“Hoor hier” is Maroela Media se oudioreeks met 52 voorlesings van Lizz Meiring se gunstelingrubrieke. Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële steun van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media.
All content for Hoor hier is the property of Maroela Media and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
“Hoor hier” is Maroela Media se oudioreeks met 52 voorlesings van Lizz Meiring se gunstelingrubrieke. Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële steun van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media.
“Dis asof daar skielik in my lewe, en in diegene om my s'n, so baie dierbares op pad is; nie op pad na 'n aardse bestemming nie. Ons wat agterbly, kan die roetekaart nie ontsyfer nie.”
Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor 'n tjellis in Sarajevo, die grootste stad in Bosnië en Herzegowina, wat 22 dae lank op die dorpsplein gesit en gespeel het ter herdenking aan vriende wat in 'n skietgeveg gesterf het.
"My Vrystaatse ouma het 'n wonderlike manier gehad om 'n skinderstorie in die kiem te smoor. Nes die nuusaandraer kwylmond en met blinkogies 'n sappige brokkie sensasie op haar voorstoep kom aflaai, het my waardige ouma dit met een kort sinnetjie platgetrap."
"Ek het onwetend midde in 'n ‘pitty party’ beland. Dié spulletjie verdien hulle duidelike bitterbrood uit die huweliksbedryf." Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor trouverskaffers en hulle ervarings met bruide wat met niks minder as 'n sprokiestroue tevrede is nie.
"ʼn Uitgewaste oranje paneelwa hou reg voor my in die straat stil. Dis een van daai voertuie wat op spoeg en geloof op die pad bly. Die man wat uitklim, het ook beter dae gesien."
"In ’n onlangse onderhoud het ek oor vroue op jag gepraat en gewonder en gebloos oor my eie geslag wat soms net te kragdadig optree in die behoefte om 'n man aan te keer."