
‘n Gelowige staan altyd voor die uitdaging van groei: om buigbaar vas te hou aan kernwaarhede en terselfdertyd nederig genoeg te wees om die beperktheid van sy eie verstaan te erken. So hou ‘n gelowige as’t ware met die een hand vas aan ou waardehede terwyl hy met die ander hand uitreik na ‘n
nuwe verstaan.