Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
Health & Fitness
Technology
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
Loading...
0:00 / 0:00
Podjoint Logo
US
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts115/v4/4c/0a/a5/4c0aa5e8-73a1-514e-0ca7-af2d7c08e525/mza_5459362500045124947.jpg/600x600bb.jpg
VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
31 episodes
9 months ago
Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel. In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail bespreek deur verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die eerste twee episodes word 'n algemene oorsig oor die AWS gegee; daarna word elk van die dele van die AWS in afsonderlike episodes bespreek. Die reeks word afgesluit met 'n vooruitskouende besinning oor die toekoms van standaardtaal en die AWS.
Show more...
Education
RSS
All content for VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017) is the property of Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel. In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail bespreek deur verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die eerste twee episodes word 'n algemene oorsig oor die AWS gegee; daarna word elk van die dele van die AWS in afsonderlike episodes bespreek. Die reeks word afgesluit met 'n vooruitskouende besinning oor die toekoms van standaardtaal en die AWS.
Show more...
Education
Episodes (20/31)
VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
31. Die toekoms van standaardtaal en die AWS
In dié slotaflewering van VivA se podsendingreeks oor die 11de uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls gesels die nuutverkose ondervoorsitter, Suléne Pilon, met die Taalkommissievoorsitter, prof. Gerhard van Huyssteen, oor standaardtaal en spesifiek die standaardvariëteit van Afrikaans. Die verskillende funksies en die vier formaliteitsvlakke van Afrikaans word bespreek; algemene Afrikaans; die toekoms van die AWS; en die volgende take van die SA Akademie se Taalkommissie.
Show more...
7 years ago
26 minutes 30 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys
Episode 30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys (Jana Luther en Frank Hendricks). Die AWS is grotendeels beperk tot hedendaagse, geskrewe Standaardafrikaans en bereël die skryfwyse daarvan. As voorlaaste bylae is daar in die AWS egter ook 'n kort hoofstuk ingesluit oor Omgangsafrikaans. Hoe definieer ons Omgangsafrikaans, en op grond van watter kriteria besluit die Taalkommissie dat 'n leksikale item, 'n spesifieke woord, Omgangsafrikaans en nie Standaardafrikaans is nie? In die slotbylae, die Terminologielys word die betekenistoepassings omskryf van terme soos hulle in die AWS gebruik word. Vir elke nuwe AWS wat verskyn, word hierdie lys bygewerk, en daar kom ook nuwe terme by ...
Show more...
7 years ago
15 minutes 3 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
29. Bylae: SI-stelsel: Gebruiksriglyne
Episode 29: Bylae: SI-stelsel: Gebruiksriglyne (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die meeteenhede van die Internasionale Stelsel van Eenhede, kortweg die SI-stelsel of metrieke stelsel genoem, en die skryfwyse van groot getalle (biljoen en miljard!) in Afrikaans. (Onthou om ook te luister na episode 11 oor Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simbole.)
Show more...
7 years ago
9 minutes 27 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
28. Bylae: Lys elemente in die periodieke tabel
Episode 28: Bylae: Lys elemente in die periodieke tabel (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode in die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n kort samevatting van die inligting in hierdie tabel.
Show more...
7 years ago
3 minutes 13 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
27. Bylaes: Buitelandse sake
Episode 27: Bylaes: Buitelandse sake (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Die bylae oor transliterasie en die ene oor buitelandse geografiese eiename met hulle afleidings, is ou bekendes in die AWS. In die 2017-AWS is twee addisionele bylaes wat oor buitelandse geografiese name handel, bygevoeg. In hierdie episode bespreek ons elk van hierdie vier bylaes in detail.
Show more...
7 years ago
14 minutes 7 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
26. Bylae A: Lys afkortings en simbole
Episode 26: Bylae A: Lys afkortings en simbole (Jana Luther en Phillip Louw). Hoe gemaak met afkortings in Afrikaans? Die beginsels en reëls vir die vorming van afkortings is in hoofstuk 3 van die Spelreëls vervat. In dié bylae word leidinggewende en gebruiklike voorbeelde gegee wat dié beginsels en reëls illustreer. Dit word kortliks bespreek.
Show more...
7 years ago
9 minutes 7 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
25. Woordelys
Episode 25: Woordelys (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die 25ste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die woordelysgedeelte bespreek. Ons praat kortliks oor hoe die woordelys verander het sedert die 2009-AWS, spesifiek oor woorde wat bygevoeg en geskrap is. Die grootste gedeelte van die podsending word gewy aan die werkswyse van die Taalkommissie: Watter kriteria gebruik ons om te besluit of 'n woord opgeneem moet word of nie, asook hoe die woord opgeneem moet word? Hierdie kriteria word aan die hand van verskeie voorbeelde geïllustreer, terwyl ons die geval "emeritus" in detail behandel.
Show more...
7 years ago
46 minutes 34 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
24. Hoofstuk 20: Woorde van vreemde herkoms
Hoofstuk 20: Woorde van vreemde herkoms (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Soos wat in alle ander tale gebeur, gaan leen Afrikaanse mense ook dikwels woorde by ander tale. Maar hoe gemaak met die spelling van sulke woorde? Ons bespreek die drie hoofkategorieë van leenwoorde aan die hand van talle voorbeelde.
