
Hierdie week gaan Ps. Hendri Hofmeyr voort met ons reeks coMISSIONed en herinner ons dat ons geroep is om met God se perspektief te leef. Waar ons dikwels net probleme en onderbrekings sien, sien Hy geleenthede en uitnodigings. Wanneer ons oë oopgaan om te sien wat Hy sien, ontdek ons dat Sy plan altyd groter is, en dat Hy ons roep om deel te wees daarvan.