
Hierdie week verduidelik Ps. Hendri Hofmeyr die rol van die hoëpriester in die Ou Testament en wys hoe Jesus die groter Hoëpriester is wat die weg oopgemaak het vir ons om naby aan God te kom. Die wet kon net gedrag vir ’n tyd lank verander, maar deur die kruis en die Gees word ons genooi na bonatuurlike transformasie. Jesus is genoeg en deur Hom leef ons vry.