Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
Health & Fitness
Technology
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
Loading...
0:00 / 0:00
Podjoint Logo
US
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/b8/e1/eb/b8e1ebca-190f-a9d9-26bf-d87c1950394d/mza_4585597798359485032.jpg/600x600bb.jpg
Die Olielamp Potgooi
Olielamp Potgooi
15 episodes
2 days ago
Die Olielamp Potgooi is 'n potgooi om die woord van God te verprei en mense meer te leer oor wie God is en Sy liefde vir ons.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
RSS
All content for Die Olielamp Potgooi is the property of Olielamp Potgooi and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die Olielamp Potgooi is 'n potgooi om die woord van God te verprei en mense meer te leer oor wie God is en Sy liefde vir ons.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
Episodes (15/15)
Die Olielamp Potgooi
EP15: Lig in ’n Verwarde Wêreld – Die Christelike Antwoord op Transgender Ideologie

Met:Prof. Henk Stoker

In ’n wêreld waar geslag nie meer as biologies vasgestel beskou word nie, word Christene toenemend gekonfronteer met vrae oor identiteit, waarheid en liefde. Hierdie episode van Die Olielamp ondersoek die opkoms van transgender-ideologieë en hoe Christene daarop moet reageer – nie net met Bybelse waarheid nie, maar ook met deernis. Ons gesels oor hoe die Skrif oor geslag praat, hoe die kultuur geslag herdefinieer het, en wat dit beteken om as kerk standpunt in te neem, terwyl ons steeds mense met waardigheid en liefde behandel.

Show more...
4 weeks ago
30 minutes 59 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP14: Die Kerkgeskiedenis van die Vrye Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika

Met: Erik van Alten

Hoe het die Vrye Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika ontstaan en oor die jare ontwikkel? Ds. Erik van Alten vertel die geskiedenis van die VGKSA: van sy stigting tot sy groei binne die Suid-Afrikaanse konteks. Ons kyk na die kerk se oorspronklike visie, uitdagings oor die dekades, en hoe sy teologiese standpunte aangepas en gevestig is.

Show more...
1 month ago
24 minutes 48 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP13: Die Reformasie – Deel 2 (1500–1700 n.C.)

Met Karina Ijlst

In die tweede deel van ons gesprek oor die Reformasie fokus ons op die verspreiding van die beweging deur Europa, die rol van konings en politieke magte, en kerklike teenreaksies.

Karina Ijlst help ons verstaan hoe die Hervorming verskillende lande beïnvloed het en hoe die Rooms-Katolieke Kerk teruggeveg het met die Teen-Reformasie. Ons kyk ook na watter diepgaande gevolge hierdie tydperk gehad het op taal, kultuur en opvoeding.

Ons sluit af met ’n gesprek oor die relevantheid van die Reformasie vir vandag en hoekom ons steeds dankbaar moet wees vir hierdie geestelike hernuwing.

Show more...
3 months ago
12 minutes 32 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP12: Die Reformasie – Deel 1 (1500–1700 n.C.)

Met Karina Ijlst

In hierdie eerste deel van ons gesprek oor die Reformasie delf ons saam met Karina Ijlst in die beginjare van een van die mees invloedryke bewegings in die geskiedenis van die kerk. Ons kyk na die oorsake van die Reformasie, die dapper optrede van Martin Luther, en hoe figure soos Calvyn en Zwingli ’n nuwe teologiese rigting gegee het aan ’n kerk in nood.

Ons ondersoek hoe leerstellige verskille misbruik binne in die kerk aan die lig gebring het, asook hoe die Hervorming die pad na ‘n groter toegang tot God se Woord oopgemaak het. Dit is ‘n fassinerende kyk na die begin van ’n tydperk wat die wêreld vir altyd verander het.

Show more...
4 months ago
11 minutes 44 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP11: Die Kerk van 1000-1500 nC

Uitdagings en veranderinge is kenmerke van dié tyd vir die kerk. Karina Ijlst verduidelik hoe die skeuring tussen die Oosterse en Westerse kerk ontstaan het, watter invloed die kruistogte gehad het, en hoe die pousdom Europa se politiek beïnvloed het. Ons kyk ook na hoe die Renaissance die Christelike denke geraak het en hoe hierdie tydperk die weg gebaan het vir die Protestantse Hervorming.

Show more...
4 months ago
14 minutes 12 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP10: Meneer en Mevrou Dominee

In hierdie hartlike en eerlike episode van Die Olielamp gesels ons met Ds. Johan Bruintjes oor die unieke dinamiek van ‘n dominee en sy gade in ‘n gemeentelike lewe. Ons kry ’n kykie agter die skerms van die pastorie en ontdek hoe “meneer en mevrou dominee” saam dien, ondersteun, lei en soms eenvoudig net luister.

Ons gesels oor die belang van ’n vaste herder in die gemeente, die rol van die domineesvrou – dikwels stil, maar kragtig – en hoe hulle as ‘n span die geloofsgemeenskap dien. Hierdie episode bied nie net insig in hulle roeping en verantwoordelikheid nie, maar ook in die menslikheid en vreugdes van die bediening.

’n Ware bemoediging vir elke lidmaat, kerkleier en gesin wat saam bou aan die liggaam van Christus.

