
Wanneer ‘n maatskappy ‘n lening aan ‘n aandeelhouer toestaan en nie rente teen die amptelike rentekoers daarop hef nie ontstaan daar ‘n geagte dividend. In hierdie episode gesels ek oor ‘n paar praktiese oorwegings rondom hierdie geagte dividende.
As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za.
Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za. Gaan kyk gerus!