Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
Technology
Health & Fitness
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
Podjoint Logo
US
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts116/v4/38/08/22/38082239-fc17-8fca-db09-488ff4079c5a/mza_12858933798131293530.jpg/600x600bb.jpg
Doxa Deo Auckland Afrikaans
Doxa Deo New Zealand
121 episodes
2 days ago
Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
RSS
All content for Doxa Deo Auckland Afrikaans is the property of Doxa Deo New Zealand and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
Episodes (20/121)
Doxa Deo Auckland Afrikaans
'n Studie oor Integriteit // Jaques van Wyk // Een Lewe.... Deel 1

Baie mense dink integriteit beteken om te doen wat REG is… maar wat as dit meer is as dit?


Wat as integriteit beteken om te doen wat WAAR is — om eerlik te leef vanuit wie God sê jy is, selfs wanneer niemand kyk nie? 


Integriteit is nie gedrags verandering nie — dis 'n karakterhouding wat uit waarheid vloei.


"Die opregtes se wandel beskerm hulle, maar die ontroues word vernietig deur hulle valsheid." – Spreuke 11:3
Kom ondek saam met ons - wat is waar en hoe lyk dit in jou lewe?

Show more...
1 week ago
40 minutes 37 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Die Kerk se Rol in die Stad // Jaques van Wyk // Family On Mission Deel 3

God het nie ons stad opgegee nie — Hy roep ons om deel te wees van Sy plan om dit te vernuwe. Kom ontdek hoe ons as kerk ware verandering kan bring deur nie terug te trek van die wêreld nie, maar deur met liefde, genade en Koninkryksdoel daarin te leef.”

Show more...
2 weeks ago
34 minutes 19 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Geloof Vir ń Stad // Jaques van Wyk // Family On Mission Deel 2

“Hierdie week kuier ons oor Geloof vir ’n Stad. God se missie is meer as net redding — dit gaan oor vernuwing. Ontdek hoe die kerk die draer van Sy Koninkryk kan wees.

Show more...
3 weeks ago
38 minutes 21 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Ambassadeurs Van Sy Koninkryk // Andreas van Tonder // Family On Mission Deel 1

Wat as sending nie gaan oor om ver te gaan nie, maar oor hoe jy leef waar jy nou is? In hierdie boodskap deel Andreas die hart van Ambassadeurs van die Koninkryk — gewone mense wat ’n buitengewone teenwoordigheid dra. Ontdek hoe jy saam met God geskape is om sy goedheid in jou huis, jou werk en jou wêreld te bring. Jy is die verteenwoordiger van die hemel op aarde — en die sending begin waar jy staan.

Show more...
4 weeks ago
37 minutes 33 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Waneer Dit Net Te Veel Raak // Andreas van Tonder

Angs is iets wat ons almal beleef—of dit nou in die druk van familie, finansies, verhoudings of die onsekerhede van môre is. Die waarheid is dat die las van die lewe nooit bedoel was om net op ons skouers te rus nie. In hierdie boodskap ontdek ons hoe God ons nooi om ons fokus opwaarts te verskuif, onsself onder Sy sorg te verneder, en elke bekommernis op Hom te werp. In plaas daarvan om onderdruk te word deur vrees en stres, kan ons stap in die vryheid en rus wat net Jesus bied.

Show more...
1 month ago
35 minutes 8 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Lewe Vanuit Die Wingerdstok // Neels Janse Van Rensburg // Unbroken Fellowship Deel 3

Wat beteken dit om werklik te floreer in die lewe? Jesus wys vir ons dat ware vrugbaarheid nie kom uit harder probeer nie, maar uit om in Sy liefde te bly. In hierdie boodskap ontdek ons hoe ongebroke gemeenskap met God ons perspektief op uitdagings verander en ons verhoudings met ander radikaal hervorm.

