Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
Health & Fitness
Technology
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
Loading...
0:00 / 0:00
Podjoint Logo
US
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts126/v4/cd/14/68/cd146870-1c13-56b3-395e-6ed6a215d5f8/mza_6754622419300257105.jpg/600x600bb.jpg
Kerkbode Kollig
Klank Kompas
49 episodes
2 months ago
Weeklikse podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.
Show more...
Religion & Spirituality
RSS
All content for Kerkbode Kollig is the property of Klank Kompas and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Weeklikse podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.
Show more...
Religion & Spirituality
Episodes (20/49)
Kerkbode Kollig
Episode 49 | ‘Hoe dink ons oor hulp?’ - Jan Lubbe in gesprek met ander oor Gasa-skenking
Hoekom het die NG Kerk se leierskap juis nou besluit om R250 000 te skenk vir humanitêre hulp in Gasa? Wie kry die geld en kan ons vertrou die geld kom wel by noodlydendes uit? Hoekom het hierdie skenking soveel reaksie ontlok? Jan Lubbe en dr Nioma Venter gee breedvoerig toeligting op dié vrae in hierdie episode van Kerkbode Kollig. Ds Lubbe is moderator van die NG Kerk en Venter is die algemene sekretaris. Die politieke ontleder, prof Theo Venter, neem ook vanuit Potchefstroom af aan hierdie wydlopende gesprek deel. Hy gee sy insae in wat tans ontvou in die komplekse konfliksituasie tussen Gasa en Israel. Lees ook rubrieke en verklarings op Kerkbode se webtuiste.
Show more...
2 months ago
38 minutes 33 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie
Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na wat evangelisasie is asook die regstel van wanpersepsies en ’n entoesiasme rondom wat hy as Goddelike avontuur bestempel.
Show more...
2 months ago
19 minutes 15 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman
As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in nog ’n spesiale uitgawe vir Kerkbode Kollig met haar gesels oor die welstand van die kerk op gemeentevlak. Hulle gesels oor wat sy hoor en sien gebeur in gemeentes, wat die rol van die sinode is (meer staf as slaanstok), kritiese stemme in die kerk asook wat sy sien as positiewe veranderinge binne die kerk in die laaste jare.
Show more...
3 months ago
18 minutes 9 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 46 | Jan Lubbe in gesprek met Barnard Beukman
"Hy dink nie ons ag die krag van ons woorde genoeg nie." So sê Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, met verwysing na die vlak van debat wêreldwyd, maar ook plaaslik in ons land se konteks sowel as in kerklike gesprekke. Lubbe het vroeër vanjaar in ’n rubriek aan Kerkbode, met verwysing na die sesde gebod ‘jy mag nie doodslaan nie’, geskryf oor wat God in hierdie gebod van gelowiges vra soos verwoord in die Heidelbergse Kategismus. In hierdie spesiale uitsending vir Kerkbode Kollig, gesels Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, met Lubbe oor openbare debatvoering. Na aanleiding van die rubriek vra Beukman vir Lubbe oor hoe hy openbare verskille dan wil sien en oor die kerk se stem in die samelewing (moet net die NG Kerk ’n standpunt hê oor alles?).
Show more...
3 months ago
20 minutes 54 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 45 | ‘Siekte het my ’n beter predikant gemaak’
Bennie Janse van Rensburg het ’n oorerflike spierkwynende siekte waarvoor daar nie genesing is nie. FSH-spierdistrofie, wat in 2007 by hom gediagnoseer is, het hom oor jare so verswak dat sy stewige paar bene hom nie meer kan vat waar hy wil wees nie. Hy kan nou nie eens meer uit die bed opstaan sonder dat Susan, sy ‘engel’ soos hy sy vrou noem, of sy versorger hom help nie. Die gebore Vrystater was vir 25 jaar predikant by die NG Moedergemeente Wellington voor hy op 60 in 2021 om mediese redes moes uittree. Lees ook sy getuienis op kerkbode.co.za Het jy ’n geloofstorie? Kontak ons gerus op kerkbode@tydskrifte.co.za
Show more...
4 months ago
11 minutes 40 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 44 | Dr Barry Tolmay oor ’n teologie van ekologie - harmonie met God, mens en natuur
Dr Barry Tolmay vertel vandat hy ‘n klein seuntjie was is die natuur vir hom die plek waar hy met God kon ontmoet. As voorsitter van die NG Kerk se nuwe Ekologietaakspan is sy visie dat hulle groen voetspoor in gemeentes oral in die land sigbaar sal word oor die volgende drie jaar. So vertel hy vir Heléne Meissenheimer tydens die span se eerste bymekaarkom in Mei 2025 op die Dolfynkus naby Durban. Lees meer: https://kerkbode.christians.co.za/2025/05/30/ekologietaakspan-spring-by-die-diepkant-in-werk-om-groen-spiritualiteit-te-laat-vloei-deur-die-kerk/ Kyk: https://youtu.be/2C_RjweMShA?si=Qi3PtijmIcyndMCq
Show more...
