
Hierdie week herinner Ps. Hendri Hofmeyr ons in die derde week van ons coMISSIONed-reeks dat ons nie net geroep is om die evangelie te glo nie, maar ook om dit te deel. Baie gelowiges weet van die Groot Opdrag, maar leef dit nie altyd uit nie. Wanneer ons die waarde van die skat wat ons in Jesus Christus het, besef, word dit onmoontlik om stil te bly. God stuur ons om Sy liefde te wys, deur om uit teryk na ander, vrae te vra, te luister en die storie van Jesus te vertel.