Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Technology
Health & Fitness
Sports
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
Loading...
0:00 / 0:00
Podjoint Logo
US
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/31/1d/ea/311dea77-1773-1748-c195-ce950ab2abf7/mza_16088049421411814502.jpg/600x600bb.jpg
AfriPod
AfriForum Media
59 episodes
4 days ago
AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself binne die raamwerk van die wet te beskerm en nog baie meer. Vrae en voorstelle kan gestuur word na media@afriforum.co.za.
Show more...
News Commentary
News
RSS
All content for AfriPod is the property of AfriForum Media and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself binne die raamwerk van die wet te beskerm en nog baie meer. Vrae en voorstelle kan gestuur word na media@afriforum.co.za.
Show more...
News Commentary
News
Episodes (20/59)
AfriPod
AfriForum soek swaarder strawwe vir kabeldiewe

Koperkabeldiefstal veroorsaak elke jaar miljarde rande se skade en ongerief. Eskom en Transnet loop die ergste deur en die belastingbetaler moet boonop vir die skade opdok.AfriForum doen daarom ’n beroep op die instelling van swaarder strawwe vir kriminele wat hulself aan hierdie misdaad skuldig maak.

Show more...
2 weeks ago
10 minutes 14 seconds

AfriPod
Wanneer mag jy skiet? (Deel 2)

In hierdie episode van AfriPod word die gesprek met Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, voortgesit oor wanneer ’n vuurwapen vir selfverdediging binne die raamwerk van die wet gebruik mag word.

Show more...
1 month ago
18 minutes

AfriPod
Wanneer mag jy skiet? (Deel 1)

Wanneer mag ’n wettige vuurwapeneienaar sy of haarvuurwapen in selfverdediging gebruik? Mag ek skiet wanneer ek in my huis oorval word? Het ek die reg om te skiet wanneer ek gekaap word? Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, beantwoord dié en verskeie ander brandende vrae oor vuurwapengebruik in hierdie en die volgende episode van AfriPod.

Show more...
1 month ago
28 minutes 2 seconds

AfriPod
AfriForum en Tshwane-metro se samewerking gaan steeds voort

AfriForum het verlede jaar kort voor die nasionale verkiesing ’n memorandumvan verstandhouding met die Tshwane-metro onderteken. Die koalisieregering onderdie DA is egter intussen uit die kussings gelig. ’n Stap wat dié ooreenkoms ingedrang gebring het. Die nuwe burgemeester het egter sedertdien aan AfriForumdie versekering gegee dat dié samewerking sal voortgaan.

Show more...
1 month ago
13 minutes 2 seconds

AfriPod
AfriForum teen stadsreinigingsheffing in Tshwane gekant

Die Tshwane-metro beplan om op 1 Julie 2025 ’nomstrede stadsreinigingsheffing in te stel. Hiervolgens sal inwoners wat nie van die stad se vullisverwyderingsdienste gebruik maak nie, bykans R200 per maand moet opdok om selfs meer tot die metro se begroting by te dra. ArnoRoodt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Pretoria-Suid, gesels in hierdie episode van AfriPod oor hierdie heffing en hoe die metro eerder op alternatiewe wyses die begroting kan laat klop.

Show more...
1 month ago
7 minutes 43 seconds

AfriPod
160 jaar van vriendskap: Afrikaners en die Seleka Barolong

’n Vriendskap van 160 jaar tussen Afrikaners en die Seleka Barolong van Thaba Nchu is onlangs gevier. Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, gesels in hierdie episode van AfriPod oor dié besonderse verhouding tussen hierdie twee kultuurgemeenskappe.

Show more...
3 months ago
26 minutes 14 seconds

AfriPod
Vuurwapens: Só werk die aansoekproses

Die aansoek om ’n vuurwapenlisensie kan ’n gekompliseerder proses word as ’n mens nie weet waarom te begin nie. Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, verduidelik in hierdie episode van AfriPod hoe die aansoekproses werk en gee wenke oor wat ’n mens tydens die aansoekproses moet en liefs nie moet doen nie.

Show more...
3 months ago
25 minutes 27 seconds

AfriPod
Só gaan die NGV jou raak

Sedert die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aangekondig is bly dié stuk wetgewing ’n warmpatat vir die regering. In hierdie episode van AfriPod verduidelik Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum, hoe die NGV gewone burgers kan raak.

Show more...
4 months ago
19 minutes 28 seconds

AfriPod
AfriForum vra minister om in belang van kultuurgemeenskappe op te tree

AfriForum het kommentaar ingedien op die Wetsontwerp opTradisionele en Khoi-San-leierskap en ’n brief is ook aan die minister van Samewerkende Regering en TradisioneleSake gestuur waarin ’n beroep gedoen word om in belang van kultuurgemeenskappe op te tree. Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, vertel in hierdie episode meer hieroor.

Show more...
4 months ago
25 minutes 12 seconds

AfriPod
Onteieningswet: Wat jy moet weet

Daar is nog baie onduidelikheid rakende die nuwe Onteieningswet. Rindt Pretorius, regs- en risikobeampte by AfriForum, verduidelik in hierdie episode van AfriPod hoe dié wetgewing Jan Alleman kan raak.

