Ons is sekerlik almal al een of ander tyd uit die bloute deur iemand geïgnoreer. Sonder waarskuwing. Sonder verduideliking. Of dit nou op die speelgrond, by die werk, of in ’n verhouding gebeur, dit bly ’n ontstellende ervaring. Een oomblik is daar ’n band, die volgende oomblik stilte. Geen verduideliking, geen antwoorde, geen afsluiting. In Episode 13 gesels ek met kommunikasiespesialis, sake-coach en besturende direkteur van Pro-Active Communications Hanrie Fridjhon oor “ghosting”, of spookloop. ’n Ou gedragspatroon wat vandag meer bekend is weens sosiale media. Al ervaar albei partye dit op verskillende maniere, kan die emosionele impak vir albei ewe swaar wees. Hanrie ontleed hoekom mense ander spookloop, hoe ons dit kan verstaan, hanteer en hoe om die stukke op te tel en aan te beweeg.
No Contact, No reasons. Ghosting has no winners.
We’ve all been ghosted. Ignored without warning or explanation. Whether it happens on the playground, at work, or in a relationship, the experience is unsettling. One minute there’s connection. The next, silence. No explanations, no answers, no closure. In Episode 13, communication specialist, business coach and managing director of Pro-Active Communications, Hanrie Fridjhon and I discuss ghosting. An age-old behaviour made more common by social media. While both sides experience it differently, the emotional toll can be equally intense. Hanrie unpacks why people ghost, how we can make sense of it, and learn how to move on.
https://artlist.io/royalty-free-music/song/immaterial/68717
Sy's die energieke uitvoerende hoof van die Artscape Teatersentrum in Kaapstad waar sy met ’n ystervuis regeer, en met haar lekker lag, harde werk en ’n enorme liefde vir mense en haar land, groot verandering in die kunste en talle lewens bewerkstellig. Altyd positief, met min mense wat weet van die uitdagings wat die bekroonde Dr. Marlene le Roux al moes trotseer. Polio, ’n moeilike politieke landskap, ’n breingewas, die dood van haar gestremde seun, haar egskeiding. In Episode 12 van MAOA praat sy eerlik oor haar lewe, haar werk, haar menseverhoudinge, haar voortdurende geveg vir vroueregte en mense met gestremdhede en hoe baie sy van die lewe hou. Laai af, luister saam, deel en laat hoor van jou in die kommentaarveld hieronder.
“Vrolike Marlenetjie”: Workaholic with a Steel Fist and an Enormous Heart for People.
She’s the energetic CEO of the Artscape Theatre Centre in Cape Town, where she rules with an iron fist, and through her warm laugh, hard work, and deep love for people and her country, she’s brought about big change in the arts and in many lives. Always positive, with few people knowing about the challenges the award-winning Dr. Marlene le Roux has faced. Polio, a difficult political landscape, a brain tumour, the death of her disabled son, her divorce. In Episode 12 of MAOA, she speaks honestly about her life, her work, her relationships with people, and her ongoing fight for women’s rights and people with disabilities. Download, listen, share, and let us know your thoughts in the comment section below.
https://artlist.io/royalty-free-music/song/immaterial/68717
In Japan en die VSA vorm mense intieme verhoudings, selfs huwelike, met KI-geskepte “maats.” Amerikaanse wetenskaplikes het KI gebruik om nuwe antibiotika te ontwikkel teen middelweerstandige infeksies. In Suid-Afrika maak die eerste robot-onderwyser, Iris, haar verskyning in Kwazulu-Natal. Maar saam met die vordering kom die vrae. In episode 11 van MAOA gesels ek met prof. Nicky Terblanche van die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool oor die vrese, vooroordele en wonders van Kunsmatige Intelligensie en oor Vici, die “coaching bot” wat hy ontwikkel het. Laai af, luister, en gee jou mening in die kommentaarveld.
Artificial Intelligence: Friend or Foe?