5 months ago
15 minutes 31 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 43 | 'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor?
Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat (net wit?) Afrikaanse boere (?) vir vlugtelingstatus mag aansoek doen by die VSA? In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson asook Oos-Kaapse kerkleier, ds Danie Mouton, wat ook by interessante inisiatiewe betrokke is wat versoening en samewerking oor ras- en kerkgrense bevorder. Ons kyk na hoe ons praat oor die mense wat wel vlugtelingstatus ontvang sowel as die uitdagings wat dit skep vir gesprekke plaaslik. Soos Kerkbode se oud-redakteur noem, “aan die een kant het ons te doen met mense wat keuses gemaak het en wie se toekoms onseker is met wie Jesus ons leer om deernis te hê … aan die ander kant is daar ’n politieke spel waarin daar ’n klomp leuens vertel word en hierdie mense is daarin vasgevang”. Een van die vrae is of ons as burgers van die land nie almal op ’n manier slagoffers is nie? En ons hoor van die hoop wat stories vanuit die kerk kan bied wat vertel van koalisies wat gebou word en regkry om mense bymekaar te bring en saam hulle omgewing te verander.
Show more...
5 months ago
25 minutes 14 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 42 | Boeke, geloof en ’n prysfonds wat 'hulle net wyer wil span' - Bettina Wyngaard
Die skrywer Bettina Wyngaard sê sy dink nie ’n mens kan die toekoms van Afrikaanse boeke in die breë skei van Afrikaanse boeke wat spesifiek oor geloof en teologie gaan nie. “Ek dink nie in dit wat ons lees, moet ons noodwendig ’n onderskeid maak tussen geloofsboeke en ‘ander boeke’ nie,” sê die Anglikaanse nuwe voorsitter van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds. Heléne Meissenheimer gesels met haar oor temas soos versoening, geregtigheid en haar hoop dat die prysfonds al meer beweeg weg van “die een is NG en daai een is Anglikaan … maar dat ons onsself net as ’n groep gelowiges sien wat probeer om gehalte Christelike teologiese literatuur hoofstroom te maak”. Ons praat ook oor boeke wat vrae vra oor God en geloof. Vir haar is die Bybel ’n rigtingwyser, sê Bettina, maar voeg by, “as ons nie behoorlik aandag gee aan die vrae wat gevra word nie, dan dink ek is ons besig om ons eie Christenskap in ’n boksie te sit … ek glo dit en ek het dit nog altyd geglo, Jesus aan die kruis is groter as enige vraag wat enigeen van ons kan vra”. Lees ook meer oor vanjaar se pryswenners hier: https://kerkbode.christians.co.za/2025/04/29/cas-vos-wen-andrew-murray-prys-ander-wenners-vir-2025-bekend/
Show more...
6 months ago
26 minutes 10 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 40 | Gemeentes met gebroke verhale van hoop – Dr Marelize Maritz
Hoe lyk ’n gemeente wat kwalifiseer as ’n “baken” vir die toekoms van die NG Kerk? Só ’n gemeente se storie is dikwels vol gebrokenheid, maar hulle verhaal van aanpas by veranderde omstandighede skets ’n prentjie van hoop. Só vertel dr Marelize Maritz, ’n akademiese navorser van die Vrystaat wat spesialiseer in praktiese en missionale teologie. Sy is mederedakteur van die boek, Bakengemeentes: Nagedink oor roeping en getrouheid. Dit is ’n nuwe boek wat die stories van 26 sulke gemeentes bevat, sowel as insigte uit die Kerkspieël- en Predikantepaneel-vraelyste. Maritz vertel hierdie boek, wat ’n hele hoofstuk oor roeping insluit, is bedoel as ’n praktiese gids vir mense wat beleef dat die kerk, soos sy dit stel, “op ’n vasloopplek is of wat dalk dink ons gaan nie meer bestaan nie, dat die NG Kerk se tyd verby is in Suid-Afrika”. Die boek is beskikbaar by CLF. Meer oor die boek: Die werk sluit kwalitatiewe en kwantitatiewe empiriese data in, versamel deur die NG Kerk se Algemene Taakspan Navorsing, en staan in gesprek met die 2030-droomscenario wat na afloop van die Algemene Sinode van 2019 geformuleer is. Bron: CLF.
