All content for John Deere Africa is the property of Jacques Basson and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is.
Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van Paratus Suid Afrika, ‘n onafhanklike verskaffer van laaste-myl, satelliet-gebaseerde konnektiwiteit en toegangsoplossings. As een van die grootste verskaffers in Afrika, beskik Paratus oor 4000 satelliet-terminale regoor die vasteland en bied dit die volle spektrum van end-tot-einde konnektiwiteitsoplossings.
Dit lewer onder andere ook ‘n kritieke diens aan boeregemeenskappe, met die groeiende kommer rondom plaasveiligheid in Suid-Afrika.