Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts113/v4/a4/d3/f5/a4d3f583-f451-87db-3ac0-6bb930a19f56/mza_5624192520466310548.jpeg/600x600bb.jpg
Eensgesind Klanklêers
Eensgesind Klanklêers
127 episodes
4 months ago
Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.

Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Show more...
Society & Culture
History
RSS
All content for Eensgesind Klanklêers is the property of Eensgesind Klanklêers and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.

Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Show more...
Society & Culture
History
https://assets.pippa.io/shows/5b06dde1a50ff78447fed342/1538483450356-0690798ecaf94ef5a02826208281e618.jpeg
Het ons die Beleg van Elandsrivier vergeet?
Eensgesind Klanklêers
25 minutes 9 seconds
5 years ago
Het ons die Beleg van Elandsrivier vergeet?

'n Padlangs Noordwes-artikel

Wat het gebeur?

Maak enige geskiedenisboek oor die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) oop en 'n mens lees sommer gou oor die drie beleerde Britse dorpe, nl. Kimberley, Mafeking en Ladysmith. Jy sal gelukkig wees om te lees van die minder bekende beleg van Elandsrivier wat plaasgevind het waar die dorpie van Swartruggens tans is.

Selektiewe feite en temas is ʼn kwessie waarmee historici daagliks stoei. Indien so, waarom kry die beleg van Elandsrivier nie dieselfde aandag as die ander drie nie? Die aantal manskappe betrokke, die duur van die beleg en selfs die nasionaliteit van die troepe wat die beleg moes deurgaan, is genoeg redes waarom die beleg van Elandsrivier (ook bekend as Brakfontein) nie dieselfde aandag gekry het as die bogenoemde gevalle waar Britse magte beleër is nie. Kom ons kyk dan wat het hier gebeur, sodat onkunde nie langer meer koning kraai nie.

Teen Augustus 1900 was lord Roberts in Pretoria. Vanuit die voormalige hoofstad moes hy Transvaal beheer en regeer totdat dit behoorlik by die res van die Britse Ryk kon inskakel.

ʼn Doring in sy vlees was die Boerekommando's wat steeds te velde was en glad nie belang gestel het om oor te gee nie. Die kommando onder generaal Koos de la Rey dien as voorbeeld en het in daardie maand na ʼn teiken gesoek wat die Britse magte kon verras. Die roete van Pretoria na die hoofstad van die Britse Protektoraat van Betsjoeanaland, Mafeking, het deur Rustenburg en Zeerust geloop. Tussen hierdie dorpe moes konvooie beskerm word deur buiteposte wat deur Britse soldate (maak nie saak of hulle van Brittanje, Australië, Nieu-Seeland ens. gekom het nie) beman was. Een van hierdie buiteposte, wat redelik groot was in vergelyking met die ander in Groot-Marico en Zeerust, was by die Elandsrivier geleë. Die dorp Swartruggens het toe nog nie bestaan nie.

Generaal De la Rey het gesien dat die Elandsrivierbuitepos maklik vanaf 'n afstand aangeval kon word. Die buitepos was omring deur die heuwels wat Swartruggens sy naam gegee het en grofgeskut kon die Britse troepe dae lank bombardeer sonder enige risiko. Generaal Christiaan de Wet was aan die begin van Augustus 1900 ook in Transvaal en wou weer terugkeer na die Vrystaat. Die Britse magte wou hom wel vastrek as gevolg van die aksies wat hy teen hulle geloods het in die Vrystaat. De la Rey moes die Britse magte se aandag aftrek deur ʼn aanval op ʼn buitepos, sodat hulle nie sou agterkom dat De Wet op pad terug was na die Vrystaat nie. Van 3 tot 16 Augustus 1900 het De la Rey die Elandsrivierbuitepos bestook met die grofgeskut wat hy gehad het en die Britse troepe moes hard probeer om te oorleef met wat hulle gehad het. Dit was soos die beleg van die Alamo in San Antonio, Texas, waar Amerikaanse troepe en vrywilligers hulself vir ʼn geruime tyd in ʼn onvoldoende fortifikasie moes verdedig, met die hoop dat hul redding van buite spoedig sou kom. Vir die Britse troepe by Swartruggens het die redding van buite nooit gekom nie. Roberts wou hulp stuur, maar het sy besluit verander as gevolg van die verkeerde aannames van ʼn lafhartige bevelvoerder genaamd Frederick Carrington.

Padlangs gevind

Reg langs die N4 wanneer 'n mens weswaarts ry tot by die oostelike ingang van Swartruggens, is die historiese terrein van die beleg van Elandsrivier . Daar is geen padteken wat die afdraai aandui nie, maar as jy verby die pragtige NG Kerk gery het, het jy klaar die afdraai gemis. Gewoonlik staan die hekke oop omdat die plaaslike owerheid geen moeite doen om na die historiese terrein om te sien nie (daar is dus nie 'n hekwag nie).

Dit is asof hulle dit letterlik aan die voëls van die hemel en die diere van die veld oorgelaat het om dit weer deel van die aarde te maak. Hoewel die skrywer nog nie enige haweloses daar teegekom het nie, is tog bewyse van nagtelike verblyf daar aangetref..