All content for AGTERBLAD is the property of Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.
2021 was 'n groot jaar vir almal hier by Agterblad. Ons het gegaan van 'n groepie vriende wat veels te veel praat oor sport, tot 'n groepie vriende wat veels te veel praat oor sport - maar die keer neem ons dit op.
Dit was 'n groot jaar vir sport ook, en hoewel Sports Illustrated se Laureus-toekennings dalk 'n algemene idee kan skep oor wie die beste sportspresteerders was, dink ons dat ons beter kan doen. Dus kondig ons vandag die (debateerbare) nommer een sport-toekenning vandag aan: Die Bladjie.
Kyk gerus terug na 'n jaar se opwindende sportsgebeurtenisse soos genomineer deur 'n passievolle Agterblad-paneel, waar die top presteerders soos ons Span, Wedstryd en Sportster van 2021 gekroon sal word. Verder, is daar ook bietjie vertroosting vir dié wat gesukkel het in 2021, met ons 'Fraud' van die jaar aanwysing.
Kom vind ook uit hoekom 'n wasmasjien dalk net die beste maatstaf vir enige sport-prestasie mag wees.
Dankie vir almal se ondersteuning. Ons sien uit vir 2022!
Die toekennings en episode is trots aangebied deur Old School SA! Gebruik die afslagkode 'Agterblad' vir R100 af op jou volgende aankope op hul webtuiste, waar jy die beste retro-Rugbytruie en somersdrag kan vind!
AGTERBLAD
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.