Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/e6/3f/75/e63f7509-0f21-fb4b-cfa9-89e17fb276ae/mza_9032815080050808556.jpeg/600x600bb.jpg
Sakeliga se Nuutste Inligting
Sakeliga
9 episodes
7 months ago
Show more...
Non-Profit
Business
RSS
All content for Sakeliga se Nuutste Inligting is the property of Sakeliga and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Show more...
Non-Profit
Business
Episodes (9/9)
Sakeliga se Nuutste Inligting
PPRA moet geskrewe onderneming gee om sy BEE-beleid terug te trek en om te keer
Die Property Practitioners Regulatory Authority (PPRA) weerhou sedert ten minste April 2024 eiendomspraktisyns se Getrouheidsfondssertifikate (FFC's) op grond van BEE en verhinder hulle sodoende om wettig sake te doen.  Sakeliga het van die PPRA 'n geskrewe onderneming vereis dat dit die beleid sal terugtrek en omkeer, na aanleiding van onlangse berigte dat die PPRA ’n tydelike onderbreking ingestel het.  Die PPRA het nie sy amptelike beleid verander nie en ignoreer eise om die beleid in die openbaar terug te trek, afgekeurde FFC-aansoeke te heropen, en dit daartoe te verbind om soortgelyke BEE-gegronde beperkings in die toekoms te vermy. 
Show more...
1 year ago
6 minutes 57 seconds

Sakeliga se Nuutste Inligting
Sakeliga wen Spesiale Bestraffende Bostebevel teen COGTA en Noordwes-regering
Sakeliga het 'n spesiale bestraffende kostebevel teen die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) en die Noordwes-regering verkry.   Die hof het bevind dat die staatsrespondente "probeer het om hul grondwetlike plig te ontduik" en dat hul teenkanting teen Sakeliga "heeltemal onnodig" was. 
Show more...
1 year ago
5 minutes 38 seconds

Sakeliga se Nuutste Inligting
Drie nuwe wetsbedreigings vir die ekonomie nou deur president onderteken
President Cyril Ramaphosa se ondertekening op 23 Julie 2024 van drie nuwe wette hou ernstige bedreigings vir die ekonomiese omgewing in.  Sodra die veelpartyregering dit begin implementeer, sal die Wet op Staatsverkryging, Wysigingswet op Nasionale Kleinsake, en die Wet op Klimaatsverandering die koste van besigheid in Suid-Afrika verhoog terwyl dit staatsverval versnel.  Elkeen is potensieel skadelik op sy eie en almal dra by tot 'n onheilspellende reeks wetsbedreigings, waarvan die onlangs ondertekende NHI-wet, regstellende aksie-regulasies, en derde-golf BEE-bepalings deel is.
Show more...
1 year ago
10 minutes 4 seconds

Sakeliga se Nuutste Inligting
Nuwe Wet op Staatsverkryging: ’n Resep vir versnelde staatsverval [Sakeliga Persverklaring]
Die Wet op Staatsverkryging, wat President Cyril Ramaphosa vandag geteken het, is ’n resep vir versnelde staatsverval. Die wet beoog om staatsentiteite se verkrygingskeuses streng aan bande te lê met voorskrifte oor ras, nasionaliteit en meer. Dit sal kostes verhoog en die gehalte van dienslewering verlaag, terwyl dit moontlik ongekende korrupsie sal bevorder.Die wet is sowel onkonstitusioneel as skadelik. Volledige verklaring: https://sakeliga.co.za/nuwe-wet-op-staatsverkryging-n-resep-vir-versnelde-staatsverval/
Show more...
1 year ago
4 minutes 5 seconds

