
Is jou beleggingsportefeulje belastingdoeltreffend? Aftreefondse as belastingvriendelike beleggingstrukturebied jou die geleentheid om minder belasting te betaal én verseker dat jou opbrengs belastingvry kan groei.
Aftreefondse val ook buite jou boedel en is buite bereik van krediteure.
Daar is verskillende aftreefondse wat jy kan gebruik om jou beleggingsportefeulje belastingdoeltreffend te maak en jou belastinglas te verlig.
Aftreefondse hou verskeie voordele en beperkinge in om jou spaargeld te beskerm. · Ons kry hoofsaaklike vier tipes aftreefondse:uittree-annuïteite, pensioenfondse, voorsorgfondse en bewaringfondse.
· Hoe betaal jy minder belasting deur van ʼn aftreefondsegebruik te maak?
· Wat is die voorskrifte en beperkinge op beleggings in ʼnaftreefonds?
Die 𝗚𝗘𝗟𝗗𝗚𝗘𝗛𝗘𝗜𝗠𝗘-𝗣𝗢𝗗𝗦𝗘𝗡𝗗𝗜𝗡𝗚 word twéé keer per maand – op ʼn Vrydag om 13:00 – op VOELGOED.CO.ZA, Spotify, Apple Podcasts en Youtube vrygestel. As jy nie op ’n Vrydag kan luister nie, kan jy dit enige ander tyd doen!
🤩 MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by KrugerInternasionaal en #GeldGeheime word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za
Kontak Mia gerus by mia@krugerinternasionaal.co.za sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.