Show more...
1 month ago
40 minutes 7 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Ware intimiteit met God // Jaques van Wyk // Unbroken Fellowship Deel 2

Het jy al ooit vir té lank uit 'n tas geleef? Jy is tegnies "in", maar dit voel nie soos huis nie. Baie mense leef só met God—hulle besoek Hom soms, maar voel onseker of hulle regtig behoort. As gevolg van wat Christus gedoen het, nader ons God nie met huiwering nie. Ons kom met vrymoedigheid nader. (Hebreërs 10:19–22).  Jesus nooi ons nie net uit om Sy teenwoordigheid te besoek nie. Hy plaas ons daarin.
Sluit by ons aan waar ons verder gesels oor ware intimiteit met God.  Dit is iets wat ons nie self kan bewerkstellig nie - ons ontvang dit uit die openbaring van God se genade!

Show more...
1 month ago
34 minutes 20 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Gemaak Om Hom Te Ken // Neels Janse Van Rensburg // Unbroken Fellowship Deel 1

Voordat die skepping begin het, het God al in volmaakte verhouding en intimiteit bestaan—en Hy nooi ons in daardie lewe in. In hierdie week se boodskap ontdek ons hoe ongebroke verhouding met God nie net moontlik is nie, maar die rede waarom jy geskape is.

Show more...
1 month ago
34 minutes 36 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Wat Gebeur Waneer Ek God Vertrou? // Neels Janse van Rensburg // In God We Trust Deel 3

Wat gebeur wanneer ons regtig God vertrou met ons lewens? In hierdie week se boodskap ontdek ons hoe vertroue stabiliteit, vrede en vrugbaarheid voortbring. Kom leer hoe God se storie van oorvloed nie net jou hart verander nie, maar ook die wêreld rondom jou kan raak.

Show more...
2 months ago
31 minutes 10 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Hoe Weet Ek Ek Vertrou Werklik Die Here? // Andreas van Tonder // In God We Trust Deel 2

Die lewe trek ons dikwels na bekommernis, vergelyking en die konstante soeke na meer. Maar God nooi ons in ’n ander pad—’n lewe gekenmerk deur vertroue, vryheid en vrede. In hierdie boodskap ontdek ons wat dit beteken om die vreugde van vergenoegdheid en die vryheid wat kom as ons ons lewens werklik in Hom anker.

Show more...
2 months ago
1 hour 14 minutes 34 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Op God Vertrou Ons // Week 1 // Jaques van Wyk // Plant die saad

Die lewe het sy seisoene van hitte, droogte en onsekerheid — maar God se Woord belowe dat dié wat op Hom vertrou, nie sal verdor nie. In ons nuwe preekreeks, Op God Vertrou Ons, gaan ons ontdek hoe om ons harte in Sy trou te anker, diep geestelike wortels te groei en met onwankelbare sekerheid te leef, maak nie saak wat kom nie.


Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. (Jer 17:7–8)


Kom ontdek die seën, vrede en vrugbaarheid wat wag vir elkeen wat sy vertroue volkome in die Here stel.

Show more...
2 months ago
36 minutes 27 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Die Geregtigheid van God // Jaques van Wyk

Baie van ons leef ons lewens vasgekyk in die truspieël — gedefinieer deur ons foute, vasgevang in ou opinies, en vas in wat agter ons lê. Maar God se waarheid roep ons na iets baie groter. In Christus is jy ’n nuwe skepping en die geregtigheid van God self. In hierdie boodskap ontdek jy hoe om los te breek van die greep van jou verlede, duidelik te sien wat God voor jou geplaas het, en met die vertroue te leef van iemand wat weet hy of sy behoort in Sy teenwoordigheid.

Show more...
2 months ago
26 minutes 36 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Jy Moet Weer Gebore Word // Andreas van Tonder

In hierdie boodskap breek Andreas een van Jesus se mees uitdagende uitsprake oop: “Jy moet weer gebore word.” Dit gaan oor om ’n totale nuwe identiteit te ontvang—een wat nie gegrond is op jou pogings, moraliteit of selfwaarde nie, maar op die transformerende krag van God se Gees.

