Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/54/ec/88/54ec88d4-9cdd-c9f5-b3f1-8b97f7b2bded/mza_865162279252985309.jpeg/600x600bb.jpg
KLETS
Afrikaans.Radio
150 episodes
1 month ago
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Show more...
Society & Culture
News,
News Commentary
RSS
All content for KLETS is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Show more...
Society & Culture
News,
News Commentary
https://static.iono.fm/files/p2978/logo_1565054_20250611_075847_1400.jpg
BEE, bromance en ’n tannie vir burgemeester
KLETS
55 minutes 34 seconds
5 months ago
BEE, bromance en ’n tannie vir burgemeester
Vandag be-klets Colene en Matthys weer alles wat die afgelope week in Suid-Afrika gebeur het – van politieke transaksies tot sporttriomf en ekonomiese verlies. Helen Zille het die politieke pot behoorlik geroer met die nuus dat sy dalk vir die DA se burgemeesterposisie in Johannesburg sal staan. Is dit ’n poging tot redding van ’n sinkende stad, of net nog ’n skuif op die blou skaakbord? Maar as ons kyk na wat Helen in Kaapstad reggekry het, het Johannesburg dalk regtig ’n “tannie” nodig om dinge daar reg te ruk. President Cyril Ramaphosa verdedig steeds Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE) as ’n historiese noodsaaklikhied, ondanks die feit dat nóg ’n internasionale maatskappy hul deure in Suid-Afrika gaan sluit. Beleggers verloor en Suid-Afrikaners vertroue, maar Cupcake hou koers – maar weet ten minste hoe om ’n skoenveter vas te maak. En as jy nie weet waar sy bynaam Cupcake vandaan kom nie, moet jy hierdie episode luister… Intussen brand Paul Mashatile ons belastinggeld in luukse Londense hotelle, terwyl Gayton McKenzie – altyd reg vir ’n stukkie kommentaar – besigheidsklas vlugte verdedig en sê dis “sadisties” om te verwag dat ministers in cattle class moet reis – want hulle werk mos hard vir ons en die land. Tussen al die drama het Suid-Afrika darem iets gehad om op trots te wees. Die afgelope naweek was dit die Comrades Marathon 2025 en Gerda Steyn het haar vierde goue medalje gewen en Tete Dijana sy derde. Ons vier Jeugdag Maandag, en met die jaar se tema van “meaningful economic participation” voel die viering maar hol. Suid-Afrika het loshande die goud verower in The Spectator se peiling oor jeugwerkloosheid met ’n skokkende 62,4% van jong mense sonder werk. En dan is daar Elon Musk en Donald Trump – wat op sosiale media uitmekaar val. Het die bromance verbrokkel, of is dit net ’n ketamine-gevulde aandag-afleidingsmanoeuvre vir iets wat agter die skerms broei? En dan, jou Afrikaanse woord van die week – jy weet jy gaan dit gebruik (of dalk sien) voordat die dag verby is.