
Warren Buffett is die bekendste en seker een van díe mees suksesvolste beleggers van ons tyd.
Sy sêgoed is propvol insig, humor enpraktiese raad. Dit bevat nie hoogdrawende teorie of ingewikkelde formules nie, maar eerder eenvoudige voorbeelde en raad wat jy in jou eie finansiële lewe kan toepas.
Wat kan ons by hom leer? Kom luister hoe die tydlose beginsels uit ses van sy bekende sêgoed jou kan help om ryker te word.
· Wie is Warren Buffett?
· Wees bang wanneer ander gierig is, en wees gierig wanneer ander bang is.
· Dit is nie nodig om buitengewone dinge te doen ombuitengewone resultate te kry nie.
· Wall Straat maak sy geld uit aktiwiteit. Jy maak jou gelddeur onaktief te wees.
· Voorspellings baie sê oor die voorspeller, maar niks oor die toekoms nie.
· Die belangrikste belegging wat jy kan maak, is in jouself.
· In die sakewêreld is die truspieëltjie altyd duideliker asdie voorruit.
Die GELDGEHEIME-PODSENDING word twéé keer per maand – op ʼn Vrydag om 13:00 – op VOELGOED.CO.ZA,Spotify, Apple Podcasts en Youtube vrygestel.
MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #𝗚𝗲𝗹𝗱𝗚𝗲𝗵𝗲𝗶𝗺𝗲 word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële vryheid – https://krugerinternasionaal.co.za
Kontak Mia gerus by mia@krugerinternasionaal.co.za sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.