Show more...
6 months ago
19 minutes 53 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP09 - Die Vrou se taak in die Huwelik

In hierdie episode van Die Olielamp gesels ons met Alike Bijker oor die Bybelse rol van die vrou in die huwelik. In ’n wêreld waar huweliksverhoudings dikwels deur sekulêre idees beïnvloed word, keer ons terug na die Skrif om te verstaan wat God se bedoeling vir die vrou se roeping as vrou en helper is.

Ons ondersoek hoe vroue met liefde en respek hul mans kan ondersteun, en hoe onderdanigheid – soos dit in die Bybel beskryf word – ’n Godgegewe seën is, eerder as ’n swaar las. Verder gesels ons oor die uitdaging om balans te vind tussen huweliksverantwoordelikhede, gesin, werk en persoonlike geestelike groei.

Show more...
7 months ago
18 minutes 35 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP08: Die Kerk van 500-1000 n.C

Hoe het die kerk na die val van die Romeinse Ryk oorleef en uitgebrei? Ds. Pieter Boon help ons om hierdie tydperk beter te verstaan. Ons bespreek die monastieke bewegings, die invloed van Islam, en hoe sendingwerk die Christendom in Europa gevestig het. Daarna kyk ons ook na belangrike teologiese ontwikkelinge van hierdie eeu

Show more...
8 months ago
8 minutes 50 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP07 - Die Kerk van 30-500 n.C.

In hierdie episode van Die Olielamp gesels ons met Ds. Pieter Boon oor die eerste vyf eeue van die Christelike kerk. Ons ondersoek hoe die vroeë gelowiges Romeinse vervolging oorleef het, die invloed van Konstantyn se bekering, en die rol van kerkleiers soos Augustinus. Verder kyk ons na die groot leerstellige kwessies wat die kerk se teologiese rigting gevorm het.

Show more...
9 months ago
13 minutes 20 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP06 - Die man se taak in die kerk

In hierdie episode van Die Olielamp fokus ons op die belangrike rol wat mans in die kerk speel. Ons bespreek hoe die Bybel mans rig om dienende leiers in die gemeente te wees, en hoe hulle hul unieke gawes kan gebruik om God se koninkryk te bou.


Ons kyk na praktiese maniere waarop mans hul gesin en kerkverantwoordelikhede kan balanseer, en die impak wat geestelike leierskap op die breër geloofsgemeenskap kan hê.


Sluit aan vir ’n opbouende gesprek wat mans inspireer om hul roeping in die kerk voluit na te jaag!

Show more...
10 months ago
20 minutes 25 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP05 - Die Man se taak in die Huwelik

In hierdie episode van Die Olielamp ondersoek ons die Bybelse riglyne vir die rol van die man in die huwelik. Ons bespreek hoe die Skrif ons leer om as man ’n leiersposisie in te neem wat nie oorheers nie, maar gekenmerk word deur diensbaarheid en liefde.


Ons praat met Coen Fourie oor hierdie belangrike onderwerp en vra hoe mans prakties hul Godgegewe rol kan uitleef.


Ons sluit af met ’n kykie na die volgende episode se tema, waar ons die uitdaging bespreek om ’n man se huwelikspligte met sy verantwoordelikhede in die kerk te versoen.

Show more...
11 months ago
20 minutes 43 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP04 - Straat Evangelisasie

In vandag se episode gesels ons met Oom Jaco de Beer, ’n toegewyde straat evangelis wat sy hart en passie vir die verspreiding van die Evangelie met ons deel. Ons ondersoek hoekom straat evangelisasie so belangrik is in vandag se tyd, hoe om dit met selfvertroue en deernis aan te pak, en luister na waardevolle wenke van iemand wat eerstehandse ervaring het. 

Skakels vir die Evangeliesasie Videos:

https://solafive.co.za/evangelisasie-kursus/


Show more...
1 year ago
18 minutes 30 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP03 - Gebed

In hierdie episode gesels ons met Ds. Jonker Venter oor die tema van gebed. Ons bespreek verskeie vrae soos hoekom ons bid, hoe om te bid, en meer. Hierdie episode kan ons help om ons persoonlike verhouding met God te verdiep deur te leer bid soos Jesus ons self geleer het.

Show more...
1 year ago
19 minutes 59 seconds

Die Olielamp Potgooi
EP02 - Christelike Leierskap

In hierdie episode van Die Olielamp Potgooi bespreek ek, Cornèl Meyer, saam met ons spesiale gas, Ds. Erik van Alten, die kern van Christelike leierskap. Ons delf diep in wat dit beteken om ’n leier te wees wat gegrond is in Christelike waardes en hoe ons hierdie beginsels in ons alledaagse lewens en gemeenskappe kan toepas. Sluit by ons aan in hierdie gesprek en ontdek hoe ware leierskap dienend en transformerend kan wees in ’n wêreld wat dikwels fokus op mag en invloed.

Show more...
1 year ago
16 minutes

Die Olielamp Potgooi
EP01 - Wie is die Olielamp Potgooi

Welkom by die Olielamp se potgooi kanaal! Ons nooi julle hartlik uit om saam met ons oor die geloof te praat en leer. Skakel elke Saterdag in om nie 'n epesode te mis nie.


Indien jy enige vrae of onderwerp voorstelle het of self graag saam met ons praat op die podgooi, stuur gerus 'n epos na: olielamp.podcast@gmail.com

Show more...
1 year ago
8 minutes 31 seconds

Die Olielamp Potgooi
Die Olielamp Potgooi is 'n potgooi om die woord van God te verprei en mense meer te leer oor wie God is en Sy liefde vir ons.