Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts113/v4/a4/d3/f5/a4d3f583-f451-87db-3ac0-6bb930a19f56/mza_5624192520466310548.jpeg/600x600bb.jpg
Eensgesind Klanklêers
Eensgesind Klanklêers
127 episodes
4 months ago
Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.

Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Show more...
Society & Culture
History
RSS
All content for Eensgesind Klanklêers is the property of Eensgesind Klanklêers and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.

Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Show more...
Society & Culture
History
https://assets.pippa.io/shows/5b06dde1a50ff78447fed342/1538483373577-9f72171eecd685c482db07a551b428d7.jpeg
Die beginpunt van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)?
Eensgesind Klanklêers
15 minutes 53 seconds
5 years ago
Die beginpunt van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)?

Padlangs Noordwes

Wat het gebeur?

Op 11 Oktober 1899, presies om vyfuur die middag, het die ultimatum van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) aan die Britse Ryk verstryk. Die Britse Ryk het die stipulasies van die ultimatum geignoreer en daardeur geimpliseer dat hulle bereid was om oorlog teen die ZAR te voer. Agt dae voor die verstryking van die ultimatum is burgers van die ZAR en die Oranje-Vrystaat reeds vir kommandodiens opgeroep. Die dorpie Lichtenburg moes natuurlik ook 'n kommando byeenroep onder generaal Koos de la Rey. Hulle eerste taak was om weswaarts te ry om die treinspoor tussen Kimberley en Mafeking (Mahikeng vandag) te beskadig, sodat laasgenoemde dorp geen versterkings kon kry nie.

Op 12 Oktober 1899 het 'n trein, bekend as die Mosquito, by Kraaipan ontspoor as gevolg van die feit dat die Boerekommando onder generaal De la Rey die spore afgehaal het. Toe die trein die grond met 'n harde slag tref, het die eerste skote van die oorlog geklap. Ene veldkortnet JC Coetzee van Lichtenburg was die eerste kryger wat sy geweer afgevuur het. Coetzee sou nie die oorlog oorleef nie. Hy lê begrawe by die Magersfontein Burgermonument net duskant Kimberley waar hy gedurende die Slag van Magersfontein op 11 Desember 1899 gesneuwel het.

Geen Boerekryger of Britse soldaat het by die Slag van Kraaipan gesterf nie, maar twee swart werknemers wat op die trein gewerk het, het wel gesterf en die eerste twee ongevalle van die oorlog geword. Na hulle oorwinning by die treinspoor het generaal De la Rey en sy kommando net 'n entjie verder aangery en by die nabygeleë pan gaan rus (sien kaart hieronder). Beide hierdie twee historiese terreine kan vandag besigtig word en sodoende kan 'n mens die beginpunt van die Anglo-Boereoorlog besoek (en die gebeurtenisse van daardie aand van 12 Oktober 1899 "beleef").

Padlangs gevind

Omtrent 73 kilometer suidwes van Mahikeng is die presiese plek waar die Slag van Kraaipan plaasgevind het. Kraaipan het vir Suid-Afrikaners dieselfde betekenis as wat die veldslae van Lexington, Concord en Bunker Hill vir die Amerikaners beteken, nl. waar 'n oorlog met Groot-Brittanje amptelik begin het.

Dis net jammer dat die presiese plek waar die Mosquito deur die Lichtenburgse kommando ontspoor is, steeds so verlate in die ope veld staan. Gelukkig is daar 'n driepaneelmonumentjie op die heuweltjie net reg langsaan, maar selfs die monumentjie is te nederig vir belangstellendes om na Kraaipan te stroom. As jy wel die afrit van die N18 af na Kraaipan neem en die 18 kilometer na die gehuggie van Kraaipan toe ry, sal die plaaslike museumuitstalling oor die veldslag jou ongeveer 40 minute neem om te besigtig. 'n Kort entjie verder van die museum is die amptelike monument van die slag en ook die enigste oorlogsgrafte by Kraaipan. Hierdie oorlogsgrafte is nie van die geveg van 12 Oktober 1899 nie, maar van ander gevegte in die gebied tussen Boer en Brit tydens die ABO. 

Tesame met die presiese plek van ontsporing, die De la Rey-kamp en 'n basiese uitstalling in die plaaslike museumpie, is daar iets in Kraaipan wat die belangstelling padlangs kan prikkel. Kraaipan was maar net die begin van 'n oorlog wat drie jaar lank sou woed, maar wat beide Boer en Brit duur te staan gekom het.