
Hierdie week herinner Ps. Hendri Hofmeyr ons daaraan dat die wet nooit God se finale plan was nie, maar dat dit altyd na Jesus toe gewys het. Aan die kruis het Jesus die wet vervul, en deur Hom is ons nie meer gebind deur reëls nie, maar vrygemaak om deur die Gees te leef. Die wet verander gedrag, maar die Gees van God bring bonatuurlike transformasie.