur meer spontaan te wees – hoe het dit vir haar gewerk en dink sy dis iets wat sy weer sal aanpak?

Mia het aan die ander kant probeer om meer gestruktureerd te leef en ā€˜n roetine te volg. Het sy dit reggekry of het chaos gewen?

Ons sluit af met ā€˜n paar gedagtes oor hoe jou persoonlikheid dalk die grootste faktor is in wat vir jou werk. Is jy ā€˜n roetine-mens of floreer jy in vryheid? Luister saam en laat weet wat vir jou!

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Show more...
6 months ago
8 minutes 10 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 2 - Roetine vs Spontaniteit

In hierdie episode deel Ricia en Mia die stories van hoe hulle paaie gekruis het en die onverwagte vriendskap wat ontstaan het. Mia deel dat sy Ricia en MornĆ© se roetine interessant vind. Hulle bespreek Ricia se liefde vir roetine, en hoekom dit haar sekuriteit en balans gee in haar daaglikse lewe. Mia, aan die ander kant, is ā€˜n bietjie meer spontaan en buigsaam, maar sy deel haar besluit om ā€˜n bietjie meer roetine te probeer in haar eie lewe. Kom luister na ā€˜n lekker gesprek oor vriendskap, roetine en die balans tussen die twee!

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Show more...
6 months ago
51 minutes 26 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 1.1 - Wat om te verwag

Welkom by die eerste bonus-episode van Ewe Anders!

In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor wat om te verwag deur die loop van die Ewe Anders podcast.

By Ewe Anders gesels ons oor al die dinge wat ons lewens interessant en soms uitdagend maak – van roetine versus spontaniteit, die verskille tussen enkellewe en getroude lewe tot eerlike gesprekke oor ADHD en angs. Ons delf ook in hoe die samelewing ons identiteit en waardes vorm, deel ons reis-ervarings, gesels oor beroepsveranderinge, en die onsekerheid wat grootmenswees soms bring.

Ons release elke tweede Dinsdag ’n nuwe episode, en in elke episode fokus ons op een tema. Ons brei uit op onderwerpe waarvan julle in ons eerste episode al ’n voorsmakie gekry het.

Subscribe gerus, en sluit by ons aan elke tweede Dinsdag vir Ewe Anders!

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Show more...
6 months ago
6 minutes 28 seconds

EWE ANDERS šŸŽ™ļø
Episode 1 - Welkom by ons Talkshow

Welkom by die heel eerste episode van Ewe Anders!

In hierdie episode vertel ons, Ricia en Mia, hoekom ons besluit het om ons ervarings en gedagtes met julle te deel. Ons gesels oor wie ons is, hoe ons elkeen angs en/of ADHD in ons daaglikse lewens ervaar, en hoe dit ons denkwyses vorm.

Ons sieninge verskil gereeld (en nogal sterk), en in hierdie episode debateer ons onder andere oor die vrees vir die dood – en of dit werklik sin maak om daarvoor bang te wees.

Kry jou gunsteling drankie, kom sit saam met ons op die bank en gesels en lag saam met ons.

Follow ons op Instagram:

Ewe Anders podcast:

https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==

Ricia Bester:

https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr

Mia Knoesen:

https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==

Show more...
6 months ago
40 minutes 56 seconds