Show more...
6 months ago
30 minutes 8 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?
Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van Kerkbode se podsending, Kollig. Die skrywer en predikant Schalk van Heerden van Fontainebleau Gemeenskapskerk is medestigter en voorsitter van die liefdadigheidsorganisasie Betereinders. Hulle is bekend vir projekte wat poog om inklusief mense vanuit verskillende kulture bymekaar uit te bring – soos die onlangse braai in Februarie waar hulle die ‘Not USA but you, SA’-veldtog bekend gestel het. Ivor Swartz is predikant by die Oosterlig-gemeente in Pretoria en is die bekroonde skrywer van boeke soos Die verlore seun vannie Gaatjie en Nogtans geloof. Luister gerus saam na hierdie gesprek wat draai by rugbykwotas, Afrikaners se pioniersgees en Bloedrivier, asook ’n Katolieke teologiese term “ordo amoris”, wat beteken ‘rangorde van liefde’ aan die hand waarvan gevra word wat die Bybel sê oor wie jy moet liefhê. Volg gerus die skakel om die video op YouTube te kyk: https://youtu.be/SkQiaNpdP0w
Show more...
8 months ago
41 minutes 6 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 38 | Polarisasie, Trump en openbare getuienis
Polarisasie oor onlangse wêreldgebeure en die openbare getuienis van die NG Kerk is van die onderwerpe wat hanteer word tydens hierdie onderhoudende paneelgesprek. Ds Jan Lubbe en nog twee gaste, die historikus dr Lindie Koorts en ds Anandie Greyling, voorsitter van ’n kerklike taakspan met die naam “Miga 6:8 – Versoening en Geregtigheid” sluit hiervoor aan by Kollig-aanbieder, Heléne Meissenheimer. Lubbe praat ondermeer oor die pastorale brief (lees meer via webskakel onder) wat die dagbestuur van die moderamen van die Algemene Sinode vandeesmaand aan gemeentes gestuur het. Hy het gesê dié skrywe kom weens ’n besorgdheid oor wat wêreldwyd gebeur, maar ook in ons land en die effek daarvan asook hoe daarop gereageer word. Greyling vertel meer oor waarmee hierdie taakspan besig is terwyl dr Koorts, in die lig van die oorspoel van onlangse gebeure in die VSA na Suid-Afrika, die konteks skets van twee lande se groepe geloofsgemeenskappe en wat hulle met mekaar in gemeen het. Geen geloofsgemeenskap staan in isolasie nie, het sy gesê. “So jy sien al meer dat Suid-Afrikaanse Christene hulle begin vereenselwig met Christene in die VSA, maar baie bepaalde groeperinge en dat dit deurspoel na al ons gemeentes toe,” het Koorts, lektor by die Universiteit van Pretoria, uitgebrei. Webskakel: https://kerkbode.christians.co.za/2025/02/14/pastorale-brief-februarie-2025-ons-skryf-uit-%ca%bcn-diepe-besorgdheid-aan-julle-met-%ca%bcn-hartsgebed-dat-god-hom-oor-ons-almal-sal-ontferm/
Show more...
8 months ago
42 minutes 21 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 37 | Die belydenis van Nicea - die kerkbelydenis wat ‘almal vir 1 700 jaar saam bely’
Toe hy grootgeword het, het hy gedink Christene is Afrikaanse mense soos hy, want hy het nie baie kontak met ander mense gehad nie. Mettertyd het hy egter verstaan dat daar ander mense is wat die Here net so lief het soos hy, maar dalk op ’n ander manier. So vertel dr Leon Foot van die NG Kerk in die Vrystaat. Helene Meissenheimer hoor by hom hy hoop die Belydenis van Nicea, een van die vroegste Christelike geloofsbelydenisskrifte, kan die hedendaagse kerk help. Hy sê daar is geen ander belydenis wat so ekumenies is soos hierdie een wat verklaar Jesus is die “eniggebore Seun van God … God uit God, Lig uit Lig” nie. “Dit is die een belydenis wat ons almal saam bely,” vertel hy oor hierdie belangrike kerklike geskrif wat vanjaar presies 1700 jaar terug opgestel en aanvaar is.
Show more...
