All content for AGTERBLAD is the property of Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.
Episode 16 - Proteas verrassing en Engeland se drome veras in reeks om die As !
AGTERBLAD
1 hour 6 minutes
3 years ago
Episode 16 - Proteas verrassing en Engeland se drome veras in reeks om die As !
Die Proteas se toetsreeks oorwinning oor die intimiderende Indiese-span bring die Agterblad-groep in 'n gesellige bui byeen.
Die manne kom ooreen oor wat die bepalende faktor in die Proteas se wenresep was, sowel as die impak van Dean Elgar se kapteinskap.
Die twee nuwe name in die span wat die reeks gedomineer het word gevier, sowel as om prys te gee aan die ervare spelers wat met klein bydraes 'n bepalende verskil gemaak het.
Daar word dan verder ondersoek wie die manne is wat moet huiwerig wees vir hul plek verloor, en wie die nuwe name is in die plaaslike reeks wat wag om hul kanse te gryp.
Tyd word ook gegun om te analiseer (en te lag) oor die Engelse-span se power vertoning in Australië en watter impak die twee reekse het op die uitkoms van die wêreldtoetskampioenskap.
'n Episode propvol analise van die blad af oor 'n opwindende somer van krieket!
Die episode word trots aangebied in vennootskap met @oldschool_sa ! Gebruik gerus ons afslagkode 'Agterblad' vir R100 af op ou volgende aankope op hul webtuiste, waar die jy die beste retro-Rugbytruie en somersdrag kan vind!
AGTERBLAD
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.