Show more...
5 months ago
10 minutes 15 seconds

AfriPod
AfriForumTV

Die Desember-vakansie is net om die draai en of jy nou weggaan of met Jan Tuisbly se karretjie ry, AfriForumTV het iets vir jou. Shinelle Brewis, koördineerder by AfriForumTV, gesels vandag oor hoe AfriForumTV werk en oor van die programme wat op hierdie platform gekyk kan word. Dis boonop gratis om in te teken!

Show more...
7 months ago
10 minutes 3 seconds

AfriPod
AfriForum se Vakansiegids propvol veiligheidswenke

AfriForum het ’n vakansiegids aanlyn beskikbaar gemaak met veiligheidswenke vir die vakansietyd. In hierdie episode van AfriPod gesels Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, oor die inhoud van die gids en werp die kollig op ’n paar eenvoudige wenke om veiligheid by die huis of op die paaie te verskerp. Laai die gids hier af.

Show more...
7 months ago
31 minutes 6 seconds

AfriPod
Vuurwapens uit boedels: Dís hoe dit werk

Vuurwapens wat in ’n boedel agtergelaat word kan maklik in ’n tameletjie ontaard as die regte prosedure nie gevolg word nie. Daar was selfs onlangs gevalle waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens vuurwapens summier gaan afneem het. Daar is egter stappe wat gedoen kan word om persone te beskerm wat vuurwapens erf of in besit is daarvan ná iemand afgesterf het. Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, verduidelik in hierdie episode van AfriPod wat gedoen kan word om binne die raamwerk van die wet bly.

Show more...
7 months ago
21 minutes 59 seconds

AfriPod
Die Bela-wet, moedertaalonderrig en 2024 se grootste optog

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette oftewel die Bela-wet hou ’n groot bedreiging in vir moedertaalonderrig en skole se taal- en toelatingsvereistes. Die Solidariteit Beweging hou op 5 November ’n vreedsame protesoptog oor dié wet om die organisasie en duisende ander mense se teenkanting te wys. Carina Bester gesels met Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, oor hierdie wet, waarom moedertaalonderrig belangrik is en oor die grootste protesoptog van die jaar.

Show more...
8 months ago
14 minutes 29 seconds

AfriPod
Platsak tot stinkryk

Sluit aan by Katinka Oosthuizen in Platsak tot stinkryk op ’n opwindende reis deur Suid-Afrika! Sy ontdek die land se buitengewone toeriste-ervarings, van die goedkoopste na die mees luukse. Ervaar alles, van bekostigbare treinritte en unieke klein verblyfplekke, tot die luukse Rovos Rail en die weelderige verblyf by Sun City. Kom saam op hierdie onvergeetlike avontuur en ontdek Suid-Afrika op sy beste – van platsak tot stinkryk! Dié reeks kan vanaf 17 Oktober op AfriForumTV gekyk word.

Show more...
9 months ago
11 minutes 50 seconds

AfriPod
NUUSKOMMENTAAR: Migrasie-uitdagings en wysigings aan die Suid-Afrikaanse immigrasiewetgewing

In aanloop tot die verkiesing is migrasie een van die kwessies wat heelwat aandag geniet. Van die kandidate maak uitlatings wat gevaarlik na aan xenofobie klink, terwyl ander Suid-Afrikaners frustrasies met die land se swak grensbeheer verwoord.


Show more...
1 year ago
6 minutes 5 seconds

AfriPod
NUUSKOMMENTAAR: ANC, EFF, MK: Is ’n ‘oordeelsdag-koalisie’ op hande?

Die vraag ontstaan nou hoe ver die land se grootste partye sal gaan om mag te behou of te bekom? Sal daar wel ’n sogenaamde “oordeelsdag-koalisie” tussen die ANC, EFF en oudpres. Jacob Zuma se uMkhonto weSizwe (MK)-party wees? Of erger, sal die DA ’n koalisie met die ANC aanknoop om die voorgenoemde koalisie te verhoed?

Show more...
1 year ago
3 minutes 30 seconds

AfriPod
NUUSKOMMENTAAR: Graaff-Reinet of Sobukwe? Naamsverandering laat die tonge klap

Wat is in ’n pleknaam? Dit hang af wie jy vra. Vir party is ’n pleknaam ook die geskiedenis van die betrokke plek. Dit is die mense wat was, is en nog gaan wees – hoe mooi of lelik dit ook al dalk mag wees. Vir ander is dit sinoniem met onderdrukking en uitsluiting. Hoe dit ook al sy, ’n pleknaam kan nie net lukraak verander word omdat party mense daardeur geaffronteer voel nie.

Show more...
1 year ago
3 minutes 37 seconds

AfriPod
NUUSKOMMENTAAR: Werklike verandering en die uitsprake van politici

Politici in Suid-Afrika kan nie net doen wat hulle wil nie – nie hééltemal nie. Elke politikus, hoe magtig en korrup ook al, se dade word beperk deur gewone indiwidue en gemeenskappe se optrede.

Show more...
1 year ago
3 minutes 34 seconds

AfriPod
NUUSKOMMENTAAR: Ramaphosa se mooipraatjies maar net verkiesingsbeloftes

Hierdie week se nuuskommentaar is saamgestel en voorgelees deur Carina Bester.


Show more...
1 year ago
3 minutes 34 seconds

AfriPod
AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself binne die raamwerk van die wet te beskerm en nog baie meer. Vrae en voorstelle kan gestuur word na media@afriforum.co.za.