Show more...
3 months ago
34 minutes 43 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Eenheid Met Die Vader // Alan Platt

Intimiteit met Die Vader was die eienskap wat Jesus so aantreklik gemaak het vir al die mense wat hy in aanraking mee gekom het en spesifiek die sondaars. Dit is presies hierdie intimiteit met Die Vader wat Jesus vir ons ook kom bewerkstellig het. Die stigter en vader van Doxa Deo, Alan Platt, deel n boodskap rondom eenheid en intimiteit met Die Vader.

Show more...
3 months ago
36 minutes 12 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Is my aanbidding aanneemlik vir God? // Jaques van Wyk // Response Deel 2

In 'n tyd waar aanbidding dikwels gekoppel word aan styl, atmosfeer of persoonlike voorkeur, moet ons onsself eerlik afvra: Is dit wat ek aan God bring, werklik wat Hý vra?

Aanbidding is nie net 'n emosionele oomblik of 'n mooi lied nie. Dit is 'n lewe wat oorgegee is, geanker in waarheid – in gehoorsaamheid aan God se Woord. God is nie beïndruk deur uiterlike vorm sonder innerlike waarheid nie. Hy soek aanbidders wat Hom aanbid in gees en in waarheid (Joh. 4:24).

In vandag se 08:30 diens gesels ons verder oor aanbidding en staan ons stil by die vraag: "Is my aanbidding aanneemlik vir God – en in lyn met Sy Woord?" Laat ons nie tevrede wees met oppervlakkigheid nie, maar streef na 'n aanbidding wat Hom eer uit 'n hart van waarheid en oorgawe.

Show more...
3 months ago
31 minutes 51 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Ware Aanbidding Is Uit Die Hart // Jaques van Wyk // Response Deel 1

Ontdek 'n dieper begrip van aanbidding. Aanbidding is 'n belangrike deel van elke gelowige se lewe, maar baie van ons is daarby betrokke op grond van persoonlike ervaring eerder as 'n ware skriftuurlike grondslag. Hierdie boodskap sal jou toerus met Bybelse insigte oor wat ware aanbidding is.

Show more...
3 months ago
38 minutes 13 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
It's Inside, Not On Top // Neels Janse Van Rensburg // The Glory Within Deel 2

Ons het die afgelope Sondag saam gekuier rondom die waarheid dat God se Heerlikheid IN ons leef.  Sy Heerlikheid vereis nie perfeksie van ons nie.  Inteendeel, dit is juis sigbaar in ons menslikheid en gebrokenheid. 
Want God wat gesê het, "Laat daar uit die duisternis lig skyn," dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, in die aangesig van Jesus Christus.  Hierdie skat het ons in kleipotte, sodat die buitengewone krag duidelik van God kom en nie van ons nie. (2 Kor 4:6-7)

Show more...
4 months ago
28 minutes 39 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
It's Inside, Not On Top // Neels Janse Van Rensburg // The Glory Within Part 1

As jy die Cremora advertensie, "it's not inside, it's on top" onthou gee dit dalk nou bietjie van jou ouderdom weg. 😉  Dankie tog dat dit nie so werk met die Heerlikheid (Doxa) van God (Deo) nie!  
God se Heerlikheid in ons is nie afhanklik van perfektheid nie maar is juis sigbaar in ons menslikheid. Ons menslike gebrokenheid is nie n briek/blok vir sy Heerlikheid nie.

Show more...
4 months ago
41 minutes 2 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Julle Sal My Getuies Wees // Jaques van Wyk // Die Vervulling Storie Deel 3

Hoe help die Helige Gees ons om getuies te wees van Christus? Die Heilige Gees is die Helper wat die Here vir ons gegee het. Hy is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.

Show more...
4 months ago
39 minutes 46 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Ek Stuur Vir Julle ń Helper // Jaques van Wyk // Storie van Vervulling Deel 2

Die Heilige Gees is die Helper wat die Here vir ons gegee het. Hy is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.

Show more...
4 months ago
35 minutes 46 seconds

Doxa Deo Auckland Afrikaans
Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.