Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
History
TV & Film
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts113/v4/a4/d3/f5/a4d3f583-f451-87db-3ac0-6bb930a19f56/mza_5624192520466310548.jpeg/600x600bb.jpg
Eensgesind Klanklêers
Eensgesind Klanklêers
127 episodes
3 months ago
Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.

Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Show more...
Society & Culture
History
RSS
All content for Eensgesind Klanklêers is the property of Eensgesind Klanklêers and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.

Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Show more...
Society & Culture
History
https://assets.pippa.io/shows/5b06dde1a50ff78447fed342/1538483654926-f93ca5a4590d678e9d7a98f53fd1e54b.jpeg
In gesprek met ‘n ware monumentjagter
Eensgesind Klanklêers
1 hour 40 minutes 4 seconds
5 years ago
In gesprek met ‘n ware monumentjagter

'n Rede uit die verlede-episode

Die afgelope drie jaar het verskillende Suid-Afrikaanse monumente die teiken geword van aktiviste wat hulle ontevredenheid wou aandui. As gevolg van hulle persoonlike frustrasies (polities, ekonomies, sosiaal of 'n kombinasie van die verskillende bronne) is monumente verwoes, verniel of verwyder.

Dit laat 'n mens dink aan die woorde van die Romeinse offisier, Marcellis, aan sy Griekse slaaf, Demetrius uit die 1942-boek, The Robe, van LC Douglas:

“I say, damn all men who make war on monuments!

The present may belong to the Roman Empire by force of conquest; but, by all gods, the past does not! A nation is surely of contemptible and cowardly mind that goes to battle against another nation’s history! It did not take much courage to come up here and hack the ear off old Pericles!...

There is not much dignity left in a nation that has no respect for the words and works of geniuses who gave the world whatever wisdom and beauty it owns!”

Suid-Afrika het honderde monumente en 'n groot verskeidenheid historiesie terreine, museums en slagvelde. Dit beteken dat die nuuskierigheid wat die algemene Suid-Afrikaanse burger dalk het, ten volle bevredig kan word met elke naweekeksursie of vakansie "road trip".

Die benadering tot ons monumentale erfenis kan kompleks wees wanneer dit verstrengel word met afgunstige politieke ideologieë, maar dit kan ook leersaam en genotvol vir oud en jonk wees. Dit is selfs behulpsaam met die lewenslange soektog na 'n mens se eie identiteit en kulturele verbintenis met ander mense.

Ek het met 'n ware kenner oor Suid-Afrikaanse monumentale erfenis gaan gesels oor die hedendaagse vraagstukke oor ons land se erfenis. Dr Jackie Grobler, afgetrede dosent van die Universiteit van Pretoria, is Suid-Afrika se ware "monumentjagter". Sy jongstewerk is Oor berge en dale: Op reis met 'n monumentjagter.

Luister saam na ons gesprek soos wat ons saam sinvolle gevolgtrekkings probeer maak oor ons toekomstige benaderings tot die gebruik van ons land se groot aantal monumente, historiese terreine en museums; asook die ondersteuning van die instanies wat na ons erfenis omsien. Ons vertrou dat dit jou weetgierigheid sal prikkel en jou sal oortuig om stelselmatig in die voetspore van ons eie monumentjagter te loop.