Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/54/ec/88/54ec88d4-9cdd-c9f5-b3f1-8b97f7b2bded/mza_865162279252985309.jpeg/600x600bb.jpg
KLETS
Afrikaans.Radio
150 episodes
4 weeks ago
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Show more...
Society & Culture
News,
News Commentary
RSS
All content for KLETS is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Show more...
Society & Culture
News,
News Commentary
https://cdn.iono.fm/files/p2978/logo_7924_20250909_205559_1400.jpeg
Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies
KLETS
54 minutes 40 seconds
4 weeks ago
Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies
Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die onophoudelike gedruis van tegnologie wat jou brein nooit laat afskakel nie. Ons KLETS oor hoe tegnologie ons kommunikasie, aandag en empatie verander het en hoekom menslike gesprekke nou belangriker is as ooit. Maar dis nie net die persoonlike stres wat tel nie. Suid-Afrika se politieke landskap bly ’n movie. Ons kyk na die Madlanga-kommissie en die Parliament Ad Hoc Committee, die soort stories wat jou laat wonder of enigiemand nog weet wie vir wie of wat verantwoordbaar is. Leierskap, daardie groot woord wat al hoe meer soos ’n meme voel, is onder die vergrootglas. Wat beteken dit om ’n leier te wees in ’n land waar korrupsie, beloftes en toeskouers die politiek oorheers? En in ’n wêreld waar Donald Trump "vrede maak” in die Midde-Ooste. Is Trump op hierdie stadium die toonbeeld van leierskap, of net nog ’n hoofstuk in die politieke sirkus van die eeu? Ons KLETS ook oor die krisis in universiteitslewe, waar Fort Hare Universiteit onlangs skade gely het - nie net fisies nie, maar ook simbolies. Dis ’n herinnering dat kennis, integriteit en vrae vra nie net akademies is nie, maar noodsaaklik vir die toekoms van ’n nasie. En te midde van al hierdie geraas bly een ding duidelik: die soeke na waarheid. Dis moeilik, ongemaklik, soms gevaarlik – maar dis nodig. Want sonder waarheid is daar geen toekoms nie. Dis ’n episode oor stres, tegnologie, politiek, opvoeding en die menslike gees se ongelooflike vermoë om steeds op te staan. Oktober is dalk moeilik. Maar dis ook die maand waarin ons onsself herinner: jy kan nie altyd die wêreld beheer nie, maar jy kan kies om teen korrupsie, teen leuens en teen wanhoop op te staan. So haal diep asem. Dis tyd om weer te KLETS – oor die dinge wat saak maak.