In Japan and the US, people are forming deep bonds, even marriages, with AI “partners.” American scientists use AI to develop new antibiotics for two drug-resistant infections. And in South Africa, Iris, the first robot teacher, arrived in KwaZulu-Natal. But with progress come big questions.In Episode 11 of MAOA, I chat with prof. Nicky Terblanche from Stellenbosch Business School about the fears, biases, and wonders of AI, and Vici, the “coaching bot” he built. Download, listen, and drop your thoughts in the comments!
https://artlist.io/royalty-free-music/song/ immaterial/68717
Een aand, nie lank gelede nie, het ek ‘n swerm vuurvliegies langs die Luvuvhu-rivier in die Makuya-natuurreservaat in Limpopo gesien. Ek was skoon oorstelp. Vuurvliegies is vir my “wonderwerke” en “sprokies”, en almal wat ek hieroor uitvra, stem saam. Die hartseer is dat meeste van ons hulle laas as kinders gesien het. Wie is hierdie klein liggies in die donker? Waar woon hulle, wat eet hulle, hoe leef hulle en hoekom is daar so min van hulle? In Episode 10 deel ’n lid van die Lampyrinae-familie hulle lief en leed met my, by monde van entomoloog Renier Basson van die Endangered Wildlife Trust. Laai af, luister saam en deel jóú ervarings met vuurvliegies in die kommentaarveld hieronder.
A Light in the Dark
One evening not long ago, I saw a swarm of fireflies along the Luvuvhu River in the Makuya Nature Reserve. I was completely in awe. Fireflies have always felt like little “miracles” and “fairytales” to me, and everyone I ask, tend to agree. The sad part is that most of us last saw fireflies when we were children. Who are these tiny lights in the dark? Where do they live, what do they eat, how do they live — and why are there so few of them? In Episode 10, a member of the Lampyrinae family shares their joys and struggles with me, through the voice of entomologist Renier Basson from the Endangered Wildlife Trust. Download, listen in, and share your firefly memories in the comment section below.
Intro & outro music: https://artlist.io/royalty-free-music/song/ immaterial/68717
Hoekom raak ons verlief en hoekom juis op HULLE? In dié verhoudings-episode van Met Almal. Oor Alles duik ons diep in die sielkunde van verhoudings saam met sielkundige dr Fred Schouwink van Johannesburg. Hy werp lig op die geheime van aantrekkingkrag, liefde, ou patrone, herinneringe en trauma en waarom jou bindingstyl dalk jou liefde kan saboteer of laat floreer.
You fall hard, and it’s no coincidence!
Why do we fall in love, and why with THEM in particular?
In this relationships episode of Met Almal. Oor Alles, we dive deep into the psychology of love and connection with Johannesburg-based psychologist Dr. Fred Schouwink.
He unpacks the secrets of attraction, the role of old patterns, memories, and trauma, and how your attachment style might be sabotaging your love life, or helping it thrive.
Intro & outro music: https://artlist.io/royalty-free-music/song/ immaterial/68717
Die kolonoskopie was skoon en die dokters nie bekommerd nie. Tog was die simptome daar en is die bekende akteur Albert Maritz in 2019 tot sy groot skok met kolonkanker gediagnoseer. In Episode 8 van MAOA deel hy vir die eerste keer in ‘n openhartige gesprek sy ervaring van ongeloof, pyn, behandeling en hoop. En hy rig ’n dringende waarskuwing: moenie simptome ignoreer of ’n tweede mediese mening uitstel as iets jou pla nie.
Cancer: Actor Albert’s painful journey and urgent warning
The colonoscopy was clear, and the doctors weren’t concerned. Yet the symptoms persisted, and in 2019, to his great shock, well-known actor Albert Maritz was diagnosed with colon cancer. In Episode 8 of MAOA, Albert shares his experience for the first time in a candid conversation. Speaking openly about his disbelief, pain, treatment, and hope. He also issues an urgent warning: don’t ignore symptoms or delay seeking a second medical opinion if something doesn’t feel right.