Sakeliga se Nuutste Inligting
Die 2024-verkiesings en daarna: Sakeliga se strategie en wat ons volgende gaan doen
Die nasionale verkiesing het vir ons meer vloeibare en mededingende politiek gebring. Die meeste ontledings fokus tans op hoe dit kan lei tot beter regering en staatsadministrasie, maar by Sakeliga vra ons ook hoe dit ons langtermyn strategiese doel beïnvloed. In die toenemende politieke kompleksiteit sien ons geleenthede om nie net die regering se impak op die sake-omgewing te verbeter nie, maar ook om uiteindelik die staat se rol in die ekonomie te herdefinieer. Omdat verkiesings korttermyn politieke aangeleenthede beklemtoon, is dit maklik om te vergeet dat die rol van die staat sélf kan (en soms moet) verander. Deur sy geskiedenis het die staat beide uitgebrei en gekrimp, afhangend van die krag en gesag van ander georganiseerde sektore van die samelewing wat verder as vyfjaarlikse verkiesingsiklusse dink. By Sakeliga beskou ons die komende dekade van toenemende politieke kompleksiteit as 'n geleentheid om regering te hervorm, ja, maar ook om die staat-besigheid verhouding grondig te heronderhandel. Vir meer inligting, besoek - https://bit.ly/4bqCWlT
Show more...
1 year ago
10 minutes 53 seconds

Sakeliga se Nuutste Inligting
Die Derde Golf van BEE: Wat Dit Is en Waarom Dit Gestop Moet Word
Eerste Golf BEE: Politieke Voetwerk terwyl Markte Oopmaak (Sedert 1994) Tweede Golf BEE: Die Statutêre Fase (Sedert 2004) Derde Golf BEE: Toegangsbeheer (Sedert ~2018)   Vir meer inligting, besoek - https://sakeliga.co.za/die-derde-golf-van-bee-wat-dit-is-en-waarom-dit-gestop-moet-word/
Show more...
1 year ago
17 minutes 20 seconds

Sakeliga se Nuutste Inligting
Sakeliga Beskerm Munisipale Dispuutprosesse met Dringende Hofbevel in Noordwes
Sakeliga het op 31 Mei 2024 ‘n dringende bevel ter beskerming van munisipale eindgebruikers in die Noordwes-hooggeregshof bekom. Die bevel beskerm gebruikers wat billik optree en aan wetgewing voldoen se reg om betalings waaroor ‘n geldige geskil bestaan van ‘n munisipaliteit te weerhou.   Vir meer inligting, besoek - https://sakeliga.co.za/sakeliga-beskerm-munisipale-dispuutprosesse-met-dringende-hofbevel-in-noordwes/?utm_source=podbean&utm_medium=podcast_page&utm_campaign=af_ditsobotla_press_releas
Show more...
1 year ago
4 minutes 35 seconds

Sakeliga se Nuutste Inligting
FSTC Verander van Deuntjie - Probeer Verantwoordbaarheid Ontduik
Die FSTC gaan ongegrond voort om die oorhandiging van inligting, oor sy BEE-beleide en kwansuise gesag om nakoming te eis, aan Sakeliga te vertraag.   For more info, visit - https://sakeliga.co.za/fstc-verander-van-deuntjie-en-probeer-verantwoordbaarheid-ontduik/?utm_source=podbean&utm_medium=podcast_page&utm_campaign=af_ditsobotla_press_releas
Show more...
1 year ago
3 minutes 19 seconds

Sakeliga se Nuutste Inligting
Dringende Aansoek om Munisipale Dispuutproses in Lichtenburg te Beskerm
Ondernemings in Lichtenburg, ’n plaaslike dienstevereniging en Sakeliga het ’n dringende hofaansoek oor onwettige kragonderbrekings teen die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit gebring.   Meer inligting - https://sakeliga.co.za/dringende-aansoek-om-munisipale-dispuutproses-in-lichtenburg-te-beskerm/?utm_source=podbean&utm_medium=podcast_page&utm_campaign=af_ditsobotla_may_2024
Show more...
1 year ago
2 minutes 50 seconds

Sakeliga se Nuutste Inligting