Die boek, "Inkommers", deur Hans du Plessis, word voorgelees en opgeneem deur Maroela Media. Dit word deur die uitgewer as ʼn eietydse verhaal beskryf. ʼn Kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer.
All content for Inkommers is the property of Maroela Media and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die boek, "Inkommers", deur Hans du Plessis, word voorgelees en opgeneem deur Maroela Media. Dit word deur die uitgewer as ʼn eietydse verhaal beskryf. ʼn Kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer.
“Bewaring is tog ook maar net liefde, glo my Bennie deesdae, en die liefde, het ek en hy ooreengekom, word in die hemel gemaak maar moet op aarde in stand gehou word.”
“Die stilte val soos ʼn onverwagte wolk voor die son oor die vergadering. Martjie gee vermakerig die stilte kans om in ʼn asemteug van ongeloof te verander voordat sy selfvoldaan voortgaan.”
“Vir die hoeveelste keer sit ek my só en verwonder aan die onverwagte hemelse holte in die vaal palm van die Hoëveld dat ek nie regtig hoor wat Bennie hier langs my sê nie.”
“Die lummel grom binnensmonds en hou die slimfoon in sy regterhand bokant sy kop soos hy lomp tussen die kinders deur vir Dermpie Wilson probeer weghardloop.”
“Dit is eers toe ons mekaar beter leer ken dat ek verstaan het dit is van seer wat sy nie graag oor haarself wou praat nie; ʼn ander soort seer as myne, sou ek later agterkom.”
“Ek wat Plakker is, is nou nog nie seker waar Johnie aan Martjie Alsweet gekom het nie, want ek bly wonder of Bennie se relaas oor die twee die volle narratief is.”
“Almal ken vandag nog dié twee se liefdesverhaal, want oorlede Soekie de Wit, gebore Smith, het hulle storie graag met gevoel vertel asof dit ʼn verhaal vir een of ander boekklub se sappige liefdesverhale is.”
“Ek wat Plakker Prinsloo is, besef skielik dat selfs die naam Koepel, die Wêrelderfenisgebied, vir die Kommers ʼn inkommerwoord is wat maar net nie mooi lêplek in hul kollektiewe leksikon kan kry nie.”
“Ek, Plakker Prinsloo, weet nie of ek nou al gereed is om vir die eerste keer saam met Bennie Afrikaner uit te ry Kom toe nie. Ek was nog nooit ʼn reisiger nie, dit is nou as jy nie my en Ma se ewige getrek voor Pa se misdaadrekord uit, reis kan noem nie.”