Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/29/7c/28/297c28b8-4cfc-89e5-2b45-aa00562a210c/mza_4262697492846584412.jpg/600x600bb.jpg
Die Tweede Trump
Suzaan Steyn
6 episodes
4 days ago
Die Tweede Trump is 'n potgooi wat dieper delf in hoe Donald Trump se tweede termyn die wêreld kan verander. Aangebied deur Suzaan Steyn.
Show more...
News Commentary
News
RSS
All content for Die Tweede Trump is the property of Suzaan Steyn and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die Tweede Trump is 'n potgooi wat dieper delf in hoe Donald Trump se tweede termyn die wêreld kan verander. Aangebied deur Suzaan Steyn.
Show more...
News Commentary
News
Episodes (6/6)
Die Tweede Trump
Epi 6: Trump, Harvard en die eerste 100 dae

In hierdie episode van Die Tweede Trump delf ons in Donald Trump se eerste 100 dae as president van die VSA – van omstrede uitvoerende bevele tot kabinetsdramas. Ons ondersoek ook die opspraakwekkende hofsaak tussen Harvard Universiteit en die Trump-administrasie oor toelatingsbeleid en burgerregte. Wat sê hierdie botsing oor die toekoms van Amerikaanse demokrasie en akademiese vryheid? Luister nou vir skerp analise en konteks wat jy nie op die nuus gaan kry nie.

Show more...
6 months ago
19 minutes 5 seconds

Die Tweede Trump
Epi 5: Elon Musk ♥️ Trump
Hulle eerste gesamentlike onderhoud op Fox News, en Donald Trump en Elon Musk kan mekaar nie genoeg bewonder nie. Hulle bevestig hulle verbintenis tot samewerking, beloof om korrupsie in die regering uit te roei en Amerikaanse belastingbetalers miljoene dollars te spaar: Suzaan en Appel is skepties. Met Trump se rekord, wat is die kans dat dié nuwe liefde twee groot ego’s gaan oorleef? En belangriker, wat gaan Musk se werklike invloed op die Amerikaanse regering wees? Hoor ons hier geluide van staatskaping? Luister na episode 5 van die Tweede Trump en laat weet wat jy dink.
Show more...
8 months ago
19 minutes 25 seconds

Die Tweede Trump
Epi 4: Trump en die Afrikaner
In Die Tweede Trump duik Suzaan Steyn diep in die vraag wat al hoe meer Afrikaners fluister: Kan ons asiel in Amerika kry? En as jy kan—hoe presies werk dit? Met die 2024-verkiesing agter die rug, en Donald Trump wat sy tweede termyn beplan, ondersoek ons hoe sy immigrasiebeleid dalk 'n reddingsboei (of 'n dooie end) vir Suid-Afrikaanse aansoekers kan wees. Hoe baie van die skuld vir hierdie situasie moet voor AfriForum se deur gelê word? Het hul retoriek dinge vir Afrikaners makliker of moeiliker gemaak? En wat beteken Trump se voortdurende botsing met Cyril Ramaphosa vir Suid-Afrika se toekoms? Die Tweede Trump is jou gids tot 'n vraag wat al hoe minder teoreties raak: Bly of gly?
Show more...
9 months ago
23 minutes

Die Tweede Trump
Epi 3: Trump en die H-1B debat
Die Tweede Trump is 'n podcast aangebied deur Suzaan Steyn. In hierdie episode kyk ons na Trump se immigrasiebeleid, die konflik rondom Musk se publieke uitlatings oor die H-1B visums en sy standpunte oor immigrasie. Luister hoe Suzaan die politieke en ekonomiese ramifikasies van Musk se aksies ontrafel, terwyl sy die groter prentjie van Amerikaanse arbeid en mobiliteit deurdink.
Show more...
9 months ago
15 minutes 57 seconds

Die Tweede Trump
Epi 2: Trump se tweede inhuldiging
Ontdek die stories agter Trump se tweede inhuldiging: die simboliek, buitengewone toespraak en wat dit te sê het oor die volgende vier jaar van Amerikaanse politiek. Of jy nou 'n politieke entoesias of 'n nuuskierige luisteraar is, hierdie podcast sal jou nuwe insig bied oor Donald Trump se buitengewone styl. Aangebied deur Suzaan Steyn.
Show more...
9 months ago
21 minutes 44 seconds

Die Tweede Trump
Epi 1: Trump en Rupert sal weer gholf speel
'Die Tweede Trump' is 'n potgooi wat dieper delf in wat Donald Trump se tweede termyn as president kan beteken. Donald Trump se eerste termyn was bekend vir sy onkonvensionele styl en politiese ontwrigting. Een groot kenmerk was sy fokus op transaksionaliteit. Malcolm Turnbull, die voormalige eerste minister van Australië, het dit so opgesom: Trump is “uiters transaksioneel.” In die eerste aflewering van 'Die Tweede Trump' vra ons: Hoe sal Trump se transaksionele aard sy tweede termyn vorm?
Show more...
9 months ago
21 minutes 5 seconds

Die Tweede Trump
Die Tweede Trump is 'n potgooi wat dieper delf in hoe Donald Trump se tweede termyn die wêreld kan verander. Aangebied deur Suzaan Steyn.