
In ‘n heuningsoet episode 3 van Met Almal. Oor Alles gesels ek met Apis mellifera, ’n gewone werkerby met buitengewone insigte. Ons vlieg saam deur die binnewerkinge van die nes: van die koningin se rol en die werkers se onophoudelike gesweet, tot die darren of manlike bye se ietwat gemaklike bestaan. Ons raak aan bye se elegante en noodsaaklike danskommunikasie, hulle veiligheidsmaatreëls teen indringers, en natuurlik kry hulle ‘n stekie in oor hoe hulle regtig oor mense voel. (Erik Holm, emeritus-professor en voormalige hoof van Entomologie, Universiteit van Pretoria.)
I’m a bee. Don’t mess with me!
In a honey-sweet Episode 3 of Met Almal. Oor Alles, I chat with Apis mellifera, an ordinary worker bee with extraordinary insights. We fly together through the inner workings of the hive: from the queen’s role and the workers’ relentless toil, to the drones’ (male bees’) somewhat cushy existence. We touch on bees’ elegant dance communication, their security measures against intruders, and of course, they get in a little “sting” about how they really feel about humans.
(Erik Holm, emeritus professor and former head of Entomology, University of Pretoria)
Intro & outro music: https://artlist.io/royalty-free-music/song/ immaterial/68717