
Hierdie week gaan Ps. Celesté Nel voort met ons reeks in Hebreërs en herinner ons dat Jesus groter is as die engele, Moses, Josua en die hoëpriesters. Jesus is die Seun, ons ewige Hoëpriester en die Middelaar van ’n beter verbond. Die ou verbond kon net skaduwees bring, maar Jesus bring die werklikheid: verhouding, identiteit en ewige reiniging.