Hannes van Wyk gesels met Boekemakranka oor sy eenmanvertoning Sê groete vir Ma, wat verfilm is vir die Toyota US Woordfees 2021. Luister saam na wat agter die skerms gebeur het!
Dr Willie Bruwer, a Pulmonologist in conversation with Namibian First Lady, Monica Geingos about the Covid Vaccine.
Liedjieboer is Anton Goosen se biografie, geskryf deur Hanlie Retief.
Dawid Yzelle gesels met Marzanne oor haar nuwe boek, Hooglied.
Alta Cloete gesels met Louise oor haar eerste boek, Kiekies en koffie
Wat gebeur as jy die apokalips misloop?
Corali is die derde boek in die reeks oor die Vywervroue
Alma gesels met Alta Cloete oor Ayla se sonde
Verslaggewer Anje Bruwer verruil die gevaarlike strate van Johannesburg vir ’n rustiger lewe in Colesberg om ’n misdaadroman te skryf.
Maar die platteland is allermins rustig: Daar is ’n menseslagter los wie se gruweldade Anje se kop laat duisel. Sy loop haar in sy web vas wanneer sy vir die plaaslike koerant oor sy moorde begin verslag lewer. Kaptein Siegfried Scholtz – ’n man wie se skuldgevoelens hom ry – kan nie anders nie as om Anje by die ondersoek te betrek.
Gaan hulle daarin slaag om te keer dat die moordenaar nog ’n lewe wreed in ’n bloederige swartsak verpak?
Die afloerder is ’n sielkundige riller so koud en donker as kan kom.
Felicia gesels oor haar Romanza reeks, Verweefde liefde.
The Farm by Max Annas – an explosive mix of psychological thriller and neo-Western, with a deeply political subtext. New from Catalyst Press and LAPA Publishers – The Farm by Max Annas. Somewhere in South Africa, another farm comes under heavy attack. No shooters in sight...
Agter grendels is Erla se smeulroman geskryf in die grendeltyd.
As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte gegrimeer vir die laaste besigtiging deur roubeklaers. ’n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie, of hoe?
Nietemin wens Seb wel af en toe vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan – nie net by die werk nie, maar ook tuis waar hy, sy vrou en tienerkinders verby mekaar leef.
Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, begin Seb tog in wense glo . . .
Toe ons oneindig was is die verhaal van ’n meisie wat nog altyd presies gedoen het wat van haar verwag is. Iemand wat so besig was om almal gelukkig te hou dat sy nooit regtig probeer uitvind het wat háár gelukkig maak nie. Totdat sy een middag in ’n aantrekhokkie vir die heel eerste keer gesoen word. Dis ’n storie oor vriendskap en lojaliteit. Oor seksualiteit en vloeibaarheid. Maar bowenal is dit die verhaal van ’n meisie op ’n selfontdekkingsreis – die soort reis wat in ’n Hollywood-fliek hoort.
Going Home is Sophia Lindop's latest book, one whose essence comes from deep within her heart. It tells the tale of her odyssey to Lebanon to find her roots and her family. With photographs by Hein van Tonder.
Hans gesels oor sy boek Die Opstand van Poppie Nel
Liefde is al wat vir die mens oor is. Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir ’n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig. Só ontvou Poppie se verhaal.
Jaco Fouché gesels met Boekemakranka oor Aanspreeklikheid. Dit was die naaswenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd vir 2018. Dit is Jaco Fouché se eerste roman in sewe jaar.
Izak de Vries en Madri Victor van Lapa Uitgewers gesels oor Lapa se Romanzas.
Didi gesels oor haar boek, As dit voel soos liefde, en haar grendelverhaal, Perke.
Tinus Viviers gesels met Boekemakranka oor sy lewe as skrywer en die uitdagings van selfpublikasie.