
Hierdie week sluit Ps. Hendri Hofmeyr ons Hebreërs-reeks af met ’n kragtige herinnering dat Jesus groter is as die wet, groter as vrees, en groter as enigiets wat ons terughou. In Hom is ons vrygemaak, nuutgemaak, en geroep as seuns en dogters van God. Deur die kruis is ons identiteit herstel, ons hoop verseker, en ons kan met vrymoedigheid leef terwyl ons Sy wederkoms verwag.