All content for Ligpunt Pretoria is the property of Ligpunt Pretoria and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die Heilige Gees is God se beloofde hernude teenwoordigheid by Sy mense. In die lig hiervan moet ons leef met die Gees – in aktiewe afhanklikheid van God, met die geloof dat die Heilige Gees ons bemagtig om vir God te leef, en met ‘n afwagting dat die Heilige Gees in ons wil werk om die verlossingswerk van Jesus, soos bewerkstellig op die kruis, meer en meer te laat realiseer in ons lewens soos Hy ons meer en meer vorm om soos Jesus te lyk.
Teks: Es. 36:22-38 en Gal. 5:13-25 (AFR2020)
Prediker: Jaco Neveling
Datum: 14 September 2025