8 months ago
14 minutes 39 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout
Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge anders … Haar bejaarde ouers het haar sorg nodig gehad. Sy het besef sy sal moet maniere vind vir ’n volhoubare inkomste. Vandag is sy onder meer ’n deeltydse Lutherse pastor, retraiteleier en hou ’n suksesvolle aanlynbediening aan die gang wat maandeliks tot 40 000 mense bereik. In kort, haar program is net so besig as wat dit in Johannesburg was. Dit het haar laat besef dit is nie die plek waar ons bly wat ons lewe besig maak nie, dit het te doen met ons menswees. “Ons is verslaaf aan besig wees,” sê sy in ons Kollig-gesprek vir Januarie. Aan die hand van haar boek, Woestynwysheid: Antieke riglyne vir toekomsgerigte mense praat ons oor die moderne mens se behoefte aan stilte, afsondering en eenvoud. Die boek is onlangs herdruk deur CLF. Geniet jy om na Kollig te luister? Jy kan hierdie projek se volhoubaarheid ondersteun deur 'n Vriend van Kerkbode te word. Vir hoe, klik net op die webskakel.
Show more...
9 months ago
25 minutes 22 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 35 | 'Skielik stap jy uit met ’n ‘ons’ storie’ - Dr Braam Hanekom oor 100DorpeDialoog
Trauma, bitterheid en seer onverwerkte gevoelens lê onder die vernis van elke gemeenskap in Suid-Afrika. Dan gebeur daar ’n insident, soos gebeur het in Senekal in 2020, en bars die hele ding uit. Dit is een van die grootste lesse wat hy geleer het met die 100DorpeDialoog-inisiatief, vertel dr Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis, ’n projek van Getuienisaksie. Hy vertel hierdie inisiatief met die doel om sosiale kohesie, soos hy dit verwoord “menskapitaal”, te bou het hom en sy span in die laaste sowat ses jaar geneem na meer as 70, selfs dalk soveel as 80 dorpe en gemeenskappe. Van Stellenbosch tot Atlantis. Van Graaff-Reinet tot Van Wyksvlei en selfs sover as die myngemeenskap van Witbank (eMalahleni deesdae) op die Hoëveld van Mpumalanga. Daar was ook al drie streeksdialoë in samewerking met die Duitse Konrad-Adenauer-Stiftung. Dié projek het vir hom gewys watter mooi stories kan begin ontvou wanneer mense van ’n gemeenskap, wat nie met mekaar praat nie, vir een dag of aand ’n kamer deel en begin praat oor uitdagings wat almal raak en hoe hulle dit saam kan aanpak.
Show more...
10 months ago
25 minutes 35 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 34 | ‘My eie ma het my nie herken nie … ’ - Johnny Davids
Toe Johnny Davids as jong man sy ma en ouma gaan op soek het op die Kaapse Vlakte na hy jare tevore as seuntjie van daar af weggeloop het, het sy ma hom nie herken nie. “Dit het baie seer gemaak,” vertel dié Kwêla-programaanbieder, SuperSport-omroeper en gospelsanger wat vir die eerste keer oor sy moeilike grootwordjare saam met sy dowe arm ouma oopmaak in sy biografiese boek, Boytjie. Dié naam het hy gehaat skryf hy in sy boek, maar soos hy sing in sy nuwe Gospellied, Nuwe naam, hy leef met ’n nuwe naam sedert daardie middag wat hy glo die Heilige Gees hom aangepor het om weg te hardloop van hierdie hartseer lewe en hy gekies het om te luister. Lees meer: https://lig.co.za/uittreksel-moekie-jy-het-my-weggegooi-maar-ek-vergewe-jou/?fbclid=IwY2xjawG6jN1leHRuA2FlbQIxMQABHU_J1EOZfQ59A2DzrabCxrIL8KTkOWiJOwRisWULtgNCuFLr2O56MER_2w_aem_ZgHUEOcY8a-NpMvVE1Clng
Show more...
11 months ago
13 minutes 33 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 33 – ‘Dit gaan dieper as wat jy van buite sien …’ – maatskaplike werker vertel oor werk met haweloses
Dit is die verskil wat sy in hulle oë sien. Die hartseer, selfs leë, oë wat lewe kry. Dit is wat maak dat sy bly. So vertel Ntateng Poni, ’n maatskaplike werker by ’n ‘safe space’ van MES. Hier werk sy saam met ’n span kundiges wat hawelose mense wil help om weer hulle menswaardigheid te vind. Sy vertel hoe nou probleme met geestesgesondheid loop met hierdie dikwels tydsame helingsproses. Die werk, wat sy saam met ’n span kundiges aanpak, stel groot uitdagings, maar, sê sy, as hulle dit nie doen nie, wie sal? Kollig se podsending met Poni volg op ons vorige gesprek met Elise Felton, ’n inwoner en deelnemer van MES se 4-stapprogram. Luister gerus daarna. LAAS WEEK SE EPISODE: https://iono.fm/e/1489150
Show more...