Show more...
7 years ago
10 minutes 6 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieë
Episode 23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieë (Gerhard van Huyssteen en Jana Luther). Sommige mense raak ongedurig omdat die Taalkommissie wisselvorme vir sommige woorde in die AWS aanbied, terwyl ander mense dit juis verwelkom. In hierdie episode ondersoek ons die belangrikste kategorieë waar wisselvorme sistematies voorkom.
Show more...
7 years ago
17 minutes 45 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
22. Hoofstuk 18: Vokale
Episode 22. Hoofstuk 18: Vokale (Jana Luther en Frikkie Lombard). ’n Opsomming van die faktore wat die weergawe van Afrikaanse vokale (klinkers) in skrif beïnvloed: oop en geslote lettergrepe, klem, herkoms, klankomgewing en tradisie.
Show more...
7 years ago
19 minutes 20 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
21. Hoofstuk 17: Verkleiningsvorme
Episode 21. Hoofstuk 17: Verkleiningsvorme (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Daar is basies sewe agtervoegsels/suffikse wat in die Afrikaanse verkleiningskonstruksie gebruik word: -ie; -jie; -tjie; -'tjie; -etjie; -kie; en -pie. In hierdie episode word die verskillende tipes woorde waar hierdie morfeme gebruik word, bespreek.
Show more...
7 years ago
6 minutes 17 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
20. Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking
Episode 20: Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is daar in die 2017-uitgawe 'n hoofstuk oor trappe van vergelyking ingesluit. Ons gesels oor 'n paar wanopvattings oor trappe van vergelyking en bespreek dan die agt reëls wat in hierdie AWS opgeneem is.
Show more...
7 years ago
8 minutes 21 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
19. Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas
Episode 19: Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die negentiende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die moeilikste kwessies in die Afrikaanse ortografie bespreek, naamlik wanneer jy woorde los of vas aan mekaar moet skryf. Ons gesels oor die algemene beginsels en praat in groter detail oor samestellings in Afrikaans. Hierdie episode behoort jou te help om die reëls in die AWS maklik te kan toepas.
Show more...
7 years ago
36 minutes 19 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
18. Hoofstuk 14: Meervoude
Episode 18: Hoofstuk 14: Meervoude (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Van die belangrikste inligting wat in woordeboeke opgeneem word, is hoe meervoude in Afrikaans gevorm word. Daar word daarom ook 'n hele hoofstuk met reëls vir die vorming van meervoude in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017) aangebied. In hierdie episode gesels ons oor die meervoudskonstruksie en wys op allerhande interessante uitsonderings.
Show more...
7 years ago
24 minutes 1 second

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
17. Hoofstuk 13: Leestekens
Episode 17: Hoofstuk 13: Leestekens (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die twee nuwe hoofstukke in die AWS bespreek, naamlik die hoofstuk oor leestekens. Ons gesels eers oor die agtergrond van hierdie hoofstuk en hoe die Taalkommissie hom saamgestel het. Daarna word elk van die leestekens bespreek en met talle voorbeelde toegelig.
Show more...
7 years ago
54 minutes 4 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
16. Hoofstuk 12: Koppelteken
Episode 16: Hoofstuk 12: Koppelteken (Suléne Pilon en Gerhard van Huyssteen). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die koppelteken onder die loep geneem. Ons onderskei tussen vyf verskillende soorte koppeltekens en lig elkeen ruim toe met voorbeelde.
Show more...
7 years ago
13 minutes 10 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
15. Hoofstuk 11: Konsonante
Episode 15: Hoofstuk 11: Konsonante (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die verdubbeling al dan nie van konsonantletters, voltooide deelwoorde wat eindig op -te en -de, en die beginsel van gelykvormigheid in Afrikaans.
Show more...
7 years ago
26 minutes 23 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
14. Hoofstuk 10: Kappie
Episode 14: Hoofstuk 10: Kappie (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Die hoofstuk oor die kappie is die tweede kortste hoofstuk in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017). As jy al gewonder het waarom "skêr" mét 'n kappie geskryf word, maar "perd" nié, luister dan in hierdie episode na die onderliggende beginsels met betrekking tot die gebruik van die kappie in Afrikaans.
Show more...
7 years ago
5 minutes 6 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
13. Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters
Episode 13: Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Die keuse tussen hoof- en kleinletters lyk dalk soms bedrieglik maklik, maar dit is eintlik 'n skryfkwessie met baie nuanses. In hierdie episode probeer ons om die reëls so eenvoudig as moontlik saam te groepeer en saam te vat.
Show more...
7 years ago
27 minutes 25 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
12. Hoofstuk 8: Gravisteken
Episode 12: Hoofstuk 8: Gravisteken (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). In die agtste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die gravisteken bespreek. Hoe spreek 'n mens die woord "gravis" uit? Wat is die verskil tussen die akuutteken en die gravisteken? In watter gevalle gebruik ons die gravisteken?
Show more...
7 years ago
4 minutes 52 seconds

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel. In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail bespreek deur verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die eerste twee episodes word 'n algemene oorsig oor die AWS gegee; daarna word elk van die dele van die AWS in afsonderlike episodes bespreek. Die reeks word afgesluit met 'n vooruitskouende besinning oor die toekoms van standaardtaal en die AWS.