Intro & outro music: https://artlist.io/royalty-free-music/song/
immaterial/68717
Impuls-aankope, rooi bankstate, kaste vol goed wat jy nie nodig het nie? Stop! Sluit vandag nog aan by ‘n nuwe beweging wat veral Gen Z-ers op hol het. In Episode 7 van Met Almal.Oor Alles vertel toekomskundige Frieda le Roux van die No Buy 2025-koors wat vanjaar in die buiteland posgevat het en jou nie net finansiële angs en duisende rande gaan spaar nie, maar volgens navorsers ook bydra tot jou emosionele welstand. Om van ‘n gesonder aarde nie eens te praat nie.
Pause that purchase!
Impulse buying, red bank statements, cupboards full of things you don’t need? Stop! Join a new movement that’s especially taken Gen Z-ers by storm. In Episode 7 of Met Almal. Oor Alles, futurist Frieda le Roux unpacks the No Buy 2025 craze that’s gained serious momentum this year, and how it can not only save you financial stress and thousands of rands, but also, according to researchers, boost your emotional well-being. Not to mention: a healthier planet.
Intro & outro music: https://artlist.io/royalty-free-music/song/
immaterial/68717
Kom daal saam met my af in ’n onderwêreld wat wemel van mikroskopiese meesterbreine en ondenkbare aktiwiteite. In Episode 6 van Met Almal. Oor Alles deel ’n briljante bakterie met ’n gesonde ego haar wêreld van mikrobiologiese ervarings onder die aarde met ons. Van die reuk van grond tot die antibiotika wat jy sluk om jou teen bakteriële infeksies te beskerm. Ek stel Streptomyces onverwyld aan die woord.
(Prof. Karin Jacobs, Departement Mikrobiologie, Universiteit Stellenbosch)
Come descend with me into an underworld teeming with microscopic masterminds and unimaginable activities. In Episode 6 of Met Almal. Oor Alles, a brilliant bacterium with a healthy ego shares her world of microbiological experiences beneath the earth with us. From the smell of soil to the antibiotics you take to protect yourself from bacterial infections. Without delay, meet Streptomyces.
(Prof. Karin Jacobs, Department of Microbiology, Stellenbosch University)
Intro & outro music: https://artlist.io/royalty-free-music/song/
immaterial/68717
Hy’t vroeg in sy lewe besef daar is groot avonture wat wag en gewapen met nuuskierigheid en ‘n groot liefde vir kosmaak, het Frik de Jager sy rugsak gepak - deur altesaam 12 lande in Afrika en 24 in die res van die wêreld. Tydens sy reise het hy in kombuise van Rusland tot Kaïro gekook en stories en familieresepte uitgeruil met boere, sigeuners en ‘n vrou met die naam Olga in Moskou. In episode 5 van Met Almal. Oor Alles deel Frik SY storie en resepte met ons. Vir die pot én vir die lewe.
No moss on his stones.
Frik de Jager realised early in life that great adventures awaited him. Armed with curiosity and a deep love for cooking, he packed his backpack and travelled through 12 countries in Africa and 24 more across the rest of the world.
Along the way, he cooked in kitchens from Russia to Cairo and exchanged stories and family recipes with farmers, gypsies, and even a woman named Olga in Moscow.
In episode 5 of Met Almal. Oor Alles Frik shares his story and recipes with us — for the pot, and for life.
Intro & outro music: https://artlist.io/royalty-free-music/song/
immaterial/68717
Verandering in die werksomgewing vind deesdae al hoe meer en vinniger plaas. Of dit nou werkverlies, nuwe tegnologie of onsekerheid oor toekomstige werkgeleenthede is – dit skep stres wat uiteindelik tot depressie en siekte kan lei. Om ons te help om ons vrese beter te verstaan, veerkragtigheid te ontwikkel en die situasie uiteindelik tot ons voordeel te gebruik, gesels ek in Episode 4 van Met Almal.Oor Alles met die internasionale leierskapsafrigter Gretha van der Merwe (MCC-ICF). Sy verduidelik hoe ons die - soms pynlike - ongemak van enige verandering kan omskep in ’n groeiproses.