1 year ago
12 minutes 9 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 32 | ‘Ek het amper doodgegaan …' – vrou wat sewe jaar op straat geleef het, vertel
“Die mens wat ek nou in die spieël sien, is nie dieselfde mens voor ek dwelms begin gebruik het nie … maar ek glo dit is God wat my geplaas het waar ek nou is,” vertel Elize Felton (47) wat tot so onlangs as ’n paar maande terug nog gebly het in ’n hokkie onder ’n brug in Bellville in die Kaap. Haar blyplek vir sewe jaar na slegte goed in haar lewe gebeur het en haar huwelik uitmekaar geval het. Dit het gevat dat sy amper doodgegaan het voor sy hulp gaan soek het en so uitgekom het by MES se Safe Space in Durbanville, ’n plek wat mense soos sy help om hulle menswaardigheid terug te vind. 10 Oktober is Wêreldgeestesgesondheidsdag én Wêreldhaweloosheidsdag. Daarom is hierdie die eerste van twee onderhoude wat Kollig dié maand by MES gedoen het. Luister gerus ook volgende week na die opvolggesprek met ’n maatskaplike werker wat meer vertel oor die sielkundige skade wat mense opdoen wat jare lank op straat lewe.
Show more...
1 year ago
15 minutes 50 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 31 | Oud-polisievrou vertel haar storie tot op die kansel
Thea Wait was vir 26 jaar ’n administratiewe klerk in die polisie en dolgelukkig in haar werk. Vandag is sy skriba en koster van die enigste NG gemeente op die Karoodorp Tarkastad. Hierdie eens skaam ma van twee tienerseuns is ook besig met verdere teologiese studie om predikant te word. Sy vertel meer oor hierdie geloofsreis wat sy nooit sien kom het nie.
Show more...
1 year ago
11 minutes 10 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 30 | ‘Die Bybel is vir my ’n genadeboek’
Die biblioteek van geskrifte wat ons ken as die Bybel is na 2000 jaar steeds ’n boek wat mense wil lees. Is dit vreemd? Nee, hy dink nie dit is vreemd nie. Die Bybel is ’n boek vir alle tye. Alle geleenthede. Maar dit is ’n Boek wat mens verantwoordelik wil lees. So vertel die bekende predikant en skrywer, Barend Vos. Vir hom sê hy is die Bybel ’n lig op sy pad. ’n Genadeboek. Hy het pas klaar gemaak as dagstukskrywer vir agt uitgawes van Afrikaans se oudste Bybelleesgids, Uit die Beek.
Show more...
1 year ago
20 minutes 50 seconds

Kerkbode Kollig
Episode 29 | 'Jy moes 'n testament opstel ... op ouderdom 18' - Bun Booyens oor diensplig
"Ek dink daar is baie mense wat afsluiting soek," sê Bun Booyens in 'n onderhoud vir dié Kollig-episode oor sy nuwe boek TROEP, wat eersdaags by Penguin verskyn.  Booyens het uiteenlopende vertellings ná gesprekke met meer as 100 oud-dienspligtiges opgeteken en georden.  Só klink van die temas:  INKLAAR – My ma was banger as ek  ’N KAPELAAN ONTHOU – Genade tussen die ongenade  PT – Julle wil mos nie saamwerk nie  LANDMYN – Die duiwel se niggie  HOM ONTHOU EK – ’n Bruin soldaat in ’n wit basis  SOLDATETAAL – Woorde, frases en afkortings  STERFTES – 23 jaar, 6 maande, 3 weke en 2 dae Bronne verskil oor hoeveel mense in die Grensoorlog gesterf het, verduidelik Booyens. Die SA Militêre Veterane-organisasie Internasionaal bereken die sterftesyfer vir die tydperk 26 Augustus 1966 tot 21 Maart 1990 as volg: Totale aantal sterfgevalle 2 573. Sowat 30% sneuwel in aktiewe diens terwyl ander oorsake goed soos vliegongelukke en vernaam motorongelukke insluit.  "Ek dink wat mense se geloofsbelewenis verander het in die weermag, was die tyd toe jou lewe veronderstel was om in alle rigtings oop te vou en te navigeer volgens jou eie keuses, was jy daar in 'n situasie waar jy na die dood moes kyk. Jy moes 'n testament opstel op ouderdom 18 ... En jy het 'n dog tag gehad om jou nek: Nommer, rang, naam, bloedgroep. En kerkverband."
Show more...
1 year ago
1 hour 3 minutes 8 seconds

Kerkbode Kollig
Weeklikse podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.