Change in the workplace is happening more frequently and rapidly these days. Whether it's job loss, new technology, or uncertainty about future job opportunities – it creates stress that can ultimately lead to depression and illness. To help us better understand our fears, develop resilience, and eventually use the situation to our advantage, I speak in Episode 4 of Met Almal.Oor Alles with international leadership coach Gretha van der Merwe (MCC-ICF). She explains how we can transform the – sometimes painful – discomfort of any change into a growth process.
Intro & outro music: https://artlist.io/royalty-free-music/song/ immaterial/68717
In ‘n heuningsoet episode 3 van Met Almal. Oor Alles gesels ek met Apis mellifera, ’n gewone werkerby met buitengewone insigte. Ons vlieg saam deur die binnewerkinge van die nes: van die koningin se rol en die werkers se onophoudelike gesweet, tot die darren of manlike bye se ietwat gemaklike bestaan. Ons raak aan bye se elegante en noodsaaklike danskommunikasie, hulle veiligheidsmaatreëls teen indringers, en natuurlik kry hulle ‘n stekie in oor hoe hulle regtig oor mense voel. (Erik Holm, emeritus-professor en voormalige hoof van Entomologie, Universiteit van Pretoria.)
I’m a bee. Don’t mess with me!
In a honey-sweet Episode 3 of Met Almal. Oor Alles, I chat with Apis mellifera, an ordinary worker bee with extraordinary insights. We fly together through the inner workings of the hive: from the queen’s role and the workers’ relentless toil, to the drones’ (male bees’) somewhat cushy existence. We touch on bees’ elegant dance communication, their security measures against intruders, and of course, they get in a little “sting” about how they really feel about humans.
(Erik Holm, emeritus professor and former head of Entomology, University of Pretoria)
Intro & outro music: https://artlist.io/royalty-free-music/song/ immaterial/68717
Stres is nie ’n nuwe onderwerp nie, maar Dr. Lolita Mostert, ’n psigiater van Kaapstad, het besluit om die behandeling daarvan op ’n ander manier aan te pak. Toe sy besef medikasie alleen is nie genoeg om haar pasiënte te help nie, het sy haar eie navorsing oor stres en angs begin doen. In Episode 2 van Met Almal. Oor Alles verduidelik sy hoekom dit so moeilik is vir ons om ons gewoontes te verander – selfs wanneer ons weet dis nie goed vir ons nie. Sy bespreek ook die wetenskap agter meditasie as ’n hulpmiddel.
The Science Behind Stress, Meditation, and Change
Stress is not a new topic, but Dr. Lolita Mostert, a psychiatrist from Cape Town, decided to approach its treatment differently. When she realised that medication alone was no longer enough to truly help her patients, she began her own research into stress and anxiety. She explored why it's often so difficult for us to change our bad habits, even when we know what's good for us, and looked into the science behind meditation as a helpful tool.
Intro & outro music: https://artlist.io/royalty-free-music/song/ immaterial/68717
Robotte wat hulle humeur verloor, rolprentateljees wat lisensies uitreik vir die wêreld se eerste KI-geskepte videos en akteurs, digitale tweelinge, en hoe ver weg is ‘n derde wêreldoorlog? In Episode 1 van Met Almal. Oor Alles, praat Suzaan Steyn en Dr. Doris Viljoen, hoof van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch se Sakeskool oor die werk van die Instituut en hoe die toekoms vir hulle daar uitsien.
Praat gerus saam in die kommentaarveld hieronder.
Robots losing their temper, studios licensing the world’s first AI-created video’s and actors, digital twins, and how close are we to a third world war?
In Episode 1 of Met Almal. Oor Alles, Suzaan Steyn chats with Dr. Doris Viljoen, head of the Institute for Futures Research at Stellenbosch Business School, about their work and what the future looks like from their perspective.
Share your thoughts in the comments below.
Intro & outro music: https://artlist.io/royalty-free-music/song/immaterial/68717